Loving Life TV

Die Wegraping Deel 2 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Die Wegraping Deel 2 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2411
    pieterdeklerk
    Moderator

    Ek het die vorige keer gepraat dat daar 2 groepe is wat verskillende sienings het oor die Wegraping. Ek het toe groep 1 se sienings bespreek en gaan nou begin met groep 2 te bespreek.

    Ek plaas net weer die 2 groepe:

    1) Die wat ‘n probleem het met die wegraping
    Hieronder val die volgende opinies:

    a) Geen wegraping,
    b) Die wegraping is slegs vir die ongereddes,
    c) Die wegraping is slegs vir die Jode
    d) en dan die wat glo dat die wegraping slegs n tipe is. Vir hulle is dit dat wanneer iemand sterf, word so ‘n persoon “weggeraap”. Hulle glo dus dat dit slegs van toepassing is vir enkelinge by die dood.

    2) Die tweede groep is die wat wel glo dat daar ‘n Wegraping is, maar verskil oor die tyd daarvan.
    a) Die wat glo dis net voor die Groot Verdrukking (Pre Trib).
    b) Die wat glo dit is Mid Tribulasie maw na 3.5 jaar (Mid Trib).
    c) Die wat glo die Tribulasie is na die koms van Jesus. Maw Christene gaan dus ook deur die Groot Verdrukking.

    Voor ek begin praat oor groep 2, kom ons nou by daaaai vraag: Wat is die metodiek aangaande die simboliek mbt die ou Joodse huwelik tov die wegraping.

    Joodse Huwelik

    Soms vergeet ons dat die Bybelboeke in die Midde Ooste geskryf is en probeer ons die Woord met ons Westerse denke uitlĂȘ. Net soos die aardse Tempel ‘n afbeelding was van die Tempel in die hemel, is die ou Joodse huwelik ‘n tipe van die Wegraping.

    In vroeĂ« tye het mense nie getrou uit liefde nie. Die vader van die bruidegom is die een wat die besluit geneem het oor die huweliksmaat vir sy seun. Hy stuur dan ‘n persoon uit om na ‘n geskikte toekomstige vrou vir sy seun te gaan soek. Daar is wel deur die vader vereistes gestel waaraan die bruid moet voldoen en hier het God die Vader die Heilige Gees gestuur om ‘n bruid vir Sy Seun te soek.

    Meestal het die bruid en bruidegom mekaar nie geken nie en nog nooit ontmoet nie. Meestal was hulle nog klein kinders en daarom baie jare gewag.

    Die besluit was dan die vader s’n wanneer sy seun gereed is om te trou, dit terwyl die seun self het geen kennis gehad het wanneer en met wie hy gaan trou nie .

    En die ooreenkoms met Jesus die Bruidegom?

    Markus 13:32 Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.

    Intussen het die seun dan begin om ‘n woonplek gereed te kry vir sy toekomstige bruid.

    Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesĂȘ het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
    3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

    Net interresant, waar is Jesus op daardie stadium? In die hemel en nie op aarde nie.

    Nadat die een wat uitgestuur is om die bruid uit te kies, laat hy die bruid se pa weet en word die prys vir die bruid betaal. En so het Jesus die prys op die kruis betaal. Hy het ons losgekoop en met Sy bloed betaal.

    1 Petrus 1:17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;
    18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,
    19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

    Wanneer die bruid en bruidegom volwassenheid bereik, begin die bruid dan haar troukleed maak. Ons is die bruid van Jesus en ons moet begin om aan ons “bruidskleed” te werk. Dit is wat met heiligmaking bedoel word. Terwyl die bruidegom dus die woonplek vir sy toekomstige bruid voorberei, begin die bruid aan haar troukleed te werk.

    Terwyl die bruidegom nie weet wanneer die vader vir hom die opdrag gaan gee om sy bruid te gaan haal nie, net so weet die bruid ook nie wanneer die bruidegom gaan kom nie. Sy wag dan vir hom.

    Op ‘n stadium sal die vader die opdrag gee, “seun gaan haal jou bruid”. Terwyl die bruid weet dat die tyd nader kom vir haar huwelik, wag die bruid saam met haar diensmaagde. Haar bruidskleed hang, gereed om dadelik aangetrek te word. Sy is gereed vir haar bruidegom.

    Die bruidegom kom dan saam met sy strooijonkers na die huis van sy bruid en wanneer hulle nog so ‘n ent weg is, begin die strooijonker op die basuim blaas om die bruid te laat weet haar bruidegom kom. Op ‘n sekere punt stop hulle en blaas die laaste keer die basuin. Dit is om die bruid te laat weet sy moet nou uitkom.

    Hieroor sĂȘ Paulus die volgende: 1 Thes 4:16 die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

    Ek het alreeds genoem dat Jesus self tot in die lug kom en daardie basuin wat dan blaas verskillend is as die laaste van die sewe basuine van Openbaring.

    Die bruid trek dan dadelik haar bruidskleed aan, verlaat haar woning en gaan haar bruidegom tegemoet. Die bruidegom gaan nie in of na haar huis nie, sy gaan hom buite tegemoet waar hy vir haar wag. En net so gaan die bruid van Christus Hom tegemoet in die lug vanwaar hulle vertrek na die Hemel. Wanneer Jesus en Sy bruid in die hemel aankom, vind die proses van reiniging plaas.

    Hier word nou gepraat van die Regterstoel Oordeel wat ek later onder die skrywe van oordele sal bespreek.

    Paulus gee dit vir die gemeente van Korinte: I Korinthiërs 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
    14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
    15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

    Hier is twee punte wat ek wil uitlig
    1) Hierdie is een teksvers wat die RKK gebruik om die “Vage Vuur” teologie te verkondig. So word die Woord verdraai om teologie te versterk. Dit terwyl dit duidelik is dat ons hier voor die Regterstoel is. Daar is geen veroordeling nie, maar slegs
    2) om te kyk of ek en jy LOON sal ontvang. Wat is hierdie loon? Die Woord gee ons 5 krone wat verwerf kan word.

    Kom ons gaan aan.

    Bruilof van die Lam

    Openbaring 19:6-8: En ek het iets gehoor soos die stem van ’n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sĂȘ: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

    Daar is drie hoofpunte in hierdie verse.
    a) In die eerste plek het die bruilof van die Lam 
 gekom.
    b) Tweedens het die vrou 
 haar gereed gemaak. Sy is nou verheerlik. Daar is “geen vlek of rimpel, gebrek of enigiets dergeliks” nie.
    c) In die derde plek is sy bekleed met rein en blink fyn linne. Johannes vertolk die fyn linne as die regverdige dade van die heiliges. Dit wys dat die heiligmakingsproses ná die Regterstoel van die Messias voltrek is, en dat die Bruid inderdaad as ’n reine maagd by die bruilofseremonie saam met Jesus is.

    Hierdie skrifgedeelte bevat ook die vierde stap in die Joodse bruilofstelsel, die seremonie. Die seremonie vind in die Hemel plaas, en dit word dan gevolg deur die Messias se Wederkoms. Johannes bespreek die Wederkoms in vers 11-16. Die bruilofseremonie in die Hemel sal plaasvind voor Jesus se terugkeer aarde toe vir die Slag van Armagedon.

    Soos die Joodse gebruik is, sal net ’n paar mense genooi word, naamlik diĂ© wat reeds in die Hemel is en nie deel is van die bruid nie. Dit sal moontlik die Ou Testamentiese gelowiges wees.

    Dit sluit die vraag af soos bo gevra.

    Hierdie Joodse bruilof en Bruilof van die Lam wys weereens hoe wonderbaar God se Woord is. Niks in die Bybel is sonder bedoeling nie en ons kan nie stukkies neem wat ons pas en ander ignoreer nie.

    In deel 3 gaan ek Groep 2 behandel asook die gevolge van die Genade Despensasie mbt die Wegraping. Daar bestaan soveel verwardheid hieroor en tog is al die antwoorde in die Woord.

    Na die Wegraping gaan die Joodse Despensasie weer aan. Hierdie depensasie gaan dan aan vir 7 jaar en is dit die laaste jaar week van Daniel. Hierdie is die tyd van die Groot Verdrukking.

    Tot volgende week dan.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.