Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 11 Maart 2024

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 11 Maart 2024

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #441935
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Eie energie: ORASOL-span toets Orania se battery

    ORASOL is Orania se eie energie-instelling en die oprigter van Orania se eerste gemeenskapsonplaas. ORASOL se besturende direkteur, Riaan Jacobs, het pas in Orania teruggekom na ‘n besoek aan die grootste sonkragfabriek in die wêreld: Sungrow. Riaan se taak? Gaan maak seker Orania se pasvoltooide battery en omsetterstelsel werk funksioneel en is gereed vir verskeping!
    Energie onafhanklikheid is ‘n sleutelwoord vir Orania. Sonder om beheer oor eie energie te hê, is daar geen vryheid nie. Praktiese realiteite bou aan politieke realiteite. Orania droom al sedert sy ontstaan oor energie-onafhanklikheid.
    ORASOL is twee jaar gelede in die lewe geroep om fase vir fase Orania na hoër vlakke van energie-onafhanklikheid te neem. Die plan was om met beleggerskapitaal ‘n sonplaas op te rig, daaruit ‘n wins te verdien, en die wins te gebruik om verdere infrastruktuur te ontwikkel.
    Hierdie plan se sukses is tasbaar, insover ORASOL onlangs nóg meer as 400kWp se kapasiteit tot die projek kon toevoeg.
    ‘n Volgende baie belangrike fase is nou besig om aan te breek: ‘n battery wat die hele Orania se energiebehoeftes deur beurtkrag sal dra.
    Riaan Jacobs het pas ‘n internasionale reis na Sungrow se fabriek in Sjina onderneem, waar hy saam met Sungrow se verteenwoordigers van Suid-Afrika, en groothandelaar Herholdts se ingenieurs, toesig gehou het oor die toetsing van Orania se battery en omsetterstelsels.
    ORASOL is hartlik verwelkom by Sungrow . Die reuse fasiliteit strek oor 90 hektaar, en ‘n sonpaneel word elke sekonde van elke dag vervaardig.

    Orania se twee skeepsvraghouers vol batteryselle, wat ‘n kapasiteit van 4.8mWh het, sal Orania deur beurtkrag dra as oorbruggingskapassiteit en sal Orania DV van ses uur soggens tot tien uur saans beurtkragvry maak!
    Na Riaan en die span die inspeksie bygewoon het, is die houers onmiddellik vervoer en behoort dus tans, terwyl u hierdie nuusbrief lees, êrens op die see op pad na Orania te wees!
    ‘n Omvattende proses, wat insluit battery-infrastruktuurontwikkeling, koppeling, en toetsing, lê in Orania voor en dit sal nog ‘n paar maande duur. Die ORASOL-span, Dorpsraad en kontrakteurs berei reeds voor vir die aankoms en daarna die installeringsproses. Dit is ‘n groot projek, met reuse praktiese en finansiële implikasies, maar Orania kan nie bekostig om langer van ESKOM se onbetroubaarheid afhanklik te wees nie. Die gemeenskap, die landbousektor en ekonomie moet funksioneer in ‘n groeiende Orania. Terwyl die Dorpsraad ook privaatontwikkeling (huis- en besigheidsonkragstelsels) insentiviseer, moet ‘n gemeenskapsoplossing ontwikkel word vir ekonomie van skaal en gedeelde dienste.
    Ons kyk opgewonde na die toekoms en bou in geloof aan hierdie projek!

    Foto’s van bo na onder.
    Foto 1 Riaan Jacobs by die Sungrow fabriek: Orania se battery as onlangs deur alle toetse gesit!
    Saam met hom Bertus Schreuder van Sungrow Suid-Afrika, twee Sungrow ingenieurs, en Lucas Scholtz elektroniese ingenieur van Herholdts.
    Foto 2 Orania se battery: Tans op die water op pad na Orania!

    429915733 792452202908698 3338898488736784271 n
    431525977 796650272488891 5524655999863858494 n
    1111
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider

    Penuel oor Orania: Hoe word daar deur ‘n eksterne bril na Orania gekyk?

    Die bekende podsending-aanbieder Penuel Mlotshwa het Orania onlangs besoek en onderhoude oor die gemeenskap se plan, vordering, bestaansredes en meer gedoen. Hierdie onderhoud is onlangs, na ‘n proses van redigering, gepubliseer.

    Nameer as 60 000 kyke en honderde kommentare, ‘n veldbrandverspreiding (“trend”) op X (voorheen Twitter), en nuusmedia wat met nuwe oë en aandag na Orania kyk, kan ons beslis sê die onderhoud met Penuel Mlotshwa was ‘n sukses. Penuel het Orania vir twee dae met ‘n hoogs gesofistikeerde en goed toegeruste kameraspan besoek en onderhoude met Joost Strydom van die Orania Beweging, Carel Boshoff van die Vryheidstigting en ander gedoen. Penuel en sy span het van Orania se suksesvolle infrastruktuurprojekte besoek, gesien hoe Oraniërs van alle agtergronde eie tuin- en huiswerk doen, en vrae gestel oor Orania.
    Hier is die eerste onderhoud oor Orania, kyk gerus daarna!

    Screenshot 2024-03-11 184228
    Divider
    20240222 Ruspunt Advertensie Vars weergawe 002
    Divider

    Vloedskade in Orania: groot herstelwerk gedoen

    Ons het onlangs op Orania se sosiale media verslag gedoen oor vloedskade wat die dorp getref het. Veral Aan-die-Oewer het ernstige skade gehad met ‘n groot deel van ‘n terras wat weggespoel het en ‘n groot erosiesloot gelaat het.

    Dorpenaars se poging om as gemeenskap saam te werk, verdere skade te keer te midde van nog reënbuie wat op pad was, het baie aandag op sosiale media uitgelok. Donasies het selfs ingestroom om persone wat skade gely het by te staan.
    Hier is heelwat herstelwerk gedoen en binne twee maande is reuse vordering gemaak!

    Dr Louis Bothma het hierdie foto op sosiale media gedeel, wat die verskil tussen 30 Desember en 27 Februarie uitwys.

    FotoFoto’s deur dr Louis Bothma

    GHbTRaoWoAAdYjb
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Kom kuier by Orania in Pretoria

    Afrikaners het steeds baie vrae oor Orania en vir baie van ons volksgenote is hierdie juweel van ’n plek nog ’n ver en misterieuse bestemming, wat net-net buite bereik van ’n naweekwegbreek is.
    Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM), ’n instelling van die Solidariteit Beweging het besluit om hierdie uitdaging die hoof te bied deur die ‘pad’ tussen Orania en die grootste Afrikaner-sentrum korter te maak. ’n Kantoor is in Januarie vanjaar in Pretoria geopen, juis met die doel om enige belangstellendes, soos voornemende inwoners, sakemanne en beleggers met raad en daad by te staan.
    OOM se Pretoria-kantoor is getaak om enige vooroordele en persepsies wat mense oor Orania het uit die weg te ruim voordat die lang pad na hierdie vooruitstrewende Afrikaner-gemeenskap in die Bo-Karoo aangedurf word.
    Kom kuier by Du Preez de Villiers om meer uit te vind. Hy is die skakelbeampte in OOM se kantoor in AfriForum se gebou in Kloofsig.
    Die bekendstellingsgeleentheid van OOM se Pretoria-kantoor vind oor twee weke by die indrukwekkende Sol-Tech kampus in Monumentpark plaas. Nooi almal wat jy in daardie geweste ken om met Oraniërs te kom skouers skuur en uit te vind van die moontlikhede wat Orania vir jou as Afrikaner kan bied.
    Ons gaan gesels oor stadbou, Oom Paul se nuwe standbeeld, beleggingsmoontlikhede, Orania-vraagstukke en allerhande maniere hoe jy in die kleine of in die grote by Orania betrokke kan raak.
    Klik die skakel hieronder om te bespreek.

    FotoJy word uitgenooi na die bekendstellingsfunksie van Orania Ontwikkelingsmaatskappy se Pretoria-kantoor.

    426686521 791912872962631 9203790091835871254 n
    Divider

    Duitse TV in Orania: “30 Jaar na Apartheid”

    Duitse Televisie ZDF in Orania, vir ‘n dokumentêr oor “Suid-Afrika: 30 jaar ná Apartheid”.
    Wat sou jy sê; is ‘n plek soos Orania nodig 30 jaar in die “nuwe Suid-Afrika” in?
    Baie dankie vir elke lid van die Orania Beweging wat ons ondersteun in projekte soos hierdie, wanneer Orania se saak vir die internasionale wêreld gestel moet word!

    Foto’s:

    Paul Vogel, hoof van Bo-Karoo Opleiding in Orania , verduidelik waarom hy, sy vrou Jani en hulle kinders Orania as tuiste gekies het.

    Joost Strydom van die Orania Beweging neem die joernaliste op ‘n dorpstoer en antwoord vrae oor Orania.

    429799433 796085782545340 8426945571783607091 n
    431496201 796085945878657 6414551184895790855 n
    429591572 796085915878660 7279734901772683507 n
    Divider

    Mooi hoogtepunte verwag by vanjaar se O/23-Bokkietoernooi

    Daar word vanjaar ongeveer 280 spelers en 80 beamptes verwag by die O/23-Bokkietoernooi wat van 21 tot 23 Maart op Orania sal plaasvind.
    Ds. Peter Stans, Hoof Uitvoerende Beampte van Bokkieweek, sê die bestuur sien daarna uit om woemahokkie (Aksiehokkie) vir die eerste keer by hierdie toernooi aan te bied. “Niks minder nie as ses unies sal aan die Woemahokkietoernooi deelneem. Soos altyd, sal die 7’s rugby en-netbal ook aangebied word.”

    AfriForum, die hoofborg, help met fondse en struktuur om die toernooi moontlik te maak.
    Die toernooi begin op 21 Maart en ná die dag se spel word daar gewoonlik aan die spelers en beamptes heerlike ontspanning gebied. Dit sluit die tradisionele ken-mekaar-braai vir spelers en spanne in waar almal saam om die braaivleisvure kan kuier.
    Spelers en ondersteuners sien ook uit na die jaarlikse Mej. Sprankelbokkie-kompetisie. ‘n Heerlike sokkie volg na die kroning van die gekose wenner.

    Na die spel op Saterdag 23 Maart, sluit die Bokkietoernooi af met die prysuitdeling en die jaarlikse Cantus.
    Ds Stans sluit af met die opmerking: “Ons vertrou dat die toernooi soos in die verlede weer mooi hoogtepunte sal bereik.”

    Foto 1Rugby- en Netbalaksie by vorige Bokkieweek-geleenthede in Orania.

    408895385 791294893024429 5189133436149270253 n
    428486060 791294926357759 3612911177909501798 n
    425390672 791294923024426 857603269520962813 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Orania Beweging Ledenaweek: Laaste kans om te RSVP

    Lede van Orania Beweging het onlangs uitnodigings ontvang om 2024 se ledenaweek by te woon. Die 2024-ledenaweek, met die titel “Orania: die alternatief”, sal fokus op parallelle stelsels, alternatiewe oplossings en die Orania-idee.

    Lede van die Orania Beweging en Raadslede (wat die verkose bestuur is) kom in Orania byeen. Nie-lede is egter ook welkom om die uiters interessante sprekers se aanbiedings by te woon. Elke spreker se lesing word oor ‘n ete aangebied, en nie-lede kan navraag doen oor koste.
    Kom geniet die naweek saam met ons, en kuier heerlik terwyl die Orania-idee weer vanuit verskillende perspektiewe bekyk word!
    FotoDie naweekprogram.

    OB JAARKONGRES 2024
    3
    Divider
    Groeifonds Voorgrond Advertensie Maart 2023 copy

    Orania, ‘n ware gemeenskap in praktyk

    Wat maak Orania anders as die oorblywende funksionerende dorpe of stede in Suid-Afrika? Die antwoord hierop is gesetel in die breë Orania-gemeenskap wat verantwoordelikheid vir mekaar, maar ook hul gemeenskaplike toekoms, neem. Inwoners werk kollektief mee om ‘n gesonde en vooruitstrewende gemeenskap daar te stel.
    Orania Helpmekaar is ‘n mooi voorbeeld van so ‘n gemeenskapsinstelling wat vir en deur Oraniërs opgerig is. Maatskaplike uitdagings word proaktief deur bekwame, goed opgeleide maatskaplike-werkers hanteer. In die reël word daar op die groei en ontwikkeling van mense gefokus. Op so ‘n wyse word verseker dat uitdagings effektief, tot voordeel van die individu, maar ook die gemeenskap, hanteer en opgelos word.
    Die inwoners waardeer die belangrike taak wat Orania Helpmekaar verrig en ondersteun hul gevolglik met woord en daad, ook op finansiële gebied. Verskeie instellings bied byvoorbeeld aan hul werknemers die geleentheid om maandeliks ‘n bedrag van hul salarisse te laat verhaal wat aan Helpmekaar oorbetaal word. Ander instellingsse personeel hou weer fondsinsamelings- projekte ten bate van Helpmekaar. Die meeste fondse is egter afkomstig uit skenkings/aftrekorders van die gewone man op straat.
    Orania Helpmekaar is ‘n toonbeeld van wat gedoen kan word as ‘n gemeenskap in sy geheel inkoop op ‘n projek. Nie net word geloofwaardigheid by oud en jonk bevorder nie, maar word volhoubaarheid ook daardeur verseker. Persone wat graag meer oor Orania Helpmekaar se projekte wil uitvind of as ‘n donateur ‘n bydrae wil lewer is welkom om met Hannelie Schwartz by Hannelie@oraniahelpmekaar.co.za of 053 030 0000 in verbinding te tree.

    FotoOrania Helpmekaar.

    WhatsApp Image 2024-01-18 at 11.26.49 af7ea0d4
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Oraniër beklee Akademia se ereleerstoel in kultuurkritiek

    Carel Boshoff, hoof van die Vryheidstigting, het op 29 Februarie as bekleër van die NP van Wyk Louw-ereleerstoel van Akademia ‘n openbare lesing aangebied wat, soos vorige jare, toeskouers dieper laat nadink het.

    Die NP van Wyk Louw-ereleerstoel vir kultuurkritiek is in 2021 in samewerking met die FAK gevestig en mnr. Boshoff staan sedertien aan die hoof van dié erestoel. Die amp wat Boshoff beklee, kan met dié van ’n ereprofessor vergelyk word. In dié amp hoop hy om kritieke denke oor die kultuur van die Afrikaner, met vrae oor die waarde, toekoms en plek van Afrikanerkultuur binne die breër Suid-Afrikaanse konteks aan te moedig.
    Nadat Akademia besluit het om ereleerstoele te vestig, is hierdie een van verskeie wat die akademiese struktuur van Akademia verder uit bou.. So word daar gepoog om die kultuur van navorsing aan Akademia te ontwikkel en om die bevestigde ideaal van die instelling te ondersteun.
    Boshoff, alom bekend as ‘n kenner van NP van Wyk Louw, word as geskikte kandidaat vir die bekleding van die ereleerstoel erken. Verskeie van sy publikasies en onder andere ‘n boek, het gehandel oor NP van Wyk Louw en Boshoff het in sy sienings menige aanknopingspunte as grondslag vir Akademia uitgelig.
    As bekleër van hierdie ereleerstoel word mnr. Boshoff per geleentheid uitgenooi na aktiwtiteite en deelname aan verskeie geleenthede by Akademia. Dit is egter die bekleër van die leerstoel se verantwoordelikheid om een keer per jaar ‘n lesing aan te bied. Boshoff het in sy lesing onder andere die belangrikheid van die samehorigheid van ‘n gemeenskap genoem. Dit kan gebou word deur die ryk kultuur en tradisies van ‘n volk te behou, en wat ‘n groep individue tot gevolg het wat saam kan vra na wat die regte grondslag en rede vir ons handeling, manier van doen en late is. Deur hierdie vrae te vra kan die gemeenskap saam uit hul kultuurhistoriese agtergrond en Bybelse, filosofiese, asook regskundige bronne antwoorde vind wat die groep ‘n vaste basis gee om vanaf te bou en te groei.
    Hierdie ereleerstoellesing van mnr. Boshoff was die eerste van verskeie wat vanjaar op die NP van Wyk Louw-sentrum se program is.

    Foto 1:
    Prof. Pieter Duvenage (links), dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia, saam met Carel Boshoff (regs) wat aangewys is as die bekleër van die NP van Wyk Louw-ereleerstoel.
    Foto 2:
    Carel Boshoff bied sy jaarlikse openbare lesing aan.
    Foto 3:
    Dr. Daniël Maritz, bestuurder: NP van Wyk Louw-sentrum, saam met Carel Boshoff, prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia, en Daan Goosen, spesialis: Vormingsideaal.

    Artikel-6-Desember
    Picture1-1-768x512
    WhatsApp Image 2024-03-06 at 16.31.21 c131970b
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider
    WhatsApp Image 2024-02-16 at 12.31.40 10c21a12

    BKO stel nuwe tegniese werkswinkels bekend

    BKO (Bo-Karoo Opleiding) groei teen ‘n geweldige spoed en daarom moes hulle hul opleidingsfasiliteite uitbrei. Die fasiliteite is ingerig met kantoorspasie vir akademiese personeel, drie klaskamers en twee werkswinkels vir die bou- en siviele konstruksie-, loodgieter- en elektriese studente en hul eerste kuierstoep. Die studente het vanaf Januarie 2024 in hierdie splinternuwe fasiliteite begin klasdraf.

    Die nuwe fasiliteite is op 28 Februarie 2024 bekendgestel aan die gemeenskap waar die kuierstoep ook ingewy is.

    “Ons is dankbaar aan almal wat ‘n aandeel gehad het in die oprigting van die fasiliteite. Ons sien uit om nog baie studente hier op te lei.” – Paul Vogel, Uitvoerende hoof van BKO.

    Aansoeke vir 2025 maak 3 April 2024 oop. Kom studeer by BKO en skep vir jou ‘n hoopvolle toekoms op die kampus sonder mure!

    Foto onder: BKO se nuwe werkswinkels
    Foto heel onder Rynhardt Coetzee, die sermoniemeester aan die woord.

    BKO-werkswinkels
    Screenshot 2024-03-11 192802
    Divider
    Erwe advertensie 02

    Orania hys Vryheidsvlag

    Op 7 Maart het die die Orania Bewaringstigting weer die Vryheidsvlag laat hys as simbool van die vryheid waarna ons strewe.
    Om half sewe die oggend het ‘n groepie Oraniërs voor die Orania Kultuurhistoriesemuseumbymekaargekom en toegekyk hoe die Orania-Jeugkorps die vlaghysing met die nodige respek waarneem .
    Só word ons vryheid weer afgestof, ‘n vryheid waarvoor ons voorvaders gestry het, en nou ‘n stryd wat ons verantwoordelikheid is. Ons word herinner aan dít wat die vlag verteenwoordig, naamlik ‘n betuiging van dankbaarheid teenoor die HERE vir sy hand in ons vryheidstryd deur al die jare heen, ‘n herdenking van ons voorgeslagte se opofferings vir hul vryheidsideale, en om hierdie nagedagtenis lewend en brandend in ons nageslagte se harte te laat.
    Die Orania Bewaringstigting, gestig deur die Orania Beweging, Orania Ontwikkelingsmaatskappy en die Orania Dorpsraad, is saam met sy lede daartoe verbind om ons kultuur- en natuurhistoriese erfenis te bewaar as deel van ons Christelike kultuuropdrag. Met die hysing van die Vryheidsvlag word hierdie tasbare simbool ook ‘n aanmoedigende bydrae tot ons strewe na vryheid, nie net in Orania nie, maar oral waar Afrikaners se harte vir die vryheidstryd klop. Met trots het die toeskouers toegekyk hoe die vlag stadigaan, in die lig van die eerste sonstrale, sy weg na bo maak, totdat hy uittroon bo elkeen se kop en in die oggendwind wapper.
    Ná die vlaghysing is daar saam koffie en beskuit geniet voordat elkeen weer teruggekeer het na hul verantwoordelikhede, werk, en verrigtinge. So veg elkeen voort aan ‘n toekoms in ons dorp, ‘n plek waar die Vryheidsvlag vir lank nog sal wapper.

    Foto’s Die Vryheidsvlag by die Kultuur-Historiese Museum gehys.

    431250610 796034125883839 3132663718510467029 n
    431211639 796034185883833 6966734627808623183 n
    Divider
    HOA OB Old logo
    Divider

    Boermedia in gesprek met Orania

    Die onafhanklike mediablad “Boermedia” het onlangs met twee Oraniërs onderhoude gedoen, met spesifieke temas rondom Orania se groei, Artikel 235 en die Afrikanerakkoord.

    Tiaan Theron het ‘n onderhoud met Joost Strydom fasiliteer, wat strek van SABRA en AVSTIG wat aanleiding gegee het tot Orania se stigting, tot die aankoop van Orania se battery.
    Carel Boshoff kon heelwat meer uitbrei oor die ontstaansgeskiedenis van Orania in ‘n onderhoud met Koot van der Ryst.
    Orania-ondersteuners kan gerus na beide video’s op Boermedia kyk:

    Screenshot 2024-03-11 194139
    Screenshot 2024-03-11 194316
    Divider
    Screenshot 20221129 194313
    Divider
    PIETER BISSCHOFF
    Divider

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.