Loving Life TV

Die Wegraping Deel 3 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Die Wegraping Deel 3 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2412
    pieterdeklerk
    Moderator

    In Deel 1 het ons gekyk na Groep 1 en in Deel 2 na die Joodse Huwelik.

    In deel 3 gaan ons nou kyk na groep 2.

    Net om te herhinner, net weer groep 1 en groep 2.

    1) Die wat ‘n probleem het met die wegraping
    Hieronder val die volgende opinies:
    a) Geen wegraping,
    b) Die wegraping is slegs vir die ongereddes,
    c) Die wegraping is slegs vir die Jode
    d) en dan die wat glo dat die wegraping slegs n tipe is. Vir hulle is dit dat wanneer iemand sterf, word so ‘n persoon “weggeraap”. Hulle glo dus dat dit slegs van toepassing is vir enkelinge by die dood.

    2) Die tweede groep is die wat wel glo dat daar ‘n Wegraping is, maar verskil oor die tyd daarvan.
    a) Die wat glo dis net voor die Groot Verdrukking (Pre Trib).
    b) Die wat glo dit is Mid Tribulasie maw na 3.5 jaar. Christene gaan dus vir 3.5 jaar onderworpe wees aan die Anti-chris.
    c) Die wat glo die Tribulasie is na die koms van Jesus. Maw Christene gaan dus ook deur die Groot Verdrukking.

    Ek wil net op hierdie stadium graag die volgende uitwys:

    Soos ek in die Verbonde hoofstukke verduidelik het, kan die Genade Despensasie en die Despensasie van die Wet nooit saam bestaan nie, al probeer so baie denominasies om die twee te versoen. Ons is nie en sal nooit weer onder die Wet wees nie, maar sal by Jesus wees.

    Dan weer is daar diegene wat verkondig dat die Genade Despensasie nooit eindig nie. Die teks wat daarvoor gebruik word is dat die “Middelmuur van skeiding afgebreek is”. Ek het dit ook onder die Verbonde behandel.

    So kom ons begin kyk na Groep 2:

    Terwyl die Groot Verdrukking op aarde sal plaasvind, vind hierdie openbaring van werke in die hemel plaas.

    Wil net duidelik stel dat dit niks met sonde of veroordeling te doen het nie, maar met werke. Weereens bestaan daar groot verwarring oor werke.

    Laat ek dit opklaar. Werke het niks met redding te doen nie. Werke tree egter in werking nadat wedergeboorte alreeds plaasgevind het. Wat wel waar is, is dat God deur ons werk. Ons is die saaiers en die Heilige Gees die een wat benat. Saai ons nie, kan die Heilige Gees nie benat nie. God is so ernstig hieroor dat Hy ons selfs onverdientelik sal beloon as ons net mense vir wie Jesus gesterf het, bereik en onsself diensbaar stel.

    Openb 3:10. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie

    Dit laat my dink aan die volgende woorde wat ons sing:.

    MOET EK GAAN MET LEĂ« HANDE,
    MOET EK SO MY HEER ONTMOET ?
    NIE EEN DAG AAN HOM GEWY NIE,
    NIKS TE OFFER AAN SY VOET ?

    MOET EK GAAN MET LEĂ« HANDE,
    MOET EK SO MY HEER ONTMOET ?
    NIE EEN SIEL GELEI NA JESUS,
    NIKS TE OFFER AAN SY VOET ?

    Die bruilof vind dan plaas in die Vader se woning. ‘n Feesmaal word dan gevier.

    Ek behandel hierdie volgende met die Regterstoel Oordeel.

    Na die Bruilof van die Lam

    Na die sewe jaar van die Groot Verdrukking staan Israel voor uitwissing en dan kom Jesus met sy heiliges en voer oorlog teen die draak. Op daardie stadium kom Jesus nie meer halfpad en ons ontmoet hom nie in die lug nie, maar dan plaas Hy sy voete op die Olyfberg. Dit is die tweede deel van Sy wederkoms.

    Wie is die Heiliges waarvan gepraat word? MatthĂ©ĂŒs 25:31 EN wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;

    Groep 2.

    Wanneer kom die Genade Despensasie tot ‘n einde? Met die weggaan van die Heilige Gees. So die wat sĂȘ dat ons deur die Groot Verdrukking gaan, sĂȘ eintlik dat ons dus, volgens hierdie siening, nie deel van die bruid is nie. Weereens, die bruid kom uit die Genade Despensasie. Hierdie groep se siening is, dat net voor Armagedon, stuur Jesus gou al Sy engele om die regverdiges te gaan uithaal. Dit word nou deurmekaar, want dan verklaar dit nie al die tekste van die reiniging, bruilof en die Wegraping nie.

    Die verdere vraag is, wie is dan die siele onder die altaar wat God aanroep op wraak?

    Openbaring 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
    10 En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesĂȘ: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
    11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesĂȘ dat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

    Hierdie siele is nie wedergebore kinders van God wat in die lewe oorgebly het en die Groot Verdrukking ingaan nie. Dit is die wat wel tot bekering kom in die Groot Verdrukking en dan met hul lewens sal boet.

    Verkeerdelik en totaal uit konteks word hierdie teks gebruik as bewys dat
    1) daar geen wegraping is of
    2) dat ons deur die Groot Verdrukking gaan.

    Dit is hoekom die Joodse Bruilof so sentrale deel van alles is. Dit plaas alles in konteks.

    Die Joodse despensasie kan nie voortgaan terwyl die Heilige Gees nog op aarde is nie. Huidiglik is ons in die Genade Despensasie en kan ons nooit in die Joodse Despensasie voortgaan nie. Die woord ontvlug (Grieks ekfeugo) beteken om buite die verdrukking te wees, en volgens die uitspraak in Lukas

    Lukas 21:36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.

    Heilige Gees word onttrek

    2 Thessalonicense 2:6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.
    7 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
    9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

    OPENBARING 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wĂȘreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

    1 Thessalonicense 1:10 en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.

    In hierdie verse is dit duidelik dat ons verlos word van die toorn.

    Johannes 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
    17 die Gees van die waarheid wat die wĂȘreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
    18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe

    Ons kan nie as weses agtergelaat word wanneer die Heige Gees ontrek word van die aarde nie. Dit is ook duidelik dat die Anti-Chris nie geopenbaar kan word solank die Heilige Gees nog hier is nie.

    Sou die siening van Mid of Na Trib geld, dan beteken dit dus dan dat die laaste sewe jaar van Daniel se sewentig jaarweke nie kan gebeur nie. So geen Groot Verdrukking, geen Armagedon en geen 1000 jaar Vrederyk nie. Dus dan geen Nuwe Jerusalem nie, en dit terwyl die Bybel dit stap vir stap vir ons uitlĂȘ. Die vraag is dus, hoe vereenselwig hierdie wat die standpunt huldig dat ons deur die verdrukking gaan met hierdie tekse?

    Ek wil graag ook die inligting uit Openbaring met julle deel en sal dit doen in Deel 4 waarna ek hierdie onderwerp afsluit.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.