Loving Life TV

Bejaarde egpaar vermoor

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Bejaarde egpaar vermoor

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #389089
    Nat Quinn
    Keymaster
    ‘n Egpaar, onderskeidelik 68 en 69 jaar oud, is Donderdagoggend 12 Januarie dood in hul huis in Beckerstraat, Casseldale, Springs gevind.
     
    Sers. Themba Tshabalala, polisiewoordvoerder van Springs-polisiestasie, sê die egpaar se dogter het vroeër om 08:30 telefoniese verbinding met hulle gehad, maar kon hulle nie later in die hande kry nie.
    Sy en haar man het gaan ondersoek instel, waarna hulle die bejaardes, dood, met steekwonde in hul sitkamer gevind het.
    Dit lyk asof ‘n roof plaasgevind het, aangesien die kluis wat vasgesit is, oop gevind is.
    Dit is onbekend waarmee die egpaar gesteek of met wat die vermeende moordenaars gevlug het.
    Springs-polisiestasie ondersoek ‘n moordklagte.
    Enige persoon wat inligting het wat kan help met die ondersoek word versoek om sers. Tshabalala by 011 365 5700 te kontak.
     
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.