Loving Life TV

Hier is getalle oor die ABO uit dievolgende boeke:

Home Forums NATS NIBBLES Hier is getalle oor die ABO uit dievolgende boeke:

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #270948
    Nat Quinn
    Keymaster

    Hier is getalle oor die ABO uit dievolgende boeke:

    1. Bannelinge oor die Oseaan deur Coen Groenewald.
    2. My lewe en Sterwe deur Genl. Manie Maritz.
    3. Die Boerevrou, 1899-1902 Deel 2: Kampsmarte deur Prof. AWG Raath
    4. Boereverraier deur Albert Blake
    5. Helkampe deur Ewald Steenkamp.
    6. Konsentrasiekampsterftes deur Celesté Reynolds.
    7. Generaal P.A. Cronje lewensskets deur Hendrik Petrus van Coller.

    Britte:

    1. Oorlog koste: R34 biljoen in vandag se geld of 380 miljoen pond in 1902.

    2. 448 725 soldate het aan die oorlog deelgeneem.

    3. 97 477 ongevalle.

    4. 20 718 dood geskiet.

    5. +-16 000 het aan wonde of siektes gesterf.

    6. Swartes en bruines in Britse diens 120 000 waarvan 50 000 gewapen was.

    7. Slagvelde met hoogste sterf getalle: Tussen 1857 en 1899 was daar net 3 slagvelde waar die Britte meer as 100 man verloor het (in die ABO was daar vyf sulke slagvelde)

    Spioenkop 383 dood

    Paardeberg 348 dood

    Magersfontein 244 dood

    Colenso 171 dood

    Modderrivier 102 dood

    8. Invalides: 75 430 huistoe gestuur van siekte en wonde

    Boere:

    1. 3 990 dood geskiet. 924 dood op kommando aan siektes. 157 per ongeluk dood op kommando. 1 118 in krygsgevange kampe dood. Totaal 6189.

    2. 27 927 vroue en kinders dood in konsentrasie kampe van wie 22 057 kinders was onder 16 jaar, 4113 vroue en 1421 bejaardes mans. Dit is volgens die Britse Blue books rekords saamgestel deur Erlia Wessels by die Oorlog Museum in Bloemfontein.

    3. Celestie Reynolds wat haar Meesters graad oor die kampe gedoen het sy 34 051 vroue en kinders rekords
    in die argiewe gekry het. Dit sluit die vroue en kinders uit wat oppad na die kampe gesterf het en in die veld begrawe is.

    4. 116 572 vroue, kinders en mans is aangehou in konsentrasie kampe.

    5. 32 500 boere is in krygsgevangene kampe aangehou wat kinders so jonk as 8 jaar insluit en mans van tot 80 jaar oud.

    6. Generaal Piet Cronje gee oor met 3873 manskappe, 46 offisiere en 150 gewondes by Paardeberg op 27 Februarie 1901

    7. Generaal Marthinus Prinsloo gee oor met 4314 man by die Brandwaterkom in die Vrystaat op 30 Julie 1900.

    8. Joiners 5464 volgens die Britse besoldigings lyste. Die oorspronklike lys is vernietig deur Genl. Louis Botha.

    9. 21 256 bittereinders.

    10. +-60 000 Boere plase is afgebrand.

    11. Boere magte, ongeveer 47 000 in totaal (35 000 burghers, 10 000 rebelle, 2 000 vrywilligers)

    12. Daar was +- 44 000 Martini-Henry en +- 50 000 Mauser gewere gebruik gedurende die oorlog.

    13. 9.52 keer meer vrouens en kinders het gesterf as Boere op die slagveld.

    14. 38% van kinders in die kampe het gesterf.

    15. 32.52% % van al die vrouens en kinders in kampe het gesterf.

    16. As die oorlog nog 3 jaar en 5 maande aangehou het sou die hele Boerevolk uitgewis gewees het gebaseer op konsentrasie kamp sterfte getalle.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.