Loving Life TV

Drie vas vir beweerde huisroof en moord

Home Forums ⚖️ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖️ Drie vas vir beweerde huisroof en moord

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #404262
    Nat Quinn
    Keymaster
    Vier slagoffers is Sondag 30 April 2023 deur drie beweerde verdagtes in hul huis op Gelukplaas, Kroonstad oorval en beroof. Later die aand het die trio glo ook ‘n paartjie langs die pad oorval en beroof. ‘n Polisiespeurder wat van diens was, het dae later toevallig inhegtenisnemings in die sake geïnisieer.
    Volgens kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, is die trio deur lede van Kroonstad-, Brandfort-polisie en Bloemfontein se blitspatrollie in hegtenis geneem nadat hulle positief met die huisroof en moord op Gelukplaas verbind is.
    Na bewering het die verdagtes omstreeks 18:44 op die aand van 30 April die huis op Gelukplaas binnegedring. Hulle het twee paartjies binne die huis gevind, hulle na bewering met ‘n vuurwapen gedreig en van selfone, armhorlosies en ‘n onbekende bedrag geld, beroof. Die slagoffers is glo in die huis toegesluit, waarna die verdagtes te voet gevlug het.
    Onderweg van die toneel het die verdagtes ‘n paartjie wat van Kroonstad na Gelukplaas gestap het teëgekom. Hulle het na bewering geld van die twee geëis. ‘n Skoot is glo na die man (41) gevuur, waarna die slagoffer deursoek is en sy selfoon gevat is. Die vrou het weggehardloop. Die verdagtes het te voet na die hoofpad gevlug waar hulle toe glo in ‘n voertuig geklim het wat vir hulle gewag het.
    Intelligensie-gedrewe inligting van die Kroonstad-polisie, nabygeleë plase en privaat sekuriteitsmaatskappye het gelei tot die identifisering van die registrasienommer van die voertuig wat in die uitvoering van beide misdade gebruik is.
    Speur-AO Motlalentoa Mofokeng van Kroonstad het die dossier vir ondersoek ontvang. Hy was Vrydag 5 Mei 2023 van diens en het gery na ‘n familiebegrafnis op Reddersburg toe hy toevallig die verdagte voertuig opmerk.
    Die speurder het dadelik rugsteun aangevra waarna Sera Letuka (22), die bestuurder van die voertuig, in hegtenis geneem is.
    Verdere ondesoek het op Sondag 7 Mei 2023 gelei tot die inhegtenisneming van nog twee beweerde verdagtes, naamlik Sandie Kheliwe (36) en Lesole Poulo (37) waar hulle in Welkom woon. Hulle is in besit van vier selfone, waarvan een aan die oorledene (41) behoort het, gevind.
    Letuka het Maandag 8 Mei in die Kroonstad-landdroshof verskyn en Kheliwe en Poulo het Dinsdag 9 Mei 2023. Al drie die verdagtes word deur klagtes van huisroof en moord in die gesig gestaar.
    Hulle bly in aanhouding totdat hul saak weer op 15 Mei 2023 in die hof voorkom.

     

     

    source:Drie vas vir beweerde huisroof en moord (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.