Loving Life TV

Eségiël 38-39 Oorlog Deel 1 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Eségiël 38-39 Oorlog Deel 1 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2405
    pieterdeklerk
    Moderator

    Voor ek begin met hierdie plasing, net die volgende.

    Hierdie berig het ek klompie jare gelede al geskryf.

    Vandat Rusland vir Oekraïne ingeval het hoor ek gereeld die volgende 2 vrae/stellings naamlik: 1) is hierdie die Gog en Magog oorlog soos in Eségiël 38-39 en 2) hierdie is die 3de wêreld oorlog.

    Sover punt 1; nee dit is nie. Soos ek in hierdie skrywe gaan uitlê, is die Eségiël 38-39 ’n toekomstige oorlog waar die aanval deur Rusland, Iran en Turkye teen Israel is. Hierdie huidige oorlog is teen Oekraïne.

    Punt 2: Sover dit; so ‘n oorlog moet baie lande direk by gewapende oorlog betrek en nie net met wapen skenkings en veroordeling gepaardgaan nie.

    Sou dit wel eskaleer, sal Rusland nie vernietig word nie, aangesien hulle later ‘n geweldige rol speel.

    Interessant wel, is die sanksies wat baie erge gevolge vir Rusland inhou en groot armoede tot gevolg kan inhou. Dit mag dus ‘n groot beweegpunt wees vir Rusland om Israel aan te val.

    Na die Psalms 83 oorlog sal Israel die meeste olie en gas velde in die wêreld beheer en besit dus geweldige rykdomme. Verder sal Israel al die buit van die die nasies wat hulle verslaan het, besit.

    Kom ons kyk noun a hierdie oorlog

    Eségiël 38-39 Oorlog Deel 1

    In die vorige plasings het ons gekyk na die Psalms 83 oorlog waar die Israeli Weermag die binnekring rondom Israel oorwin en verwoes het en so besit neem van die meeste van die grondgebied soos vasgestel deur God se verbond met Abraham.

    In hierdie hoofstuk gaan ek die volgende profesie op God se tydlyn bespreek.

    Hierdie oorlog staan ook bekend as die Gog en Magog Oorlog.

    Die tydperk wat verloop tussen hierdie twee oorloë weet niemand, behalwe dat daar eers ‘n paar jaar sal verloop. Ek sal dit in die loop van hierdie bespreking uitlig.

    Net om geheue te verfris kyk ons weer na die lande wat betrokke gaan wees in die Psalms 83 Oorlog

    1 Tente van Edom = Afstammelinge van Esau, Palestynse vlugtelinge en Suid-Jordanie
    2 Ismaeliete = Saudi-Arabia
    3 Moab = Palestynse vlugtelinge en Sentraal –Jordanie (Nastate van Lot)
    4 Hagriete = Egipte
    5 Gebal = Noord-Lebanon
    6 Ammon = Palestynse vlugtelinge en Noord-Jordanie
    7 Amalekke = Arabiere suid van Israel
    8 Philiste = Palestynse vlugtelinge en Hamas in die Gaza Strook
    9 Bewoners van Tire = Hezbollah en Suid-Lebanon
    10 Syrie = Syrieërs
    11 Kinders van Lot = Moab en Ammon

    Kyk nou na die lande wat betrokke gaan wees in die Gog en Magog Koalisie

    1 Magog, Ros – Rusland met vorige republieke
    2 Persië = Iran
    3 Kus = Sudan, Ethiopië
    4 Put = Libië
    5 Gomar, Meshech en Tubal = Turkey en Duitsland
    6 Beth-togarma = Turkey en Armenië.

    Dis totaal verskillende lande

    Sleutel gebeure wat die tafel dek vir die Groot Verdrukking. Ek gaan eers prentjie skets dan bewyse uit Bybel.

    Met die wêreld wat nog steier en gal afgaan oor die gevolge van die Psalms 83 oorlog, hergroepeer Rusland, Turkye en Iran.

    Nadat hulle plan om deur middel van kleiner bondgenote Israel uit te wis lelik misluk, sluit die drie ‘n nuwe militêre verdrag. Saam sal hulle ‘n nuwe koalisie lei. Die doel sal tweeledig wees:

    a) Om hulle haat op Israel uit te haal en vir altyd uit te wis en
    b) om die rykdomme te plunder.

    Om die gemoed van die mense op hierdie tydstip enigsins te kan verstaan, moet ons onthou dat die wêreld in ‘n staat van totale skok en woede sal wees oor die Midde-Oosterse oorlog van Psalms 83.

    Kernwapens word vir die eerste keer sedert Wêreld Oorlog II gebruik en chemiese en biologiese wapens maak hul verskyning. Damascus is nie meer daar nie en die Midde-Oosterse kaart het heeltemal verander. Israel besit nou ‘n groot gedeelte grond soos deur God aan Abraham gegee.

    Brose ekonomie soos die van Amerika en EU mag dalk selfs in duie gestort het weens die drastiese styging in pryse van olie weens die Psalms 83 oorlog. Hier word nie gepraat van klein stygings nie, maar pryse wat drie-viervoudig kan toeneem.

    In die aanloop na die moontlike hernude kernoorlog van Gog en Magog, sal daar golwe van paniek en angs deur die wêreld bruis. Wêreld leiers sal naarstigtelik probeer om ‘n uitweg en oplossings te vind vir die situasie. Teen hierdie agtergrond is daar nou petrol stygings wat nog nooit beleef is nie. Inflasie sal ongekende hoogtes bereik

    Die openbaring van die Anti-chris is nou’n stap nader.

    Die tafel word gedek vir die Anti-chris

    Die Wêreld kan nie nog ‘n oorlog bekostig wat die vloei van olie afsluit nie. Ongekende vrees neem besit van die mense en lande namate ‘n groter oorlog binne ‘n paar jaar nader snel. Israel word nou van alle kante omring met weer eens geen kans op oorlewing nie. Die wêreld wag in spanning om te sien of Israel uiteindelik van die aangesig van die aarde uitgewis gaan word. Geen van haar vorige bondgenote sal of wil help nie. Israel is alleen. Sal dit die einde van haar wees?

    Bogenoemde klink soos ‘n draaiboek uit Hollywood. Nee; hierdie is ‘n draaiboek geskryf deur God vanuit die Hemel en aan Sy profete gegee, baie, baie jare gelede.

    Alhoewel Psalms 83 oorlog verskriklik gaan wees, is dit slegs ‘n voorspel om die tafel te dek vir hierdie oorlog wat moet kom. Dit baan die weg vir die Anti-chris.

    Net om te wys hoe perfek God se draaiboek is, Die vorige President van Iran het verkondig, selfs vanaf die verhoog by die Verenigde Nasies dat oorlog moet kom in die Midde-Ooste vir die 12de Imam om te verskyn..

    Lees gerus Esegiël 38 en 39 om die agtergrond te verkry vir hierdie oorlog. Hierdie is nie die Armagedon Oorlog nie.

    Armagedon vind plaas aan die einde van die Sewe Jarige Verdrukking. Gog en Magog vind plaas net voor die Sewe Jarige Verdrukking. Die een oorlog plaas die Anti-chris aan bewind, die ander beeindig dit.

    Kom ons kyk weer na die nasies wat hierdie koalisie sal opmaak:

    Magog, Ros – Rusland met vorige republieke
    Persië = Iran
    Kus = Sudan, Ethiopië
    Put = Libië
    Gomar, Meshech en Tubal = Turkey en moontlik Duitsland
    Beth-togarma = Turkey en Armenië

    Dat die Gog en Magog oorlog net voor die Sewe Jarige Verdrukking sal wees, vind ons in Esegiël

    Esegiël. 38:10 So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ’n listige plan beraam
    11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
    12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.

    Hier word gesê dat Israel in vrede lewe sonder mure wat hulle omring. Dit is baie insiggewend dat God ons hierdie inligting gee, want Israel het onlangs die omstrede Wes-Bank Muur gebou. Dit bestaan uit ‘n netwerk van mure, heinings en voertuig loopgrawe. Ons besef nie aldag dat wat in die Bybel geskryf is, daar ‘n doel mee is nie. Nie een woord is oorbodig nie. Wanneer God sê, “geen mure” bedoel Hy geen mure.

    Kyk ons na Israel vandag, weet ons dat hulle nie in vrede lewe nie en ook nie sonder mure nie. Verder is daar verdedigings toerusting, naamlik “Iron Domes” opgestel om inkomende vuurpyle te onderskep. Dit word ook so terloops ‘n muur van verdediging genoem.

    Nog ‘n skrif gedeelte wat hierdie oorlog net voor die Sewe Jarige verdrukking plaas, vind ons in Esegiël

    Esegiël 39:9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;
    10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.

    Die Israeliete sal met die wapentuig van die verslane vyand vuur maak en sal geensins nodig hê om enige hout te gebruik nie, en hier is die leidraad: Vir Sewe Jaar Lank.

    Ons weet uit die Bybel dat die Groot Verdrukking sewe jaar sal duur en dan kom Jesus. Dan begin die millinium. Jerusalem sal die wêreld hoofstad wees.

    Die feit dat God vir Israel voorsiening getref het vir sewe jaar, moet hierdie oorlog plaasvind net voor die sewejarige verdrag met die Anti-chris gesluit word.

    In Deel 2 gaan ek voort hiermee en kyk ook na die Die Hak in die Kaak Profesie

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.