Loving Life TV

Man ernstig beseer tydens beweerde plaasaanval

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Man ernstig beseer tydens beweerde plaasaanval

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #394999
    Nat Quinn
    Keymaster
    Nico van Vuuren, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum Sektor 4, sê aan FiND iT die man se ma het 02:23 op die WhatsApp-groep wat hul vir die bure van die straat het, geplaas: “Help, my seun is geskiet.”
    Sy het ook ‘n glo ‘n groepoproep gemaak.
    Van Vuuren en Loyal-sekuriteit het onmiddellik na die toneel gehaas en die polisie, sowel as ander rolspelers, ontbied.
    Die man het glo kort vantevore tuis gekom van die werk af toe hy in sy bed oorval is. Hy kon glo twee aanvallers wat in sy gedeelte van die huis was, sien, maar daar kon nie bevestig word of daar meer aanvallers buite of elders was nie.
    Hy is glo oorval en met ‘n panga oor die kop gekap, deur die duim geskiet en nog ‘n skoot is deur sy bors in en weer uit, na dit sy long getref het.
    Die vermeende aanvallers het toegang verkry deur ‘n geëlektrifiseerde heining te knip en die voordeur van die woning oop te forseer.
    Geen spore of voertuigspore is op die toneel gevind nie. Dit kan aandui dat die vermeende aanvallers te voet op die toneel aangekom en gevlug het.
    Die man se ma het hom in haar motor gelaai en met hom na Eugene Marais-hospitaal gehaas waar hy tans in die ICU is. Hy het skedelbreuk opgedoen saam met die twee skietwonde, waarvan een deur sy long is. Hy is tans stabiel.
    Van Vuuren bedank die GPF-lede van Sektor 4 en Sektor 2, inwoners, Loyal-sekuriteit en Hercules-polisiestasie vir vinnige optrede.

     

    Man ernstig beseer tydens beweerde plaasaanval (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.