Loving Life TV

Kronologiese gebeure wat voorlê – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Kronologiese gebeure wat voorlê – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #399750
    pieterdeklerk
    Moderator

    Daar is so baie verskillende opinies wat bestaan oor wat aangaan in die wêreld, oor die gebeure wat gaan plaasvind dat ek voel om dit in perspektief te stel.

    Ek kry die vraag baie of die Wegraping nou enige tyd kan plaasvind. Ek glo nadat die leser hierdie skrywe gelees het, sal dit duidelik word.

    Ek het onlangs geskryf oor die begrip van Kennis en ook hoe om die Bybel te bestudeer.

    Die Bybel bestudering bestaan uit 3 bene

    1. Konteks: Betekenisse. Die verband waarin iets voorkom; inligting wat help om ‘n situasie te verstaan; samehang.
    2. Verband: Betekenis. Dit is wat en vir wie dit van belang is
    3. Kronologie. Betekenis. Waar pas dit in is die tyd faktor.

    Ek gaan vandag slegs skryf oor die Kronologiese been en sal op ‘n ander geleentheid oor Konteks en Verband skryf

    Wat is die volgende op God se kalender? Maw, waarvoor wag ons nou?

    PSALMS 83 OORLOG

    Kyk ons net wat alles die laaste 2 maande aan die gebeur is, dan is dinge baie vining om in plek te kom vir hierdie oorlog.

    Die aanslag teen Israel is besig om in felheid toe te neem en soos gewoonlik gee die Liberale Pers net een kant van die storie.

    Die nasies wat in hierdie oorlog gaan deelneem het ek al bespreek en dit is juis hulle wat nou fanaties word.

    Wanneer ek by die Konteks en Verband bene skryf, sal ek dit weer behandel.

    ‘n TYD VAN “VREDE”

    Na hierdie oorlog kom daar ‘n tyd van “vrede”vir Israel. Hoe lank dit gaan duur weet ek nie, maar sal wel ‘n tyd wees. In hierdie tyd gaan Israel ‘n prominente tyd beleef. Hulle gaan op die voorgrond van wêreld gebeure wees en leiers posisies beklee.

    GOG EN MAGOG OORLOG

    Na hierdie tyd van “vrede’, val Rusland, Iran, Turkye en ander bondgenote Israel aan.

    Ek het ook hierdie volke bespreek.

    Net vining, hierdie magte word verslaan . Dus, geen Rusland en kie meer nie.

    WEGRAPING

    Net voor of gedurende hierdie oorlog vind die Wegraping plaas.

    TONEEL VERSKUIF NOU NA DIE HEMEL

    Die Genade Despensasie is nou ten einde. Die kinders van God is nou in die Hemel.

    REGTERSTOEL OORDEEL

    Die gereddes verskyn nou voor die Regterstoel Oordeel waar Jesus self die Regter is.

    Hierdie is ‘n oordeel en NIE veroordeling nie. Hierdie oordeel gaan oor Krone en Loon.

    In hierdie tyd vind die Bruilof van die Lam plaas.

    TONEEL VERSKUIF NOU NA DIE AARDE

    Terwyl die gebeure in die Hemel plaasvind, gebeur daar baie dinge op aarde.

    DIE ANTI-CHRIS

    Na die verskriklike gebeure van die Gog en Magog oorlog smag die wêreld na ‘n redder en word hierdie persoon nou geopenbaar.

    Hy kom as redder en held en word die leier van die Herstelde Romeinse Ryk. ‘n Magtige man met verskuilde agenda.

    7 JAAR VERDRAG

    Israel sluit ‘n 7 jaar verdrag met die Antichris en dit is die begin van die 7 jaar Groot verdrukking.

    Soos genoem, hierdie leier kom as redder en nie as despoot nie.

    DIE TEMPEL

    Hier bestaan verskillende opinies wanneer die Tempel herbou gaan word.

    My OPINIE is dat dit deel sal wees van die 7 jaar verdrag. Omrede die Psalms 83 Oorlog die binnekring van vyande uitgewis het, is die weg oop om die Tempel te bou.

    Die ander opinie is dat die Tempel net voor die Gog en Magog Oorlog gebou sal word. Ek sal op ‘n ander geleentheid daaroor skryf.

    DIE EERSTE 42 MAANDE VAN DIE GROOT VERDRUKKING

    In hierdie tyd sal offers in die Tempel opgaan en vind die Sëels en Basuine gebeure plaas.

    144 000 GETUIES

    In hierdie tyd verskyn die 2 Getuies. God stel ook 12 000 Jode uit elk van die 12 stamme aan as evangeliste.

    Die 2 getuies word aan die einde van hierdie tyd gedood. Hierdie 144 000 word weggeraap aan die einde van hierdie tyd.

    Ook word daar ‘n velle vervolging van mense wat in hierdie tyd tot bekering kom.

    DIE TWEEDE 42 MAANDE VAN DIE GROOT VERDRUKKING

    Aan die begin van hierdie tydperk openbaar die Anti-chris sy werklike diabolise gedrag.

    Satan en al die gevalle engele sowel as al die demone in die lug die demone in die put, word fisies op aarde neergewerp.

    Die Anti-chris gaan die Tempel binne en verklaar homself as God.

    In hierdie tyd vind die “Skale” oordele van God teen die godelose mense op aarde plaas.

    Nou kom die Merk van die Dier in werking. Onthou, hierdie merk is monitêr sowel as geestelik maw aanbidding.

    Die Anti-chris laat sy velle haat teen die Jode losbrand om hulle uit te wis. Baie vlug na Petra.

    Aan die einde van hierdie tydperk val China en bondgenote sowel as die Herstelde Romeinse Ryk (NWO) Israel aan. Dan tree Jesus self tot die stryd toe

    ARMAGEDON

    Dis nou die tyd van hierdie voorlaaste oorlog. Al hierdie magte word totaal uitgewis.

    Die Anti-chris en die Valse Profeet word lewend in die Poel van Vuur gewerp.

    Satan self word gebind vir 1000 jaar en in die put gewerp.

    JESUS SE KOMS.

    Na hierdie oorlog ry Jesus deur die Oospoort Jerusalem binne as Koning.

    DIE BOK EN SKAAP NASIES OORDEEL

    Nou vind die volgende oordeel plaas. Hierdie oordeel het niks met geloof te doen nie, maar met die behandeling van Sy volk gedurende die 7 jaar.

    Dit is die afsluiting en volbringing van Sy ernstige waarskuwing in Genesis.

    WIE GAAN DIE 1000 JAAR BINNE

    Onthou, hierdie is nasies en nie enkelinge nie.

    Dit is die nasies wat beskerming gebied het aan die Jode gedurende die 7 jaar.

    DIE 1000 JAAR VREDERYK

    Vir 1000 jaar regeer Jesus self as Koning. Selfs hier kom sonde in die mens voor.

    WIT TROON OORDEEL

    Aan die einde van die 1000 jaar word Satan vir ‘n kort tydjie losgelaat en dadelik verlei hy weer van die volke.

    In hierdie tyd vind die laaste oordeel van alle ongeredde mense van alle tye, gevalle engele en demone plaas.

    Hierdie groepe word saam met Satan in die Poel Van Vuur gewerp waar die Anti-chirs en die Valse Profeet al vir ‘n 1000 jaar is.

    DIE LAASTE OORLOG

    Satan verlei weer van die mense en bring hulle in opstand teen Jesus en Jerusalem

    Laaste oorlog vind plaas en ‘n nuwe hemel en aarde word hervorm.

    Die Nuwe Jerusalem daal neer en die ewigheid begin.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.