Loving Life TV

God sal ons red – ‘n ope vraag!!?? – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR God sal ons red – ‘n ope vraag!!?? – Pieter de Klerk

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)
  • Author
    Posts
  • #2662
    pieterdeklerk
    Moderator

    Wil graag vandag ‘n saak aanraak wat al lank in my gemoed woel.

    Met soveel van my skrywes hoor ek so gereeld die volgende van mense:

    1 Ons moet net op ons knieë bly en bid.
    2 Ons moet ons bekeer tot God.
    3 Ons as “volk” moet ons bekeer tot God
    4 Ons moet terugkeer na God
    5 Ons as volk moet terug keer na “God”’
    6 Dan sal Hy ons red
    7 Dan sal Hy ons volk red

    Nou my vraag?
    8 Wat maak ons dan nou meer spesiaal vir God?

    Kom ons praat so ‘n bietjie oor bogenoemde, want hierdie is so groot en wyd oop vir interputasies en dit gebeur daagliks.

    Ek gee gewoonlik al die uitlegte en skrifte wanneer ek ‘n artikel skryf, maar plaas hierdie vandag in julle hande en sal dit werklik waardeer sou julle dit bespreek.

    1 Heel eerstens, wie is die “ons”; dan wat word bedoel met “op ons knieë bly en bid”; wat bid ons; en dan “bid” na wie?

    2 Wat behels “bekeer”; Julle is bewus daarvan dat die woord “God” nie altyd vir almal dieselfde begrip behels nie. So wie is hierdie “God” vir jou? Hoe moet ons bekeer tot God; weereens, watter “God”; wat dan van die wie alreeds bekeerd is.

    3 Hierdie is ‘n kwel vraag, Wie is die “volk” wat moet bekeer; weereens na watter “God”; watter persentasie van die “volk” moet bekeer word om gestand te doen aan hierdie vereiste van redding.

    4 Wie moet “terug keer”; Is dit die “gereddes” wat afvallig geword het of meen dit dalk terugkeer na die Woord?

    5 En al die bogenoemde vrae is ook hier van toepassing. Watter persentasie van die “volk”moet egter eers dan terugkeer?

    6 Van wat sal Hy ons as enkelinge dan “red”; sal diegene wat aan al die bogenoemde voorwaardes voldoen dan in alles vleeslik “gered”wees? Geen moord, geen verlies van finansies, geen gestremdheid, geen ongelukke; of praat ons hier dat hierdie dinge slegs gebeur met mense wat nie voldoen aan bogenoemde vereistes nie.

    7 Weereens, hoe sal “God” ons “volk” red? Red uit watter situasie en van wat? Watter persentasie van die “volk” moet voldoen aan die verseistes om te kwalifiseer vir redding

    8 Dan, wat maak ons as “gereddes” en “volk” anders as al die ander mense en volke wat ook kinders van God is, Wat maak ons dan so meer spesiaal en ’n “uitverkoren volk” bo al die ander gereddes wat verspreid is oor die wêreld”.

    Om op te som: Ek kry maandeliks data van Christene wat wêreldwyd verdruk, mishandel en gedood word vir hul geloof. Glo my dis nie aangename inligting nie. Ons hier in Suid Afrika was tot nou toe nog uiters gelukkig om dit meerendeel vry te spring, maar is besig om te verander. Weereens, ek het data op data hiervan.

    Ons hier in Suid Afrika is nie gereed daarvoor nie en niemand is bereid om daaroor te praat nie. Maar iemand moet.

    Is die oplossing nie dalk so eenvoudig soos die volgende nie? Gaan op jou knieë, bid tot God dat Hy openbaar wat jy moet doen, staan dan op en dan doen dit in Sy krag.

    Ek glo julle is bewus van wetgewing wat gereed is onder die vaandel van “Haat Spraak”. Dit kom en keuses sal gemaak moet word.

    Dit was moeilik om nie hierdie bespreking toe te lig uit die Bybel nie,maar ek moes dit so doen, want ek wil graag hê dat julle self so ‘n bietjie delf.

    Vir die wat my skrywes volg weet dat ek die Drie-Enig-God dien.

    Ek sluit af; miskien moet ons ernstig kyk na wat ek hier geskryf het. Die Bybel stel dat God nie ‘n aannemer is van ‘n persoon nie. Net so is daar geen aannemer van ‘n heiden nasie per se nie.

    Handelinge 10:34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
    35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.

    Lees weer teks hierbo.

    #393730
    VIKING BOER
    Moderator

    Dit is hartseer om te sien dat daar niemand nog geantwoord het op hierdie artikel sedert Okt.2022 toe dit geplaas is nie.
    Ek kry die idee dat ons nasie – dis nou ons boere-volk – spesifieks afgestomp geraak het. Ek praat nie eers van die ander volkere om ons nie. Dis ‘n ander storie.
    Self die Gelofte wat afgelê is by Bloedrivier lyk ook asof dit nie meer water dra nie. Waarheen beweeg ons? Dink “ons” dat ons die mas gaan opkom sonder die helpende hand van Onse Vader what in die hemel is? Dit is ‘n feit dat die kerke leeg geloop het en daar waar daar nog bietjie lewe is, is dit ook maar so eina-eina.
    Dit lyk of die “WOKE GENERATION” die wereld wil oorneem. EN dit sal lei na die verderf so seker as wat ek hier sit.
    Om ‘n lang storie kort the maak deel ek graag die volgende paar Bybel verse met u wat deel met Israel en wat ook ‘n oproep is aan die wereld om notisie te neem wat die Bybel ons leer oor die laaste dae en die oproep om waaksaam en gereed te wees vir die koms van Onse Heiland, Jesus Christus.
    A CALL TO REPENTANCE AND A REMINDER TO THE WHOLE WORLD
    Genesis 12 v 1, 2 & 3
    Genesis 12:1 Now the LORD had said unto Abram, Get thee out of thy country, and from thy kindred, and from thy father’s house, unto a land that I will show thee:
    Genesis 12:2 And I will make of thee a great nation, and I will bless thee, and make thy name great; thou shalt be a blessing:
    Genesis 12:3 And I will bless them that bless thee, and curse him that curseth thee: and in thee shall all families of the earth be blessed.
    *
    PSALM 105 v8 -11
    Psalm 105:8 He hath remembered his covenant forever, the word which he commanded to a thousand generations.
    Psalm 105:9 Which covenant he made with Abraham, and his oath unto Isaac;
    Psalm 105:10 And confirmed the same unto Jacob for a law, and to Israel for an everlasting covenant:
    Psalm 105:11 Saying, Unto thee will I give the land of Canaan, the lot of your inheritance:
    *
    JOEL 3 v1 & 2
    Joel 3:1 For, behold, in those days, and in that time, when I shall bring again the captivity of Judah and Jerusalem,
    Joel 3:2 I will also gather all nations, and will bring them down into the valley of Jehoshaphat, and will plead with them there for my people and for my heritage Israel, whom they have scattered among the nations, and parted my land.
    *
    ISAIAH 60 v10-13
    Isaiah 60:10 And the sons of strangers shall build up thy walls, and their kings shall minister unto thee: for in my wrath I smote thee, but in my favor have I had mercy on thee.
    Isaiah 60:11 Therefore thy gates shall be open continually; they shall not be shut day nor night; that men may bring unto thee the forces of the Gentiles, and that their kings may be brought.
    Isaiah 60:12 For the nation and kingdom that will not serve thee shall perish; yea, those nations shall be utterly wasted.
    Isaiah 60:13 The glory of Lebanon shall come unto thee, the fir tree, the pine tree, and the box together, to beautify the place of my sanctuary; and I will make the place of my feet glorious.
    *
    Jeremiah 18:7 At what instant I shall speak concerning a nation, and concerning a kingdom, to pluck up, and to pull down, and to destroy it;
    Jeremiah 18:8 If that nation, against whom I have pronounced, turn from their evil, I will repent of the evil that I thought to do unto them.
    *
    2 Chronicles 7:14 If my people, which are called by MY NAME, shall humble themselves, and pray, and seek my face, and turn from their wicked ways; then will I hear from heaven, and will forgive their sin, and will heal their land.
    *
    Amos 9:15 And I will plant them upon their land, and they shall no more be pulled up out of their land which I have given them, saith the LORD thy God
    *
    Psalm 122:6 Pray for the peace of Jerusalem: they shall prosper that love thee
    *
    Hou u oë gevestig op Jesus Christus en wat in Israel gebeur.
    Thank you and God bless / Baie dankie God seën.
    Marius Terblanche

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.