Loving Life TV

Die Wit Troon Oordeel – Deel 2 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Die Wit Troon Oordeel – Deel 2 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #400368
    pieterdeklerk
    Moderator

    In Deel 1 het ek die eerste 4 vrae beantwoord en gaan nou voort.

    5. Wat is die MAATSTAF van die OORDEEL

    Openbaring 20:12 en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

    God het die tye van onkunde oorgesien.

    Handelinge 17:30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
    31 omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.

    Titus 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
    12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

    Hebreërs 2:3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, Engele wat hul eie beginsels verlaat het word nie gespaar nie.

    2 Petrus 2:4 Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel (Tartarus) gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
    5 en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het;
    6 en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
    7 en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense;

    2 Petrus 2:9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;

    Ek het heelwat skrif aangehaal, want weereens is daar mense en selfs predikers wat vandag verkondig dat God is ‘n God van liefde en sal nooit Sy skepping in die Hel laat beland nie. Hierom word dan vele vlyende boodskappe gebring en die Hel word ook dan ‘n allegoriese (denkbeeldige) plek genoem.

    6. Wat is die getueies wat voorgelê word?

    Openbaring 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

    7. Wat is die straf?

    Openbaring 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
    14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
    15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

    Wanneer die werke verbrand is, goed of sleg, dan word die laaste boek oopgemaak naamlik die Boek van die Lewe. En so kom ons terug by redding en wedergeboorte. Geen goeie werke of dade tel enigsins op die einde nie, slegs of my en jou naam in die Boek van die Lewe is. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

    Daar is wel 3 wat nie voor die Wit Troon Oordeel sal verskyn en geen verhoor sal kry nie. Dit is die drie goddeloses wat teen God in opstand gekom het en so baie mense verlei en in die ewige verdoemenis laat beland het.

    Die eerste twee is alreeds in die Poel van Vuur sonder verhoor en word 1000 jaar later gevolg deur Satan. Dit is die eerstes wat dus in die Poel van Vuur sal wees. Dan volg die Wit Troon Oordeel van al die ander goddeloses. In hierdie tyd word die engele wat nou in Tartarus is ook verhoor asook al die engele wat Satan gevolg het en ook die twee groepe Demone.

    Terwyl hulle voor die Regter staan, sal hulle die volgende sien: Openbaring 1:14 en sy oë soos ‘n vuurvlam,

    Hebreërs 2:3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het, Nie eers die engele kan ontvlug nie.

    Lukas 13:27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!

    Matthéüs 25:41 gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewigevuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

    Die Hel (Poel van Vuur) was nooit berei vir die mens nie, maar met die sondeval in die Paradys het die mens homself van God vervreem en het sonde die wêreld ingekom. Die mens het dus deel van die oordeel geword, maar so lief het God ons dat Hy die Moederbelofte gegee het. Sou mense wel voortgaan om saam met Satan en die gevalle engele te staan, dan word sulkes saam met Satan veroordeel.

    In daardie dag van oordeel sal almal by Hom pleit vir genade: die burgemeester, die president, die hoëlui, die predikant, die Pastoor, die Evangeliste, die geleerdes, die bedelaar, die gewone man op straat. Ja almal wat Hom en Sy Woord verwerp het en dit aangepas het om mense se ore te streel met valsheid en leuens.

    Maar Jesus sal sê: gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

    Wie sal almal voor die Groot Wittroon verskyn?

    Die Godloënaar; Godhater; Godveragter; die dwaas wat sê daar is geen God nie; die Ateïs; die lasteraar; die spotter; die rower wat langs Hom aan die linkerkant gehang het; die ryke; die arme; die bedelaar; die hooggeplaastes; die konings; klein en groot; hoereerders; egbrekers; dronkaards; dobbelaars; sodomiete; moordenaars; rowers; diewe; verkragters; beeldaanbidders; elke sondaar. Die engele wat hulle beginsels nie bewaar het nie.

    Dan hierdie harde woorde

    Spreuke 1:24 Omdat Ek geroep en julle geweier het, Ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,
    25 en julle al My raad (die Bybel) nie opgevolg en van My teregwysing nie wou geweet het nie,
    26 daarom sal Ek ook lag by julle ondergang, Ek sal spot as julle verskrikking kom;

    2 Korinthiërs 5:20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

    Die skrif teen die muur. (Koning Bélsasar)

    Daniël 5:5 Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien (God se Hand) wat geskrywe het.
    6 Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan.

    Daniël 5:17 Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan ‘n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak.

    Daniël 5:24 Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe.
    25 En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín. (In Aramees deur God geskrywe.) Geweeg en te lig gevind.

    Net soos in die geval van Bélsasar, sal die gelaatskleur van die mense wat voor die Groot Wit Troon van God verskyn, verander. Hulle gedagtes sal hul verskrik, want op daardie groot dag van die oordeel van God sal niemand vergeet wat hy of sy gedoen het nie! Die gewrigte van hulle heupe sal losraak op daardie vreeslike dag. Dit sal ‘n verskriklike dag vir almal wees wat die skepsel bo die Skepper vereer en gedien het! Op daardie dag sal die knieë van die sterkste manne teen mekaar slaan! Ja, daardie knieë wat nie voor God wou buig in die welaangename tyd nie.

    Die mens kan doen wat hy wil en lewe soos hy verkies, maar God het die “laaste” woord in die “laaste” oordeel!

    Die uitspraak van die Regter, Jesus Christus.

    Lukas 13:27 En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!

    Matthéüs 7: 21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
    22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
    23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

    Openbaring 11:18 En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

    Openbaring volg die prinsiep van Herkapitulasie. Dit beteken slegs dat daar meer detail geopenbaar word as wat voorheen gegee is. Dit kleur meer stukkies in.

    Openbaring 20:11 EN ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
    12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
    13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
    14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
    15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

    Ek wil hierdie skrywe afsluit met die volgende: wees baie versigtig om net te glo wat mense vir jou wil wysmaak. Ondersoek alles want dit is my en jou saligheid wat op die spel is. Timótheüs waarsku ons daarteen.

    2 Timótheüs 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
    3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
    4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

    Is dit nie die tyd waarin ons lewe nie?

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.