Loving Life TV

Eségiël 38-39 Oorlog Deel 2 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Eségiël 38-39 Oorlog Deel 2 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2406
    pieterdeklerk
    Moderator

    Ons het verlede week die agtergrond geskets vanuit die mens se oogpunt vir hierdie oorlog. Ek wil dit nou uit die Bybelse oogpunt bespreek.

    Kom ons gaan kyk nou wat sê die Woord.

    Die Hak en Kaak Profesie

    Esegiël 38
    1 VERDER het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
    2 Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom
    3 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
    4 En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ’n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;
    5 Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;
    6 Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs – baie volke saam met jou.
    7 Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ’n leidsman.
    8 Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ’n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het – ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
    9 Dan sal jy optrek soos ’n onweer wat aankom, jy sal wees soos ’n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
    10 So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ’n listige plan beraam
    11 en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
    12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.

    Dit is waar die Haak in die Kaak profesie tot vervulling kom.

    Ek wil graag ‘n paar punte uitlig:

    1 Vers 3 en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!

    Ja, God het genoeg gehad van Rusland se godeloosheid en Iran se haat teen Sy volk. Die tyd van oordeel oor hierdie twee hoofspelers en hulle meelopers het gekom. God self sal die Hake in Rusland se Kake inslaan. God het die aas van Israel se rykdomme voor Rusland se neus gevryf en Rusland se smagting na rykdomme is sy ondergang.

    2 Vers 8 Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ’n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het – ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.

    Hier is ‘’n paar interessante aspekte

    a Ná baie dae sal jy bevel ontvang; God gee self die bevel en Gog moet gehoorsaam
    b aan die einde van die jare sal jy ’n land intrek wat van die swaard weer reggekom het
    c wat versamel is uit baie volke
    d en hulle woon almal in veiligheid

    3 Vers 12 om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ’n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon

    a om buit te maak en roof te rowe
    b ’n volk wat uit die nasies versamel is
    c wat op die middelpunt van die aarde woon

    Hoe daar nog getwyfel word oor Israel weet ek nie, dit is so duidelik.
    Duideliker kan dit nie wees nie.

    Wat sal die reaksie wees van die Weste?

    Esegiël 38:13 Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus (Moontlik al die wie eens aan die Statebond behoort het onder Engeland) al vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om ’n groot buit te maak?

    Hierdie gedeelte vertel ons dat daar slegs gepraat word en slegs veroordeling sal wees teen Rusland en Iran. Die VN sal hulle normale vergaderings hou met baie praat en geen aksie nie. Amerika, EU en die VN sal die inval veroordeel, maar nie ‘n vinger lig om Israel te help nie. Ek dink in hulle harte hoop hulle Israel word vernietig. Soos vroeër genoem is, is hulle ekonomieë moontlik aan vlarde.

    Kyk ons na vers 13 sien ons dat die oorblyfsels van Dedan (Saudi-Arabië) nie deel uitmaak van die oormag teen Israel nie. Dit mag wees dat sy haar les uit die Psalms 83 oorlog geleer dat sy nie wil nie.

    Israel is alleen teen ‘n magdom van vyande en nie een land in die hele wêreld is bereid om haar te help nie. So, dit lyk na die einde van Israel.

    MAAR DAAR IS HULP

    Net wanneer alles verlore is en daar geen hoop meer vir en in Israel is nie, met die wêreld wat in ‘n staat van totale paniek is, tree God tot die stryd toe.

    Esegiël 38:17 So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
    18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.
    19 Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar ’n groot aardbewing wees in die land van Israel,
    20 sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.

    Die eerste insident wat die aanvallende weermagte en die wêreld tref, is die grootste en hewigste aardbewing in mense bestaan. Uit die teksgedeeltes kan ons agterkom dat hierdie die moeder van alle aardbewings is. Dit is so hewig dat die berge waarop die weermagte vergader onder hulle sal verkrummel.

    Esegiël 38:21 En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.

    God gaan verwarring saai tussen die weermagte. Hulle sal, in hul vewarring, moontlik glo hulle val Israel aan.

    Dan tree God nog verder in die stryd

    Esegiël 38:22 En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.

    God sê Hy self sal die weermagte uitdelg

    Esegiël 39:3 Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
    4 Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
    5 Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.

    Die absolute bloedbad en verwoesting van hierdie weermagte, kan nie oorbeklemtoon word nie. Hierdie uitdelging gebeur op ‘n skaal wat nog nooit vantevore gebeur het nie. Dit is God wat toetree vir Sy geliefde volk.

    Ek wil weer die volgende vers aanhaal: 18 Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.

    As daar slegs eén gedagte is wat by die lesers kan posvat deur hierdie skrywe, is dit dat Israel God se volk is en Hy sal vir hulle in die bres tree. Raak aan Israel en jy raak direk aan God. Seën Israel en God sal jou seën. Weer eens; Ons as gereddes is Jesus se bruid, nie Sy fisiese volk nie. SA is in groot gevaar. Die van ons mense wie Israel se plek wil oorneem, wees baie versigtig.

    Esegiël vertel die gebeure na die weermagte verslaan is:

    Esegiël 39:9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;
    10 sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.
    11 En in dié dag sal Ek aan Gog ’n plek gee waar ’n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte.
    12 En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.
    13 En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE.
    14 Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle ’n ondersoek instel,
    15 en sien een van hulle wat deur die land trek, ’n mensebeen, dan rig hy daarby ’n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte.
    16 En ook sal die naam van ’n stad wees Hamóna. So sal hulle dan die land reinig
    .
    Dit klink so al asof alle beendere dalk radio aktief kan wees en dit is hoekom die land gereinig moet word.

    17 En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Se vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, ’n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!
    18 Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink – ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam –
    19 vet sal julle eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.
    20 En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.

    Soos ek weer deur hierdie skrywe gaan om dit gereed te kry om te plaas, kry ek hoendervleis. Besef ons werklik die God wat ons dien? ‘n God van uiterste liefde maar ook ‘n God wat genoeg gehad het. Ek wil weer waarsku, wees versigtig oor hoe ons optree teen Sy volk.

    Dit is die tyd wanneer die Wegraping van die Kerk/Bruid/ Wedergeborenes plaasvind.

    Die Nagevolg:

    God stel dit duidelik dat die nasies wel bewus is en verstaan dat hierdie oorlog, deur God beheer was.

    Daar sal baie na Jesus kom en hulle kan ‘n groot deel uitmaak van die wat deur die Groot Verdrukking sal gaan.

    Hulle sal moontlik deur die Anti-chris vervolg en vermoor word. Dit is moontlik dat baie wat onder die altaar in die hemel sal wees, wat roep om wraak op die Anti-chris, ook uit hierdie groep sal kom. Hierdie gebeurtenes word in Openbaring weergegee.

    Openbaring 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
    10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
    11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

    Hierdie deel word deur sommige gebruik om dit te stel dat hierdie siele deel is van die Bruid en dus verwarring saai tov die Wegraping.

    Hierdie siele is die wat as lou Christene agter gebly het met die Wegraping en dan tot werklike bekering kom en dan met hul lewens sal boet. ‘n Ander groep is die wat bekeer word deur die prediking van die 144 000 Joodse sendelinge in die eerste 42 maande van die Groot Verdrukking en ook met hul lewens sal betaal. Sal op latere geleentheid hieroor skryf.

    Na my beskeie mening sal ons nie meer op aarde wees nie, maar in die hemel vir die Bema oordeel en die Bruilof van die Lam.

    Die wêreld smag nou na vrede en dit is die tyd wanneer hulle die Anti-chris met ope arms sal aanvaar. Hy kan nie geopenbaar word solank die Kerk en Heilige Gees nog op aarde is nie.

    Met die Wegraping kom die Genade Despensasie tot einde en die GrootVerdrukking begin. Die Anti-chris neem oor as leier.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.