Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 14 April 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 14 April 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #400157
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania Beweging Ledenaweek: 35 jaar gevier

    Die Orania Beweging se 35ste ledenaweek is op die naweek van 17-19 Maart in Orania aangebied. Die Orania Beweging se Raadsvergadering, ledevergadering en verskeie sosiale geleenthede met kundige sprekers het alles deel van die program uitgemaak.

    Lede het van regoor die land, van die Kaap tot Gauteng, gery om die Orania Beweging se 35ste ledenaweek by te woon. Tydens die geleentheid het drie kundige sprekers aanbiedings gedoen. Prof Matie Hoffman oor ligbesoedeling (nee dis nie ‘n spelfout nie!) en volhoubare ontwikkeling, Dr Jan Jooste oor nuwe moontlikhede vir energie, en mnr Albert van Zyl oor die endemiese korrupsie en staatskaping in Suid-Afrika en idees vir bekamping daarvan in die volgende fase van Afrikanergeskiedenis.
    Tydens die ledevergadering het Joost Strydom terugvoer gegee oor die Orania Beweging se vordering vir die jaar, internasionale skakeling, projekte, ledewerwing, ontvangs van gaste, fondsinsamelingprojekte en meer. Frans de Klerk, hoof van die finansiële komitee het terugvoer gegee oor die Orania Beweging se finansies en nuwe raadslede en uitvoerende raadslede is verkies.
    Die naweek is afgesluit met die jaarlikse gesamentlike erediens wat vanjaar deur die Hervormde kerk aangebied is.

    Foto’s van bo na onder:
    Gaste by die aankomsete
    Joost Strydom, uitvoerende hoof, aan die woord by die geleentheid.
    Dr Jan Jooste oor nuwe geleenthede en energie
    Lede eet en kuier saam

    IMG 1232 00
    337513077 209331998409924 7569643948096110239 n
    336801743 964882481201424 1348154045307851135 n
    336808810 3089686521340933 6574856668686176272 n 1
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    Waarom word Stigtingsdag in Orania gevier?

    BEGIN EN EINDE?

    In Orania is 6 April ‘n openbare vakansiedag: Stigtingsdag.
    Waarom vier ons Stigtingsdag? Stigtingsdag is oorspronklik gevier as die aankomsdag van Jan van Riebeeck in die Kaap van Goeie Hoop, wat uiteindelik aanleiding sou gee tot die begin van ons volksbestaan.
    In Orania word kulturele vakansiedae hoofsaaklik vir twee redes gevier, die begin en einde van dinge. Majubadag se oorwinning en die einde van die Eerste Vryheidsoorlog teen die Britte op 27 Februarie, teenoor die hartseer van 31 Mei se Bittereinderdag en die einde van die Tweede Vryheidsoorlog. Taaldag op 14 Augustus vier die begin van ‘n eie taal, en selfs 16 Desember kan op ‘n manier as ‘n nuwe begin gesien word.

    Orania gebruik ons eie vakansiedae om duidelik te kommunikeer wie en wat ons is, en hoe ons ons Geloof, taal en kultuur vier. Dus; deur dit meelewend te vier, posisioneer OraniĂ«rs onsself as ‘n spesifieke groep mense- met die reg op ons eie ruimte en toekoms.
    Stigtingdag vier egter ook die begin van Orania. Meer spesifiek die koop van die dorp op 13 April 1991. Die idee is egter ouer, die ‘stigting’ van die Orania-idee kan seker op verskillende plekke in die geskiedenis gesoek word. Is dit so oud soos ons Protestante herkoms? So oud soos ons Republikeinse oorsprong? Soek ons dit by SABRA se werk; toe eie arbeid al in die 1950’s duidelik gestel is as die enigste oplossing? Of soek ons dit by die Afrikanervryheidstigting se ontstaan in 1988?
    Almal en elkeen is ewe goed, almal is belangrik.
    Ons vier egter ‘n dubbele Stigtingsdag vandag in Orania; 6 April 1652 en 13 April 1991.
    Ons kan ons hele geskiedenis herdenk. Vandag dink ons egter ook baie spesifiek aan Afrikaners wat ‘n baie belangrike ‘Rubicon’ van hulle eie oorgesteek het.
    Die Orania idee het op 13 April 1991 deur die moed van oortuigde, dappere, visionĂȘre Afrikaners, die Orania Werklikheid geword.
    Vanjaar val Stigtingsdag as deel van ‘n ander naweek, waar Christene oor die wĂȘreld ook onthou dat ons die Ware Vryheid gekry het- wat niemand ons kan ontneem nie.
    Orania – Vryheid in ons tyd!

    Foto: Prof Carel Boshoff, een van die Orania-idee se pioniers.

    340114502 1908456262850479 5427009057668559470 n
    Divider

    Volkslied-kompetisie skakeltoer

    Op 27 & 28 Maart het vier verteenwoordigers van OkeR (Orania Kunsteraad) ‘n skakeltoer na Pta onderneem. Anje Boshoff, Yolandi Roets, Carel van den Berg en Christiaan van Zyl het verskeie afsprake met joernaliste en mediahuise gehad.
    Dit het Forum nuus, Maroela Media, Pretoria Fm en Beeld ingesluit.
    Hulle het ook die geleentheid gebruik om bande met Afriforum Teater te bou vir toekomstige samewerkings.
    Hulle is orals gasvry ontvang en wil hulle dank uitspreek aan almal wat betrokke was.
    Lees meer oor die kompetisie:

    Foto’s: Die span by verskillende media-instellings. VLNR op die boonste foto is Christiaan van Zyl, Anje Boshoff, Yolandi Roets en Carel van den Berg.

    338423056 1207810659789199 3616468140493582501 n
    338412977 176750441435803 2170122821775701432 n
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Oraniërs presteer!

    Baie geluk aan dié twee Oraniërs wat beide met lof graadvang aan die NWU se Potchefstroomkampus. Cara Tomlinson en Marie-Louise Denysschen ontvang beide hulle grade in Kommunikasie, beide matrikulante van Cvo Skool Orania
    Baie geluk dames! Mag daar ‘n blink toekoms vir julle voorlĂȘ.

    Foto: Marie-Louis (links) en Cara na afloop van die gradeplegtigheid.

    340968139 985497445691675 5456566217247223206 n

    Foto: Cara (regs) en Marie-Louise (links) beide het hulle grade met lof verwerf.

    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Orania Beweging personeellid vereer vir 20 jaar se getroue diens

    Coraine Oosthuizen is vandeesmaand by die Orania Beweging se ledevergadering vereer vir 20 jaar se getroue diens aan dié organisasie. Baie geluk Coraine, en baie dankie vir jou lojaliteit.
    Coraine is die administratiewe hoof van die Orania Bewegingkantoor, en ‘n rots van diensbaarheid en korporatiewe geheue!

    Foto’s: Coraine Oosthuisen ontvang ‘n sertifikaat van Joost Strydom, na haar 20 jaar van getroue diens.

    336780992 607466854220389 3163250561106524066 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Wat is ‘n Afrikanerleier?

    Die Orania Beweging se nuutste uitgawe van ‘Voorgrond’ ons ledetydskrif, handel oor leierskap.
    Wat is die eienskappe van goeie Afrikanerleiers? Wie was ons grootste leiers deur die geskiedenis?
    Antwoord hierdie vrae in die vorm hieronder en miskien publiseer ons jou antwoorde!

    Divider

    Orania In Beweging: reeks se laaste episodes

    Die Orania Beweging se uiters gewilde reeks “Orania in Beweging” kry tans duisende kyke op Youtube. Daar het reeds nege episodes van hierdie reeks, wat volgens die aanbieder, James Kemp, “die daaglikse lewe in Orania op ‘n ligte wyse aanbied”, verskyn en die tiende en laaste episode sien eerskomende Dinsdagaand die lig.
    Die reeks behandel temas soos simboliek, veiligheid en mediese dienste in Orania, opleiding en skole, en Orania se groeiplanne.
    Orania ondersteuners kan hierdie reeks gratis kyk by die skakel hieronder.
    Laat weet ons gerus hoe julle die reeks vind!

    FsUu-eWXgBM56Od
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider

    Orania se plaaslike beroepopleidingsinstansie se studieaansoeke is oop vir 2024

    Bo-Karoo Opleiding (BKO) spog die jaar met ‘n 25% groei in studentegetalle. Die studente kom van heinde en verre, selfs van NamibiĂ«, om by die kampus sonder mure ‘n kwalifikasie te kom verwerf.

    Die studente neem deel aan ‘n unieke studentelewe ervaring. Die koshuise kompeteer weekliks teen mekaar in sport- en kultuuraktiwiteite vir die koshuisbeker en sorg vir hope pret deur die loop van die jaar.

    Met die groei wat BKO beleef, is uitbreiding in fasiliteite ‘n noodsaaklikheid en het die bou van tussentydse werkswinkels alreeds begin. Die planne vir nuwe koshuise en kantore word die jaar gefinaliseer vir verdere groei.

    BKO bied vyf studierigtings aan vir jong Afrikaners wat hulself beter wil toerus in Bou en Siviele Konstruksie, Elektries, Loodgieter, Tuisversorging of Boerderybestuur. Maak seker jy doen aansoek by http://www.bokarooopleiding.co.za om BKO jou tuiste te maak vir 2024.

    Vryheid deur arbeid en opleiding!

    339261429 778572093818848 566868059274238769 n
    Divider

    Orania Netbalspan Wen Teen Solplaatjie Universiteit

    Geluk aan hierdie dames van Bo-Karoo Opleiding in Orania se netbalspan, wat Solplaatjie Universiteit 38-2 gewen het die naweek van die vyfde Maart. Dit het deel gevorm van die Frances Baard netballiga.

    331407653 900649187911903 5622869530284312873 n
    Divider

    Bo-Karoo Gemsbokke maak skoonskip tydens eerste #SportEnPotToer

    Ons rugby- en netbalspanne het die naweek van die 25ste Maart vir die eerste keer ‘n sporttoer gehad na Grootfontein Landboukollege in Middelburg, Oos-Kaap in samewerking met Die Gemsbok Sportinstituut.
    Die netbalspanne het al 4 hul wedstryde gewen:
    Wedstryd 1 – (A span) wen 26-16 – Grootfontein A
    Wedstryd 2 – (B span) wen 24-11 – Eagles
    Wedstryd 3 – (B span) wen 20-14 – Grootfontein B
    Wedstryd 4 – (A span) speel 3 kwarte telling 35-8 – Midros
    Die rugby 7s uitslae lyk as volg:
    Wedstryd 1 – BKG Blesbokke (0) vs Grootfontein 1 (24)
    Wedstryd 2 – BKG Bontebokke (7) vs Grootfontein 2 (45)
    Wedstryd 3 – BKG Gemeng (14) vs Grootfontein 1 (38)
    Die toer is afgesluit met potjiekos en spanbou.

    Foto’s: Atlete in aksie op die netbalbaan en rugbyveld.

    338174397 170929245828008 2914757611963201517 n
    338004319 1399586814124904 3611741419655986647 n
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.