Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 14 November 2022

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 14 November 2022

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #382588
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Afvaardiging uit Vlaamse Parlement bring besoek aan Orania (Vlaams Belang samel €50 000 vir Orania-projekte in)

    Twee groepe amptelike besoekers vanuit die Vlaamse Parlement was van 3 tot 6 November in Orania. Die Parlementslede, almal lede van die party “Vlaams Belang”, is gelei deur Filip Dewinter (ondervoorsitter van die Vlaamse Parlement) en Johan Deckmyn (ondervoorsitter: komitee buitelandse sake). Orania het al vir lank ‘n goeie verhouding met Vlaamse Parlementslede, wat onlangs met die Orania Beweging se skakeltoer na Europa weer bevestig is. Die Vlaminge het egter ook €50 000 vir Orania ingesamel!

    Internasionale skakeling is uiters belangrik vir Orania se saak. Orania kan op die langtermyn nie oorleef sonder plaaslike en internasionale erkenning nie. Die Orania Beweging het onlangs ʼn internasionale skakeltoer onderneem waar daar, onder andere, met politici en vriende van ons saak in Vlaandere, Nederland, Duitsland en Suid-Tirool geskakel is. Dit het ook ʼn ontmoeting met die Vlaamse Vryheidsparty ‘Vlaams Belang’ ingesluit, en Filip Dewinter, ondervoorsitter van die Vlaamse Parlement, en ander parlementslede en senatore het die Oraniërs in sy Parlementêre kantoor ontvang.

    Filip Dewinter, en ‘n ander jarelange vriend van Orania Johan Deckmyn, het kort na die Orania Beweging se skakeling in Europa besluit om twee groepe Vlaamse Parlementslede na Suid-Afrika en natuurlik ook Orania te bring, waar hulle vir drie dae ontvang is vir skakeling, gesprek en sosiale geleenthede.

    Vasbyt: 60 km hardloop
    Een van die projekte wat die Vlaminge, onder leiding van die dorp Mol se Vlaams belang tak aangepak het, is ʼn 60 km vasbyt! Stef De Keyser, voorsitter van die tak, so die volle 60km hardloop met ondersteuners wat by die laaste 25km, 10km en 5km kon aansluit! Ondersteuners kon ook €1 of meer per kilometer borg.
    Om 10:15 op Saterdag 15 Oktober, het Stef weggespring met die belofte dat daar braaivleis en ʼn koue bier by die eindstreep wag!
    Ondersteuners het by Stef aangesluit by die verskillende afstande, totdat almal saam uiteindelik die laatmiddag in Antwerpen, by ʼn geesdriftige-wagtende skare aangekom het.

    €50 000 ingesamel vir?
    Die Orania Beweging het aan Filip en sy span ʼn breedvoerige voorlegging gedoen oor Orania, ons ekonomie en inisiatiewe, die kragkrisis in Suid-Afrika, bejaardesorg, en meer.
    Die Vlaminge het besluit dat hulle graag in twee projekte wil belê; eerstens in Afrikanerkinders by Orania se skole, met ʼn spesifieke fokus op behoeftige skoolkinders wat deur Orania Beweging se Helpsaamfonds bygestaan word, en tweedens ‘n belegging in Orania se pad na energieonafhanklikheid deur ORASOL (Orania se eie sonplaas).

    Leeuvlag uit 1890
    Die Vlaminge was ook vurige ondersteuners van die heldhaftige Boererepublieke wat die Britse Ryk in die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë uitgedaag het. Paul Kruger se besoeke aan Nederland en Vlaandere het destyds miljoene ondersteuners gelok. Filip Dewinter het ‘n ware museumstuk na Orania saamgebring, ‘n vlag wat van geslag na geslag oorgedra is: ‘n Vlaamse-Leeuvlag, handgeweef in 1890 met die Vrystaatse en Transvaalse Republiekvlae bo-aan!
    Filip het die vlag tydens die aanbieding in Orania uitgestal, en later foto’s van die vlag by die Kruger-borsbeeld in Orania geneem.

    Mag die vriendskap tussen Vlaminge en Afrikaners van krag tot krag gaan!

    314733098 10229076028709561 1651650598572941135 n

    Foto bo: Filip Dewinter en Johan Deckmyn oorhandig die €50 000 aan Joost Strydom van die Orania Beweging
    Foto’s onder:Vlaamse Parlementslede in Orania. (VLNR Alexander van Hoecke, Joost Strydom, Johan Deckmyn, Steven Creyelman,
    Kristof Slagmulder.
    )

    314122766 10229076028589558 5589092673782386144 n
    313345505 10229076030389603 7394718503386572075 n
    314378058 10229076029229574 7372380239222662407 n

    Foto: Vlaamse Vlag uit 1890 met Boererepublieke se vlae op

    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider

    Hoe werk Orania Dorpsraad werklik?(Gawie Snyman aan die woord)

    Het jy al gewonder hoe Orania se Dorpsraad werk?
    Hoe berei Orania Dorpsraad voor vir 10 000 inwoners?
    – Sedert Orania se ontstaan, 31 jaar van skoon, ongekwalifiseerde munisipale oudits.
    – ‘n Unieke munisipale-stelsel.
    – Voorbereiding vir groei in inwonertal.
    – Hoe werk grondeienaarskap in Orania?
    – Wat is die pad vorentoe?
    Al hierdie en meer in hierdie gesprek: Joost Strydom van die Orania Beweging gesels met Gawie Snyman, Uitvoerende Hoof van die Dorpsraad.

    Thumb met Gawie
    Divider

    Orania skolier kompeteer by Grey-College atletiekgeleentheid

    Kevin Joubert, ʼn tuisskoler van Orania, het op 15 Oktober met van die land se top skoolatlete op die atletiekveld gaan kragte meet.
    Kevin het, in sy eie woorde, as tuisskoolleerder min geleentheid om aan kompeterende atletiek deel te neem. Hy kon egter inskakel by Volkskool Orania se kleuresport en ʼn jaarlikse atletiekbyeenkoms in Hopetown. Kevin beoefen ʼn wye verskeidenheid van sportsoorte, insluitend velditems soos diskus, gewigstoot en spiesgooi en by die baanitems veral korterafstand naellope. Na ʼn goeie prestasie in die 400 m, het hy besluit om sy fokus ten volle hierop te plaas. Sy ouers het hom gehelp om ʼn afrigter te vind, en sedert Junie 2022 het Kevin met sy ma en afrigter se hulp gefokus begin oefen.
    Kevin het die geleentheid gekry om by die Grey/Oranje Prestige atletiekbyeenkoms op 15 Oktober deel te neem en het onmiddellik daarvoor begin voorberei. Hy het sy ASA (atletiek Suid-Afrika) registrasie deur Orania Atletiekklub gedoen. ʼn Harde oefenprogram om sy spoed, stamina en die tegniese aspekte van die 400 meter te verbeter/bemeester het gevolg en Kevin het ses dae per week voorberei vir sy item. Dit sluit onder andere ʼn spesifiek-uitgewerkte program by die Gemsbok Sportinstituut in Orania in.
    Kevin het op die 15 de Oktober teen van Suid-Afrika se top atlete (onder andere beide SA nommer 1 en 2 atlete in die items), saam met atlete van 17 ander skole deel geneem. Vir die 400 meter het Kevin ʼn agtste plek losgehardloop en met die 200 meter kort daarna, het hy 15de geëindig nadat hy drie van die vyf uitdunne kon voltooi.
    “Lank terug het ek al na daardie tartar-atletiekbaan gekyk en vir my ouers gesê ek wil daarop kompeteer, nou het ek die geleentheid gekry! Ek het baie geleer en wil daarop voortbou. Volgens Kevin begin hy binnekort met sy voorseisoen-program. “My volgende doelwit is om te kwalifiseer vir Griekwa-kleure en daarna … SA’s!”

    WhatsApp Image 2022-11-14 at 15.52.07

    Foto: Kevin in aksie!

    Divider
    Orania Rek
    Divider
    Tuisversorging advertensie
    Divider

    ʼn Ererol vir Koeksister-baksters!

    Afrikanervroue het deur die eeue met koeksistergeld kerke, skole en meer gebou. Verenigings is op die been gebring, armes is gehelp en kinders het skool en universiteit toe gegaan met koeksistergeld.
    Lank voor dagbreek het Afrikanervroue weggetrek om koeksisters te bak, en groot bakens is met koeksistergeld in Suid-Afrika opgerig. Om ʼn verskil in haar gemeenskap te maak is Lida Strydom in 2002 geïnspireer om ʼn vroue-vereniging met die naam ‘Kaalvoet’ op die been te bring.
    ‘Kaalvoet’ verwys natuurlik na Kaalvoet oor die Drakensberge (eerder as om onder Britse heerskappy te bly). Hierdie opmerking is deur Susanna Smit, die Kaalvoetvrou, verewig. Kaalvoet se eerste projek was die oprigting van die Koeksistermonument in Orania, wat vandag al baie bekend is! Christiaan van Zyl, Orania se argitek, het die projek destyds voorgestel.
    Kaalvoet het onlangs die besluit geneem om ʼn ererol van koeksistersbakkers op te stel, vroue wat met die bak van koeksisters ʼn wesenlike bydrae in hulle gemeenskap gelewer het. Die eerste name op hierdie ererol is onlangs bekend gemaak, en die toekenning van die orde van die koeksister is oorhandig aan ʼn groep vroue van die AP Kerk se Pretoria-Oos-gemeente.
    Hier oorhandig Hester van Zyl, Christiaan se eggenote en dogter van ds Adam en tannie Adelaide Boshoff, die eerste toekennings.
    Vroue wat hulle gemeenskappe gedien het, kan deur instellings soos ʼn kerk of ʼn skool genomineer word om hulle name op die ererol te plaas. Daar is ʼn koste aan nominasies verbonde. Doen gerus navraag by lida@orania.co.za

    Foto 1 vlnr: Hester Boshoff, Hester van Zyl, wat die toekennings namens Kaalvoet oorhandig het, Cora de Beer, Lina Dorfling, Theunie Bruwer, Elsabé Louwrens. Voor vlnr: Ansie Zeeman en Marietjie Bester.

    313167899 486600940160494 1842916762131660726 n
    313291785 486603930160195 6429283066431426897 n
    312386594 486603940160194 5105974000459680328 n

    Foto’sLida Strydom teken die sertifikaat, wat op die linkerkantste foto gewys word.

    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Volkskool Orania-optog: dank vir Vlaamse skenking

    Volkskool Orania het hulle dank en meelewing betuig aan ons Vlaamse vriende, Stef de Keyser en Filip Dewinter, se inisiatief om Orania en in die besonder, ons skoliere, te ondersteun.
    As gebaar van meelewing het die skool se leerders op Vrydag 14 Oktober ʼn roete binne Orania, met 20 Vlaamse Leeuwe (Vlaamse Vlag) omhoog, tot by die Orania Beweging gestap, waar hulle ʼn brief aan Joost Strydom oorhandig het.
    Wilmien Jansen van Vuuren, ondervoorsitter van die Senaat (hulle leerderleierskorps) het die boodskap, gerig aan die Vlaminge en die Orania Beweging, oorhandig en met hierdie stap het die skool betuig dat hulle in die gees saam met Stef de Keyser tydens sy 60 km draf was!

    311785931 5695028813885697 1477056828146219162 n

    Foto bo: Volkskolers stap deur Orania
    Foto onder: Wilmien oorhandig die brief van ondersteuning aan Joost Strydom

    311789481 5695028987219013 2338392699091494795 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Dienste: nuwe erwe word afgerond

    Die spoed van Orania se bevolkingsgroei bied geleenthede, maar dit beteken ook dat nuwe erwe baie vinnig gediens moet word. Die Orania Dorpsraad en ander privaat-instellings diens erwe in Orania om die aanbod-aanvraag van huise in Orania te help stabiliseer.
    Karoosig 4 is tans in sy finale fase van dienste, maar die meeste erwe is reeds uitverkoop en baie huise is reeds in aanbou of selfs voltooi.
    Neil de Klerk, hoof van Orania Dorpsraad se paaie-span, het foto’s van die padbou-proses aangestuur: ʼn getuigskrif van ʼn groeiende Orania!

    311166668 472491158238139 4572067372977765032 n

    Foto’s: Swaar masjienerie aan die werk soos paaie deur die Dorpsraad-span gedoen word.

    311293125 472491654904756 4294270487520515735 n
    311724423 472491271571461 3544855472852389749 n 1
    Divider
    Orania CVO Ad Voorgrond Aug 21
    Divider

    Orania se skole hou matriekafskeid

    Orania se twee skole, Volkskool Orania en Orania CVO-skool, is albei sowel hoër- as laerskole wat vir kinders in en om Orania hoë gehalte onderwys bied.

    Volkskool se Matriekafskeid
    Volkskool Orania het ʼn sterk afstandleerprogram, waar leerders elektronies inskakel en van studiesentrums of vanuit ʼn tuisskoolopstelling die skool se akademiese program volg. Elke jaar is daar ook ʼn slypskool, waar graad 12’s Orania besoek vir intensiewe eindeksamenvoorbereiding. Die Volkskoolmatriekafskeid vind ook tradisioneel in hierdie tyd plaas.
    Volkskool het vanjaar die baie interessante tema ‘Denim en Pêrels’ gehad, en dit is duidelik in die saalopstelling en kelners se kleredrag uitgebeeld!

    CVO-Skool se matriekafskeid
    Orania se CVO-Skool het ook ʼn prag matriekafskeid aangebied, dit was ʼn spogaand met pragtige motors, klere, kos, matrieks wat deur ʼn ring getrek kan word en ʼn lekker saamkuiergeleentheid. Die Graad 11 leerlinge het soos gewoonlik die aand gereël en as kelners opgetree. Die skool se matriekafskeidtema vanjaar was “Winter-wonderwêreld”, met blouligte, feeliggies en meer wat die atmosfeer help skep het.
    Hier is ʼn paar foto’s van die aand.

    CVO-Skool Foto’s:

    310540111 491161346359681 446519039138276001 n
    311770897 491161743026308 4456242021112546605 n
    311265738 491159243026558 3682982110384821579 n
    311455948 491161263026356 1585347399707049844 n

    Volkskool Orania foto’s:

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.