Loving Life TV

Optog na Roedtan-landdroshof beplan ná moord op plaasboer-ONDERSTEUN ASSEBLIEF

Home Forums ATTACKS AND MURDERS ON OUR SOUTH AFRICAN FARMERS. Optog na Roedtan-landdroshof beplan ná moord op plaasboer-ONDERSTEUN ASSEBLIEF

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #58203
    Nat Quinn
    Keymaster
    Willem Petzer, openbare figuur, het vroeër vandag ‘n videoplasing gemaak van ‘n beplande optog na die Roedtan-landdroshof na die wrede moord op plaasboer Nicky Janse van Rensburg.
    Nicky is op Vrydag 7 Oktober op die plaas Derde Kraal in Roedtan, Waterberg-distrik, in Limpopo na bewering eers gemartel deurdat hy met ‘n staalpyp geslaan is en daarna doodgeskiet.
    Verdagtes het met ‘n wit Toyota Corolla op die plaas aangekom en ‘n jong man wat daar was, oorval en vasgebind. Terwyl hy in die huis bewaak is, het van die verdagtes Nicky en Katryn Grobler, sy lewensmaat, ingewag. Hulle is ook oorval, vasgemaak en eise vir geld en wapens is gemaak, waarna Nicky doodgeskiet is. ‘n Plaaswerker het die volgende oggend die hulpkrete gehoor, waarna die polisie ontbied is.
    “Hendrik Botha, voorsitter van Roedtan-Suid se Boerevereniging, reël ‘n opmars na die Roedtan-landdroshof, wat op 24 Oktober sal plaasvind.”
    “Indien jy beplan om deel van die mars te wees, moet jy reeds 08:00 vir 09:00 daar wees.”
    Petzer het te kenne gegee dat hy self daar sal wees.
    “Organiseerders vra dat swart kruise op ‘n voertuie gesit word. Die organiseerders sal die opmars goed georganiseerd hou. Geen moeilikheid word verwag nie.”
    Petzer vra dat die video gedeel word sodat ‘n groot groep mense betrokke raak, omdat aksie beter is as praat.
    Hy verduidelik dat die boodskap wat deur die opmars uitgebeeld sal word, wyer as Suid-Afrika se grense versprei moet word.

     

    Kyk: Optog na Roedtan-landdroshof beplan ná moord op plaasboer (find-it.co.za)

     

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.