Loving Life TV

Moeder Teresa Deel 1 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Moeder Teresa Deel 1 – Pieter de Klerk

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)
  • Author
    Posts
  • #401468
    pieterdeklerk
    Moderator

    Ek het dit goed gedink om hierdie reeks af te sluit met ‘n skrywe rondom Moeder Teresa.

    Met al die beurtkrag is dit soms moeilik om te plaas.

    Ons het al ‘n paar onderwerpe behandel ek wil nou so ‘n bietjie stilstaan by, soos sy bekend staan, Moeder Teresa. Sy word beskou as ‘n ikoon en word selfs aangehang in Christen geledere. Wie en wat was sy? ‘n Heilige of net ‘n mens?

    “Moeder” Teresa is gebore op 26 Augustus 1910 van Albaniese ouers wat nou Yugoslavia/Bosnia is. Sy arriveer in India op 6 Januarie 1929, waar sy die behoeftiges begin bedien en waar sy na ‘n tyd, die nou wêreldwye bekende organisasie “Missionaries of Charity” stig. Sy sterf op 87 jaar aan ‘n hartaanval in 1997.

    Daar word mettertyd 500 missies in 100 lande gestig. Tog met al hierdie wonderlike werke het Moeder Teresa en haar medewerkers nooit gepoog om diegene wat selfs op hul sterfbed gelê het, na Jesus te lei nie. Inteendeel, Moeder Teresa verklaar; Wanneer ons aangesig tot aangesig kom met God en ons aanvaar Hom in ons lewe dan kom ons tot bekering. Ons word ‘n beter Hindu, ‘n beter Muslim, ‘n beter Katoliek, ‘n beter wat ons ook al is. Dit wat God is in jou gedagte, dit moet jy aanvaar.

    Met hierdie uitspraak het sy duidelik gemaak dat Jesus nie ‘n reddende rol in haar lewe gespeel het nie. Inteendeel, sy het geen godsdiens aangehang totdat sy betrek is by die Rooms Katolieke nie.

    Hoe het Moeder Teresa so ‘n groot ikoon van liefdadigheid en heiligheid geword?

    Haar groot kans van beroemdheid het gekom nadat Malcolm Muggeridge, ‘n Britse politikus, haar as sy alter ego aangeneem het. In 1969 vervaardig hy ‘n treffer film oor haar lewe en later ‘n boek ‘Something Beautiful for God’.

    Moeder Teresa is dus nie ‘n direkte uitvloeisel van Vatikaanse propaganda nie. Toe die Vatikaan egter besef dat hulle in Moeder Teresa ‘n onverwagte wenner het, het hulle dadelik daarvan werk gemaak en haar aangeneem.

    Sy was oombliklik ’n groot sukses onder die getroues en ‘n baie goeie advertensie om nie-gelowiges sowel as nie-Katolieke aan te trek. En nog ‘n groot bonus was dat sy ‘n baie groot wapen in die hand van die destydse Pous was teen die uitdagings van die Reformiste en uitdagers binne die Katolieke Kerk. Moeder Teresa het net op die regte tydstip op die toneel verskyn en het die saak van Rome ‘n geweldige hupstoot gegee.

    Toekennings

    Sy ontvang die volgende toekennings

    1) Die Pous John XXIII prys vir vrede. (1971)
    2) Kennedy Prys (1971) Kennedy was Katoloiek.
    3) Die Nehru Prys vir die bevordering van internasionale vrede en begrip”(1972)
    4) Albert Schweitzer International Prize (1975),
    5) Die Nobel Vredes Prys (1979)
    6) Presidentiële Staats Medalje van Vryheid (1985)
    7) Kongresiële Goue Medalje (1994). Ere burgerskap van die Verenigde State (November 16, 1996)

    Die sekulêre wêreld het haar vereer en nogmaals vereer met die Nobel Vrede Prys in 1979 sowel as toekennings uit vele ander oorde. In Junie 1985 word sy deur President Reagan vereer met die hoogste toekenning wat aan ‘n siviele persoon toegeken kan word naamlik “Medalje van Vryheid” toekenning. In Oktober 1985 ontvang sy die warmste en hartlikste ontvangs by die 40ste herdenking en feesvieringe van die Verenigde Nasies.

    Op daardie geleentheid het die wêreld, die Katolieke en Protestante saam en sonder voorbehoud applous gegee aan Moeder Teresa. Wat werklik onvestaanbaar en onverklaarbaar is, is die feit van die aplous wat aan haar gegee is, ook deur Bybels gefundeerde kinders van God meegedoen word.

    Erkenning

    Erkenning, en ja, daar is ondubbelsinnige erkenning van my kant dat Moeder Teresa ‘n baie goeie en besonderse vrou was vanuit die humanistiese oogpunt. Die vraag wat egter beantwoord moet word is; Was Moeder Teresa ‘n wedergebore Christen in die Bybelse bedoeling – ‘n vrou en ‘n organisasie met wie Christene moet assosieer en mee saamwerk?

    Motief

    Is die motief hier om ‘n aanval op haar as persoon en haar werk te doen? Nee, beslis nee. Moet daar dus geen vrae gevra word ten opsigte van waar Moeder Teresa se siening van God geanker was nie? Daar bestaan vir die Christen slegs een maatstaf waaraan alles geoordeel word en dit is die Bybel. Daardeur gaan ek en jy eendag voor die Lam staan en gaan Hy die boeke open. Goeie werke gaan dan nie die uitslag bepaal nie, maar slegs wat jou en my verhouding met Jesus Christus is.

    WAT HET MOEDER TERESA GEGLO EN BELY

    Moeder Teresa was toe deur-en-deur ‘n Katoliek. Sy was ook ‘n getroue aanbidder van “Moeder Maria” (Queen of Heaven); sy het totaal geglo dat die skyfie van die Nagmaal werklik Jesus Christus is; Sy het geglo dat alle mense kinders van God is.

    Johannes 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
    13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
    14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

    In haar toespraak voor die Verenigde Nasies in Oktober 1985 sê sy die volgende;

    Ons is hier saam bymekaar om dank te bring aan God vir die 40 jaar se mooi werk van die Verenigde Nasies vir die beswil van die mensdom. Geen kleur, geen Godsdiens, geen nasionaliteit moet tussen ons kom nie—- Ons is almal kinders van God —- Wanneer ons ‘n ongebore kind vernietig, vernieting ons God.

    Die vraag wat hier gevra moet word is: Wie is dié God waarna Moeder Teresa hier verwys? Is dit God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees? Dit is duidelik dat sy nie verwys het na die Drie-enig-God nie.

    Ander aanhalings van Moeder Teresa

    a) “Die sterwendes, die kreupeles, die psigiese siekes, die onwelkomes, die liefdeloses — hulle is Jesus verbloem—[Deur die] arme mense het ek die geleentheid om24 uur per dag met Jesus te wees”.

    b) Op ’n ander geleentheid het sy weer eens haar pantheistiese geloofs filisofie gedemonstreer;”Elke VIGS lyer is Jesus in ‘n bejammeringswaardige verbloeming; Jesus is in almal — {VIGS lyers is] kinders van God [Wie] geskape is vir groter dinge.”

    Antwoord: Panteïsme is die siening dat God alles en almal is en dat almal en alles God is. Panteïsme is soortgelyk aan politeïsme (die geloof in baie gode),

    c) “Jy moet hulle laat voel hulle is geliefd en welkom. Hulle is Jesus vir my”

    d) Ek is lief vir alle gelowe — indien mense beter Hindus, beter Muslims, beter Buddiste word met ons bediening van liefde, dan is daar iets anders wat hier groei.”

    e) Gedurenede ‘n ander geleentheid het Moeder Teresa weer eens haar valse godsdiens gedemonstreer dat “DAAR IS VELE WEE NA GOD;” Alles is God — Buddiste, Hindus, Christene ens, almal het toegang tot dieselfde God”.

    f) Het alreeds hierdie siening van Moeder Teresa aangehaal, maar herhaal weer hier Wanneer ons aangesig tot aangesig kom met God en ons aanvaar Hom in ons lewe dan kom ons tot bekering. Ons word ‘n beter Hindu, ‘n beter Muslim, ‘n beter Katoliek, ‘n beter wat ons ook al is… Dit wat God is in jou gedagte, dit moet jy aanvaar.)”

    g) Ons probeer nooit om daardie mense wat hulp ontvang van ons die “Missionaries of Charity “ te bekeer tot die Christenskap nie, maar in ons werk openbaar ons die liefde van God se teenwoordigheid en indien Katolieke, Protestante, Buddiste of selfs twyfelaars daardeur beter mense word – net beter —sal ons tevrede wees. Die kerk waarheen ‘n persoon gaan het slegs vir hom betekenis. Indien daardie persoon dink en glo dat dit die enigste weg na God is, dan is dit die manier hoe God in hulle lewe kom —sy lewe. Indien hy geen ander weg ken en geen twyfel het om daarom ‘n ander weg te soek nie, dan is DIT sy weg tot saligmaking.”

    Johannes 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?
    6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

    Moeder Teresa kan na aanleiding van Johannes nie ‘n groter valse evangelie verkondig het nie. Mense, moet nie mislei word nie, al geleentheid wat ons het, is terwyl ons nog lewe. Moet my nie glo nie, moet MoederTeresa nie glo nie. Gaan jy en ondersoek God se Woord vir jouself. Net jy het die toekoms van jou siel se eindbestemming in jou hande.

    Dit moet baie duidelik begin besef word dat Moeder Teresa alles behalwe ‘n evangelistiese Christen was. Ja, sy was wel ‘n goeie, self-kastydende, opregte, liefdevolle persoon wat ‘n valse godsdiens gevolg het naamlik die Rooms Katolieke Kerk in plaas van die ware, enigste Jesus Christus wat ook eenmaal en vir altyd vir haar aan ‘n kruis op Golgota gehang het en Sy lewe vir haar gegee het om vry te kom.

    Het sy dalk op haar laaste wel haar lewe vir Jesus gegee? Ek hoop werklik so. Hierdie skrywe is nie om Moeder Teresa te na te kom nie, maar om dierbare kinders van God te waarsku dat goeie werke van geen waarde vir redding is nie; Net Jesus en net HY alleen. Efesiërs 2:8Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
    9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

    Het Moeder Teresa maar net hierdie éen waarheid ontdek, hoe anders sou haar lewe dalk nie gewees het nie. Hoeveel verlore siele kon sy weg gelei het van die hel na Jesus toe.

    #401560
    Nico van der Hoven
    Participant

    Daar is baie sterk bewyse van haar betrokkenheid by “child trafficking”, en dat sy die moeder van Dr Fauci was.

    Meer hieroor kan op die internet gevind word.

Viewing 2 posts - 1 through 2 (of 2 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.