Loving Life TV

Gesin se nagmerrie tydens huisroof na braai

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Gesin se nagmerrie tydens huisroof na braai

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #392102
    Nat Quinn
    Keymaster
    ‘n Gesin van die Kameeldrift-Wes in Pretoria het ‘n nagmerrie-ondervinding deurgemaak toe hulle gisteraand na ‘n braai binne hul huis deur verdagtes oorval is. Die gesin woon op ‘n die Hercules-polisiëringsarea.
    Die gesin, ‘n man, sy vrou en hul jong dogter, het gisteraand buite hul huis gebraai.
    Nico van Vuuren, GPF-voorsitter van Hercules sektor 4, sê die gesin het om ongeveer 20:30 klaar gebraai en is die huis in om by die etenstafel te eet toe vier onbekende verdagtes die woning binnegegan en hulle met handwapens gedreig het.
    Van Vuuren sê een van die verdagtes het glo die man met die kolf van sy handwapen teen die kop geslaan. Die gesin is vasgebind.
    Volgens inligting van die slagoffers wil dit voorkom asof die verdagtes redelik onkundig was. Een van die wapens se magasyn het bly uitgly. Die wapens is glo wild rondgeswaai.
    Die manier hoe hulle die slagoffers vasgebind het, het ook van onkunde gespreek, volgens van Vuuren. Die ma en haar dogter sou glo kort-kort losgekom, dan is hulle met ‘n pistool teen die kop gedreig en weer vasgemaak.
    Die verdagtes het glo aanhoudend vir wapens gevra. Die nagmerrie het tot net na 04:00 vangoggend voortgeduur.
    Die verdagtes het soveel tyd gehad om die huis te plunder en te soek vir waardevolle items dat hulle glo weg is met onder meer ‘n gasstoof, yskas, televisie, kragopwekker, kettingsaag, drukwasser, selfone en vele meer. Selfs die borde waaruit die gesin hul braaivleis geeët het, is saam met hul kruideniersware gesteel.
    Alles is op die gesin se twee voertuie, ‘n Isuzu- en Bantam-bakkies, gelaai toe die verdagtes net na 04:00 met hul buit vort is.
    Die vrou het eerste losgekom en haar man losgemaak, ‘n ou voertuig geneem en gery terwyl sy om hulp geroep het. Die bure het die GPF gekontak. Loyal Security het vinnig op die toneel aangekom. Alle owerhede was vinnig op die toneel. Polisie is tans steeds op die toneel besig.
    FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

    Gesin se nagmerrie tydens huisroof na braai (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.