Loving Life TV

LEES | ‘n Brief van Ashley Oosthuizen uit die Thaise tronkselle

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM LEES | ‘n Brief van Ashley Oosthuizen uit die Thaise tronkselle

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #392385
    Nat Quinn
    Keymaster
    Die familie van Ashley Oosthuizen, wie se lewenslange vonnis vir dwelmhandel in Thailand laasjaar tot 33 jaar verkort is, het ‘n brief van Oosthuizen uit die Thaise tronkselle gedeel:
    “Die idee om my lewe ‘n kunswerk te maak, het my sedert daardie heel eerste oomblik van inspirasie aangespreek, en hoewel ek nie heeltemal die oorsprong daarvan onthou nie, het dit ‘n blywende indruk op my lewe gehad. Die einste idee van ‘n lewe vol glansryke kleure en ‘n magdom oomblikke wat oorloop van ‘n groot verskeidenheid figure, gesigte, woorde, stemme en ervarings het my absoluut bekoor en verheug! En al was ek vaagweg bewus van daardie onvermydelike skaduwees, tinte en onreëlmatige lyne wat in elke stuk inkom, het ek nooit besef hoe dit sou wees om in die werklikheid deur hulle te leef. Maar miskien is dit vir hierdie spesifieke tydperk van my lewe die skielike skok gevolg deur so ‘n lang lewe wat veroorsaak dat ek soms net die afgrond sien en dan vergeet dat dit nie die prentjie in sy geheel is nie.
    “Om te keer dat ek in daardie afgrond val, wil ek baie graag terugstap, uitstap en opnuut daarna kom kyk – maar in my opsluiting is daar nêrens om na uit te stap nie, en daarom moet ek na binne draai. En kyk na bo. En ek sit my krag in vier eenvoudige woorde: “niks is permanent nie.”

     

    LEES | ‘n Brief van Ashley Oosthuizen uit die Thaise tronkselle (afrinuus.com)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.