NEGE EFF-PARLEMENTSLEDE MET NÓG ‘N MAAND GESKORS
Die Nasionale Vergadering (NV) se magte en voorregte komitee het die EFF se nege parlementslede, wat voorheen skuldig bevind is dat hulle die parlement geminag het, nog ‘n maand geskors en hewige boetes van tot ‘n maand se salaris opgelê.
Die EFF LP’s moet ook aan die president en die parlement om verskoning vra.
Die LP’s sluit in Naledi Chirwa en woordvoerder Sinawo Thambo, wat skuldig bevind is nadat hulle president Cyril Ramaphosa se presidensiële begrotingsrede op 9 en 10 Junie 2022 ontwrig het.
Die ANC se adjunk-hoofsweep Doris Dlakude sê die straf is regverdig, maar die EFF se regsverteenwoordiger, Mfesane Ka-Siboto, sê die komitee het dubbel standaarde en dat die party moontlik die howe sal nader vir verligting.
BRON:Nege EFF-parlementslede met nóg ‘n maand geskors – Pretoria FM