Loving Life TV

MASSAMOORDE NEEM TOE IN SUID-AFRIKA

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM MASSAMOORDE NEEM TOE IN SUID-AFRIKA

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #398989
    Nat Quinn
    Keymaster
    4 April 2023
    Die VF Plus sê voorvalle van massamoord in Suid-Afrika is besig om skerp toe te neem.
    Volgens die leier van die party, dr. Pieter Groenewald is daar vanaf 1 April 2019 tot 30 Desember 2022 5 709 mense in die land in 2 446 voorvalle vermoor. Massamoord is waar twee of meer persone in dieselfde voorval vermoor word.
    Die minister van polisie, Bheki Cele, het die inligting bevestig in ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag van Groenewald.
    LEES OOK: MEESTE MISDAADKATEGORIEË NEEM IN GAUTENG TOE
    “Buiten die moordsyfer is dit ook onstellend dat alhoewel 1 511 persone in verband met die moorde in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het slegs 103 – ‘n skrale 6,8% – skuldig bevind is.”
    Hierdie voorvalle het in die boekjare 2019/20 tot 2021/22 jaarliks toegeneem van 438 voorvalle en 1 009 sterftes in 2019/20 tot 769 voorvalle en 1 791 sterftes in 2021/22.
    Die meeste voorvalle en sterftes vind in Kwa-Zulu Natal plaas met Gauteng in die tweede plek.

     

    source:Massamoorde neem toe in Suid-Afrika – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.