Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 08 Desember 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 08 Desember 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #431386
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania in die kollig by Verenigde Nasies: “They are not breaking any laws”

    Orania se unieke aard het al meer as eenkeer internasionale aandag getrek. Daar word gereeld op die globale politieke verhoog na Orania verwys, dikwels as voorbeeld (positief of negatief) en soms in belangstelling. Vandeesweek het Orania egter ‘n belangrike gesprekspunt tussen die VN en Suid-Afrika se verteenwoordigers geword.

    Die Verenigde Nasies se komitee vir die ‘eliminasie van rasdiskriminasie’ (CERD) het op 27 November 2023 in ‘n gesprek met staatsverteenwoordigers van Suid-Afrika verskeie vrae oor Orania gestel. Hierdie lyn van vrae het ingeskakel by die VN se breër konteks van vrae oor ‘die verduideliking van apartheid in skoolkurrikulums’, ‘regstelling van die foute van die verlede’ en vrae oor raswette in Suid-Afrika. Die komitee het aan die Suid-Afrikaanse afvaardiging gevra of die “stad Orania met slegs blanke inwoners” ‘n probleem in ‘n “post-Apartheid’ Suid-Afrika skep.
    Die Suid-Afrikaanse afvaardiging het die vraag beantwoord deur te stel dat Orania privaatgrond is, en dat Oraniërs nie die wet oortree nie. Hy het ook baie klem daarop gelê dat “ander rasgroepe in Suid-Afrika nie regtig ‘n aptyt het om Orania-inwoners te word nie” (omdat Orania ‘n Afrikanergemeenskap is.
    Elke bietjie erkenning vir ons saak is en bly goud werd!

    Jy kan Orania ondersteun deur ‘n vriend van Orania te word. Volg die skakel hieronder.
    Ons het elkeen nodig om te help bou aan ons vryheidsideaal!

    Screenshot 2023-12-08 124608
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider
    Clanwilliam
    Divider

    Sesde ‘Tuin tot Tafel’ straatfees

    Hoe vier ‘n gemeenskap dankbaarheid, saam?

    ‘n Groep Orania dames het die tradisie begin om die eerste naweek van Desember ‘n Orania ‘Tuin tot Tafel’ straatfees te reël. Hierdie fees, soos wat mens uit die naam kan aflei, is ‘n openbare straatfees waar alle gemeenskapslede kan saamkom en groente en vrugte uit hulle tuine, vars brode uit hulle oonde of selfverwerkte vleise op ‘n groot tafel sit vir almal om te deel.
    Om saam te eet is iets wat ‘n gemeenskap saam, in dankbaarheid, doen. Die sesde Tuin-tot-Tafel straatfees is die afgelope Saterdag gehou. Daarom is dit ‘n voorreg om ‘n straat vir verkeer te kan sluit, en plek te maak om saam te kuier.
    Volgens die organiseerders is die idee is dat daar in dankbaarheid teruggekyk word op ‘n jaar vol van seëninge, en met hoop na die komende jaar te kyk.
    Deelnemers het wit klere aangetrek vir eenvormigheid en pragtige foto’s.
    Dankie vir die organiseerders en almal wat gehelp het om die aand ‘n sukses te maak!

    Foto’s Gaste by die Tuin-tot-Tafel Straatfees.

    S8
    407749182 738450691642183 7529774202908353944 n
    407861623 738450871642165 8556498194627772697 n
    407466554 738450754975510 3702779023325620043 n
    Divider
    VKN advertensie nuut
    Divider
    WhatsApp Image 2023-09-18 at 15.57.58
    Divider

    Orania se watersuiweringsinfrastruktuur opgradering: kapasiteit verdubbel

    Orania se Dorpsraad beplan wat infrastruktuur betref reeds vir 10 000 Orania inwoners. Met ‘n groeikoers van net onder die 15% per jaar, is dit krities om vooruit te beplan! Een van die belangrike verbeterings wat pas gedoen is, is die opgradering van Orania se watersuiweringstelsels.
    Hierdie nuutste opgraderings by die watersuiweringsaanleg het, volgens die Dorpsraad se ingenieursafdelingshoof Andre van Heerden, hulle kapasiteit om water te suiwer verdubbel!
    Die opgradering, wat ‘n geskatte R1.8 miljoen gekos het, sluit siviele werke, elektriesekoppelings en -integrasie en meer in. Dit beteken dat die nuwe stelsel nie net groter kapasiteit het nie, maar ook baie meer doeltreffend werk en geoutomatiseerd kan werk. Dit is lekker om die uiters arbeidintensiewe werking van die ou stelsel agter te laat, terwyl die nuwe stelsel met watervlakskakelers selfregulering kan doen, en suiweringschemikalieë akkuraat kan doseer.

    Wat verder belangrik is, is dat die nuwe stelsel modulêr opgradeerbaar is, en dat daar, saam met Orania se groei, ook fases bygevoeg kan word.
    Die nuwe stelsel kan ‘n addisionele een miljoen liter water elke 24uur suiwer!

    FotoOrania Dorpsraad se spanne in aksie met die installering

    GAQgR6eWkAAMdGY
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Helpsaamfonds: R100 000 aan skole in Orania

    Die Eben van Zyl Trustfonds se jaarlikse donasie is deur die Orania Beweging se Helpsaamfonds aan Orania se twee skole oorhandig. Die toedeling, wat pro rata volgens die hoeveelheid plaaslike skoliere verdeel word, kan gemaak word omdat ‘n testamentêre bemaking wat na mnr van Zyl se dood aan skoolopleiding in Orania geskenk is. Die geld word belê en die opbrengste word jaarliks aan Orania se skole uitbetaal.

    Die Orania Beweging se Helpsaamfonds bestuur die fondse en die Orania Koördinerende Onderwysraad se bestuur is toesighoudend gekoöpteer.
    Jy kan ‘n donasie aan die Helpsaamfonds, of die Eben van Zyl trustfonds maak! Volg die skakel hieronder om ‘n toekoms vir jong Afrikaners te help bou!

    Foto 1Abraham van Zyl (Voorsitter OKO heel regs) en Joost Strydom saam met onderwysers en personeel by Volkskool Orania. Carel Boshoff (skoolhoof) ontvang die tjek.
    Foto 2Abraham (heel links) en Joost Strydom by Johan de Klerk (skoolhoof) en Marlize van Zyl, van Orania CVO-Skool.

    407382424 736606698493249 2840252030447260878 n
    407418152 736606605159925 4678678529682620005 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider
    Groeifonds Advertensie elektronies reg

    Nuwe klaskamers vir Bo-Karoo Opleiding

    Op 5 Desember het Appie Pienaar namens Eendracht die sleutels vir die nuwe tegniese werkswinkels en klaskamers aan Paul Vogel, BKO (Bo-Karoo Opleiding) se uitvoerende hoof, oorhandig.
    Al drie tegniese lyne, Bou en siviel, elektries en loodgieters, gaan klaskamers in die nuwe geboue kry. Daar is ook BKO personeel wat oorskuif.

    Paul het verder gesê dat beide personeel en studente opgewonde is om die nuwe geboue te betrek.
    Bo-Karoo Opleiding se personeel is reeds besig met die inrigting van die fasiliteite en volgens die personeel sien hulle uit om studente in 2024 hier op te lei.

    Foto 1 Personeel en ontwikkelaars tydens die openingsgeleentheid
    Foto 2 Appie Pienaar oorhandig die sleutels aan Paul Vogel.
    Foto 3 Een van die nuwe geboue.

    408111751 858063492990686 372057606886848047 n
    408169582 858063419657360 5682220196842058481 n
    408145111 858063502990685 2556050571179788423 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Jeugkorps leer Orania jongmense vasbyt

    Doret le Cornu

    Ses weerbaarheidskampe het hierdie jaar weer die geleentheid aan Orania se jongmense gebied om hul limiete te toets.

    Hierdie opleidingskampe, aangebied deur Orania Veiligheidsdienste (OVD), word vir die afgelope paar jaar in en om Orania vir jongmense van beide geslagte en verskillende agtergronde aangebied.
    Theuns Wessels, weerbaarheidsbestuurder by OVD, sê dat Jeugkorps tot stand gekom het met die doel om vir jongmense die geleentheid te gee om die Orania manier van dink en doen deur dissipline en deursettingsvermoë te leer ken. Hy sê ook dat alhoewel daar deur die jaar ‘n helfte van die groep nie kon deurdruk nie, die wat tot die einde vasgebyt het waardevolle vaardighede en samewerking geleer het.
    Studente, jong werkendes en skoliere het vroeg in die jaar met die eerste Jeugkorps kamp weggespring en deur die loop van die jaar met opleiding van kenners vaardighede soos veldmobilisering, skietkuns, navigasie en radio prosedures aangeleer en ingeoefen. Met ‘n betaalbare koste van minder as R200 per kamp word ‘n uniform en meeste kos en drinkgoed aan rekrute voorsien. Wessels sê daar word deurlopend daaraan gewerk om die kampe meer volhoubaar en toeganklik te maak, en tans word daar ook hard aan 2024 se Jeugkorps beplan.

    Aan die einde van die jaar word ‘n uittreeparade met die oorhandiging van ‘n Jeugkorps hoed gehou vir die rekrute wat die jaar suksesvol voltooi het. Soos vorige jare word hierdie rekrute wat Jeugkorps geslaag het ook uitgenooi om opkomende kampe as junior leiers by te woon.

    Foto’s Die Jeugkorpsuitklaarparade.

    405254638 3216571338476722 7675323457880361927 n
    406746218 3216571285143394 1434451966451152996 n
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider

    Studente sluit jaar af deur aan gemeenskap terug te gee

    Doret le Cornu

    Bo-Karoo Opleiding se Tuisversorger studente het die jaar op ‘n hoë noot afgesluit deur die leisels vir ‘n oggend by Karoosig Aftree-oord oor te vat terwyl die personeel by hul jaarlikse afsluiting was.
    Suster Almarie Krüger, dosent by Bo-Karoo Opleiding en ook voormalige personeellid by Karoosig Aftree-oord, het saam met ‘n handvol Tuisversorger studente die personeel afgelos en die verantwoordelikheid op hulle geneem om na Orania se bejaardes om te sien.
    “Na ‘n jaar waar ons die bejaardes op persoonlike vlak leer ken en ‘n verhouding met elkeen gebou het, was dit ‘n hoogtepunt om vir die laaste keer tyd met hul te spandeer,” het een van die studente gesê. “Ek gaan dit so baie mis wanneer ek volgende jaar na my tuisdorp teruggaan!”
    As deel van hul praktiese opleiding het die studente deur die loop van 2023 in Orania se gemeenskap gewerk, onder andere by Karoosig Aftree Oord, Orania Helpmekaar, en verskeie kleuterskole en dagsorgsentrums.
    Nog ‘n student sê dat sy baie geleer en gegroei het by die verskillende werksplekke. Sy beplan om volgende jaar in Orania aan te bly om as versorger te werk en sodoende verder aan die gemeenskap terug te gee.

    “Oral in die land is daar ‘n behoefte aan versorgers,” sê suster Almarie Krüger. “Hier by Bo-Karoo Opleiding poog ons om die studente die vaardighede wat hul in teorie geleer het, prakties te laat toepas sodat hulle voorbereid die werksplek omgewing mag betree.”

    Foto’s: Tuisversorgerstudente tydens opleiding in Orania.

    TV1
    TV2
    Divider
    Erwe advertensie 02

    Boekdrukkery open deure in Orania

    Doret le Cornu

    Kameelberg, ‘n besigheid enig en uniek van soort in Orania, is in Maart 2023 begin deur Carel en Yolandi van der Berg, en fokus op IT ondersteuningsdienste en die uitgee van boeke.

    Yolandi, wat die afgelope paar jare boek drukkery as stokperdjie opgeneem het, het teen die einde van 2022 op versoek van ‘n skrywer boeke begin uitgee, en binne maande het die aanvraag so gegroei dat Carel ook meeste van sy aandag aan die drukkery moes gee.
    Vir Carel en Yolandi is dit belangrik om die moontlikheid daar te stel vir Oraniërs en mede-Afrikaners wat die behoefte het daaraan om boeke uit te gee. ‘n Drukkery in ‘n klein dorpie is uitsonderlik, maar in ‘n plek soos Orania wat wil produseer en groei is dit ook deel van die uitbou van die dorp se toekoms.
    Carel sê dat dit vir sommige mense nie sin maak om ‘n drukkery te open en soveel moeite en tyd daaraan te spandeer terwyl daar in grootmaat goedkoper opsies is nie. Dit is vir Kameelberg egter belangrik om die vermoë in Orania te skep en die moontlikheid daar te stel vir ons eie mense wat die behoefte daaraan het om boeke uit te gee. Kameelberg uitgewers is nie gefokus op massa produksie nie, maar gee eerder aandag aan die fyner besonderhede wat ‘n boek ‘n goeie, lekker leesbare, aantreklike leesstof maak.
    Yolandi meen dat mense Orania en selfwerksaamheid wil ondersteun, en die drukkery is een van die maniere hoe dit moontlik gemaak word. Van die uitleg van die boek, die vou en ryg van katernes, tot die plak en heg van buiteblaaie en verpakking, word alles self bewerk. Onlangs kon Carel en Yolandi spog met ‘n ware Orania produk in die vorm van ‘n boek waarvan alle komponente in Orania vervaardig en gemaak is.
    Carel en Yolandi se vooruitsig is om hul kennis en vaardigheid in die drukkery te verbreed, sodat hul topgehalte produktekan voorsien aan hul kliënte.
    “Ons is baie trots daarop om deel te wees van ‘n proses soos hierdie, veral omdat die eerste van sy soort op Orania is,” sê Carel. “Ons sien vreeslik uit na wat die toekoms vir ons mag inhou!”

    Foto : Buiteblaaie word by Kameelberg gelamineer

    Kameelberg1
    Divider
    HOA OB Old logo

    x

    Divider
    Screenshot 20221129 194313
    Divider
    PIETER BISSCHOFF
    Divider

    facebook instagram twitter youtube
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.