Loving Life TV

Moeder Teresa Deel 2 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Moeder Teresa Deel 2 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #401569
    pieterdeklerk
    Moderator

    Moeder Teresa Deel 2

    Alvorens ek aangaan met hierdie skrywe wil ek net weer duidelik stel.

    Hierdie is geen aanval op haar nie, maar ek gee slegs inligting deur.

    So kom ons gaan aan.

    TOESPRAAK BY DIE “WORLDWIDE RETREAT FOR PRIESTS OCTOBER 1984

    a) ‘Met die woord van ‘n priester word hierdie stukkie brood die liggaam van Christus, die Brood van die Lewe’.
    b) ‘Sonder ‘n priester, sonder dat Jesus saam met hulle gaan, sou ons susters nêrens kon gaan.’
    c) ‘Wanneer die priester daar is, dan kan ons ons altaar en ons tabernakel en ons Jesus hê. Slegs die prieter plaas Jesus vir ons daar — Jesus wil daarheen gaan, maar ons kan hom nie bring nie alvorens jy [die priester] Jesus vir ons gee nie. Dit is waarom ek so lief is vir priesters. Ons sou nooit kon wees wat ons is en die dinge doen wat ons doen sonder julle priesters eers Jesus vir ons bring nie.’
    d) Maria — is ons beskermer en ons Moeder en sy lei ons altyd na Jesus.’

    Is dit werklik die Jesus wat ons dien wat sy hier beskryf.

    Na Moeder Teresa se dood het haar groot vriend en biografie skrywer gesê dat hy haar op ‘n stadium direk gevra het of sy ooit mense tot bekering lei. Haar antwoord was,’natuurlik lei ek mense tot bekering. Ek bekeer jou om ‘n beter Hindu of ‘n beter Muslin of ‘n beter Protestant te word. Wanneer jy God gevind het dan is dit vir jou om te besluit hoe om hom te aanbid.

    Die 7/13 April 1990 uitgawe van Radio Times verhaal die storie van Moeder Teresa wat herberg gebied het aan ‘n ou Hindu priester. “Sy het hom haarself versorg en het hom gehelp om met sy eie gode herenig te word.”

    Die volgende vraag is toe op ‘n stadium aan haar gestel.

    “‘Hierdie mense wat wag om te sterf. Wat sê jy aan hulle om hulle voor te berei vir die dood en ewigheid?

    Haar antwoord was; ‘Ons sê aan hulle om tot hulle Bhagwan, hulle gode, te bid.’

    Sy het hierdie Hindu wat besig was om te sterf opdrag gegee om opreg tot hul Hindu afgode te bid en dit was haar oortuiging dat indien hy dit doen, God hom beslis nie sal oordeel nie!

    Boeke van die lewe word geopen

    Terwyl Moeder Teresa deur baie “Christen” leiers die etiket gegee is as die grootste moderne era voorbeeld van ‘n “Christen”, is dit dus noodsaaklik om verder na haar teologiese en geloofs oortuigings te kyk uit ‘n Bybelse perspektief. Die werk “Mother Teresa — A Simple Path” bevat dekkings notas wat die werk verklaar as ‘n “Unieke Geestelike Gids”

    Dus kan ons uit hierdie werk ‘n idée vorm wat haar geloofs oortuigings was. ’n Paragraaf in die Voorwoord gee ons die fondasie vir die lees en verstaan van hierdie gids.(Source: A Review of A Simple Path, by L. Barnes):

    (Die Christelike manier was nog altyd om God lief te hê en jou naaste soos jouself. Tog het Moeder Teresa, dalk met die invloed van die Ooste, ses stappe daar gestel om vrede in onsself en in ander en wat deur enige ander geneem kan word—self die ongelowige met geen godsdienstige oortuiginge of van ‘n godsdiens anders dan Christen—- sonder aanstoot ten opsigte van oortuiging of gebruike.

    Dis om hierdie rede dat wanneer die woorde van MoederTeresa of haar gemeenskap gelees word, mag ons, indien ons so verkies, die verwysing na Jesus vervang met die verwysing na ander gode of simbole van heiligheid.)

    Haar ses stappe om vrede te bewerkstellig is; stilte, gebed, geloof, liefde, diens en vrede. Vir diegene wat nie mooi weet of hulle aan enigiets glo nie, stel Moeder Teresa voor hulle probeer klein dade van liefde teenoor ander en glo sy sterk aan gebed vir almal. Sy het geen probleem ondervind om saam met Hindus, Muslims en ander gelowe te bid nie. Drie bladsye van voorbeeld gebede het die opskrif “Jy mag Jesus vervang met God indien jy nie ‘n Christen is nie. (.(Source: A Review of A Simple Path, by L. Barnes):b. 35).

    In die hele 184 bladsye is daar nêrens eenkeer gestel dat redding slegs deur Jesus kom nie. Sy skryf, “I’ve always said we should help a Hindu become a better Hindu, a Muslim become a better Muslim, a Catholic become a better Catholic” (p. 31). Daar is geen poging om ander te laat weet dat Jesus die enigste weg is nie. Daar is geen getuienis dat of Moeder Teresa of haar “susters” geglo het aan die smalweg soos Jesus gesê nie.

    Matt. 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan
    14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

    Een van die “Sisters” Sister Theresina verwys in die “Gids” na wat vir hulle die woord van God is. (‘Wanneer ons uitgaan bid ons die Rosary” — Dis ons wapen, die woord van God.’)
    Johannes 1:1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. So wie is die Woord? Ek glo maar weereens die Bybel. Dis my fondasie

    Die volgende is uittreksels van ‘n onderhoud wat gevoer is met ‘n Katolieke non, “Sister” Ann, wat werksaam was in Kathman-du, Nepal, in Moeder Teresa’s se organisasie “Missionaries of Charity”. Hierdie onderhoud was gevoer op 23/11/84 by die Pashupati Temple:

    V: Glo jy dat indien hulle sou sterf terwyl hulle werklik geglo het in Shiva of in Ram [Hindu gode] hulle wel hemel toe gaan?
    A: Ja, Dit is hulle geloof. My eie geloof sal my na God toe lei, … So indien hulle sterk geglo het in hulle god, dan sekerlik sal hulle gered wees.

    V: Dit wil voorkom asof die Katolieke Kerk in vandag se tyd niemand meer probeer tot bekering lei nie. Ek is bewus daarvan dat John Paul II verklaar het dat persone van ander gelowe ook gered is. Jy glo dus nie dat hulle elk geval verlore is nie, is dit reg?
    A: Nee, hulle is nie verlore nie. Hulle is gered volgens hul eie geloof, weet jy. Indien hulle ook al glo wat hulle glo, dit is hulle redding.

    Ooglopend dan, Moeder Teresa was ‘n pantheist en ‘n Universalist.

    Universaliste huldig die standpunt dat Muslims, Hindus, en ander nie-Christene wel hemel toe kan gaan sonder die reddende geloof in Jesus Christus; Hulle is diegene wat glo dat sulkes wat opreg hulle eie geloofs oortuigings of godsdienste uitleef wel gered sal word. Moeder Teresa het selfs so ver gegaan om aan Muslims te gesê het hulle aanbid dieselfde God as die Christene. “Sy noem selfs athieste ‘Communists Children of God’!

    SORG SENTRUMS

    Christopher Hitchens, in sy boek The Missionary Position: Mother Teresa in Theory and Practice (Verso: 1995) sowel as in sy televisie program, het hy Moeder Teresa baie sterk gekritiseer. Hy het die uiters swak toestande in haar sorgsentrums gedokumenteer. Die ongunstige swak toestande wat geheers het, was ten spyte van die miljoene dollars wat sy jaarliks ontvang het van skenkers.

    Die sorgsentrums was ongelooflik primitief, onwetenskaplik en ver agter enige verwagtinge van wat die mediese wetenskap bied. Daar is tereg gesê dat sy net na die sterwendes kon omsien, want as ‘n persoon enigiets anders benodig het, dan om te sterwe, sy niks werkliks anders gehad het om te offer nie.

    Hitchens het haar nie beskulding van ‘n tekort aan passie, medelye of van wreedheid ten opsigte van haar pasiente nie. Die probleem was eerder haar Rooms Katolieke Kerk se geloofs lering dat persoonlike lyding bydra tot jou redding en saligheid. Jesus is nie genoeg nie, jy moet nog ly op aarde. Hoe meer jy ly op aarde hoe korter die tyd wat in die Vagevuur deurgebring moet word. Sy het geglo dat lyding goed was en het geen pynstillers in haar klinieke gebruik nie. Sy het selfs gesê dat die lyding van die armes iets baie mooi is om te aanskou en dat die wêreld baie baat vind en gehelp word deur die edele voorbeeld van lyding en ellende.

    Baie Katolieke priesters en nonne, tot op hede dra onderklere van growwe vessel. Hul sit klippies in hul skoene, gesel hulself en probeer om op sulke maniere die hemel te bereik deur lyding. Net soos sy gehoop het om haar plek in die hemel te verdien deur lyding, net so het Moeder Teresa gehoop sy help ander om deur lyding waaraan sy hulle onderwerp het, die hemel te help beërwe.

    Kom ons kyk na Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

    Vir diegene wat verdere inligting wil hê aangaande bogenoemde selfstraf kan gerus Charles Chiniquy se ‘50 Years in the Church of Rome’ lees. Dit is ‘n boek wat ‘n persoon diep invat in die donker wêreld van Rome.

    Moeder Teresa was ook betrokke in die “Summit for Peace” in Assisi, Italy, in November 1986. Hierdie godslasterlike gebeds byeenkoms was gereël deur Pous John Paul II en was bygewoon deur leiers van baie veskillende godsdiens groepe insluitend Hindu, Buddhist, Islamic Shinto, Sikh, en selfs die Noord Amerikaanse Indiane – almal wat hande geneem het vir wêreld vrede (11/10/86, Time magazine, pp. 78-79). Daar was slang aanbidders, vuur aanbidders; so om en by 160 gelowe was verteenwoordig.

    In Moeder Teresa se dagboeke wat in 12/2002 in Italie gepubliseer is, beskryf sy verskriklike, knaende twyfel wat haar 50 jaar van haar lewe agtervolg het. Die Italiaanse nuusblad Il Messeggero het soos volg berig, “Die werklike Moeder Teresa was ‘n vrou wie vir een jaar ‘n visie gehad het en vir die volgende 50 jaar twyfel— tot haar dood.”

    In 1958 skryf sy soos volg, “My glimlag is ‘n groot mantel waaronder menige pyn verberg word.” In nog ‘n ander skrywe sê sy: “Die vervloektes van die hel lei ‘n ewigdurende straf want hulle het ge-eksperimenteer met die verlies van God. In my eie siel voel ek die verskriklike pyn vanweë die verlies. Ek voel dat God my nie wil hê nie, dat God nie God is nie en dat hy nie werklik bestaan nie..”

    Dit is so ‘n weerspreking van haarself. Almal word gered, net die Vage Vuur bepaal die tyd van lyding tot hemel kom; dan maak sy so ‘n stellng.

    Geliefdes, lees wat sê God hier vir ons; Teresa kon gestil gewees het, indien sy maar net hierdie versekering geken en verstaan het.

    1 Johannes 5:11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
    12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
    13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

    Hierdie noodkreet van verlorenheid van Moeder Teresa is hartroerend. Dis of ek die wanhoop ervaar in haar noodkreet. Na alles was sy ook net ‘n feilbare mens wat Jesus so nodig gehad het om Sy verlossing te ervaar.

    Efsiërs2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
    9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

    Sy was op 4 September 2016 gekanoniseer, wat meen sy is as ‘n Heilige verklaar deur die Rooms Katolike Kerk en haar dag van geboorts van 5 September as haar eie feesdag.

    Ek hoop so dat sy voor sy haar laaste asem uitgeblaas het sy wel Jesus ontmoet en aanvaar het.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.