Loving Life TV

OOS-KAAPSE BOER OP PLAAS AANGEVAL

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. OOS-KAAPSE BOER OP PLAAS AANGEVAL

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #386919
    Nat Quinn
    Keymaster

    Oos-Kaapse boer op plaas aangeval

    ’n Oos-Kaapse boer is Donderdag vroegoggend op sy plaas in die Ida/Indwe-omgewing oorval en aangerand. Die man kon hom en sy vrou gelukkig in die plaashuis toesluit en die aanvallers het eindelik laat spaander.

    Andre Basson (62) het omstreeks 07:00 in die tuin op sy plaas Mama gewerk toe twee persone hom genader het onder die voorwendsel dat hulle werk soek. Daar was in dié stadium geen werkers op die plaas nie en die aanvallers het Andre skielik met ʼn panga en ʼn kierie bygedam.

    Andre het hom teëgesit voordat hy die plaashuis ingehardloop het en hom en sy vrou, Cathy, in die huis toegesluit het.
    Die aanvallers het probeer om toegang tot die huis te verkry, maar uiteindelik bes gegee en op die vlug geslaan.

    Andre het egter verskeie beserings tydens die aanval opgedoen en moes mediese behandeling ontvang. Cathy is ongedeerd.

    Die verdagtes is egter nog op vrye voet.

    Peter Cloete, president van Agri Oos-Kaap, doen nou ʼn beroep op die publiek om alles moontlik te doen sodat die aanvallers aan die pen kan ry.

    “Ons bevind ons in ʼn uiters wisselvallige ekonomiese klimaat met landbou wat druk vanuit alle oorde beleef. Die absoluut minste wat ons regering en wetstoepassingsagentskappe vir ons kan doen, is om ʼn veilige plek te bied om te woon en sake doen.
    “Landbou vorm die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie en as ons nie ons boere beskerm nie, sal die mense van hierdie land nie kan eet nie. Veiligheid en sekuriteit is ʼn basiese mensereg en geen burger van hierdie land behoort in vrees te lewe nie.

    “Hierdie land behoort aan sy mense, en as die regering en sy aangestelde amptenare nie hierdie basiese dienste aan sy mense wil verskaf nie, sal ons maatreëls tref wat nodig is om onsself te beskerm,” sê Cloete.
    https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/oos-kaapse-boer-op-plaas-aangeval/

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.