Loving Life TV

Groblersdal-saak uitgestel

Home Forums ⚖ CRIME INVESTIGATION LIST ⚖ Groblersdal-saak uitgestel

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #444917
    Nat Quinn
    Keymaster

     

     

    Die saak teen Francois van der Merwe, Willem Petzer, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Dries Olivier is tot 9 Mei uitgestel.

    Tewie Wessels sĂȘ in ‘n plasing oor vandag se hofverskyning die saak is uitgestel om na ‘n video-opname te soek.

    Die vyf is steeds op borg.

    Nuusflits het vanoggens soos volg berig:

    Die hofsaak teen Francois van der Merwe, Willem Petzer, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Dries Olivier (80) kom vandag weer in die Groblersdal-landdroshof voor.

    Die viermanskap het op 19 Februarie borg gekry. Dit volg na ‘n optog op 24 Januarie waartydens Van der Merwe in hegtenis geneem is. Petzer, Hofmeyr en Wessels het hulle op 12 Februarie aan die polisie oorhandig, waarna hulle ook in hegtenis geneem is. Dries Olivier, oud-landdros en burgemeester van Groblersdal, het homself op 13 Maart oorhandig, is in hegtenis geneem en is dieselfde dag R5 000 borg toegestaan.

    Die beweerde aanklagte teen die vyf beskuldigdes is volgens Petzer: aanranding op ‘n polisiebeampte, openbare geweld, aanhitsing tot openbare geweld en verontagsaming van ‘n polisiebevel.

    Francois van der Merwe sĂȘ: “Vandag verskyn ek, Devon, Willem en Tewie in die hof in Groblersdal. Ek bid vandag nie net vir genade vir my nie maar ook vir die drie ander broers wat saam met my in die bank staan vandag. Vir al my ondersteuners wil ek julle met ‘n gedagte los: “As mens stilweg die besluit geneem het dat daar niks is wat hulle nie in God se krag kan verduur nie verlaat die vrees hulle” – Grove Patterson.”

    Devon Hofmeyr het gesĂȘ: “Ek wil vir elkeen wat tot dusver vir ons gebid het, boodskappe gestuur het en saam met ons staan, net ongelooflik dankie sĂȘ. Julle is ons anker in hierdie taai stryd. Soet is die stryd manne.”

    Willem Petzer het ‘n video-boodskap soos bo gesien kan word, gemaak. Petzer sĂȘ Olivier gaan homself vir nou in die hof verdedig. Petzer en Wessels het ‘n gesamentlike regspan en Hofmeyr het sy eie regspan.

    Tewie Wessels sĂȘ: “Vandag is ons weereens op pad na Groblersdal. Ons wil net ons dankbaarheid betuig teenoor almal wat ons ondersteun op tuisbodem, asook ons broers en susters reg oor die wĂȘreld. Die stryd begin nou eers
 Gott mit uns”

     

    BRON:Groblersdal-saak uitgestel – Nuusflits

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.