Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 14 November 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 14 November 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #428507
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Meer as 100 stene verkoop vir Krugerprojek

    ‘n Nuwe tuiste vir die Paul Krugerbeeld wat in Pretoria op Kerkplein staan, word in Orania beplan, of ten minste, ‘n tuiste vir ‘n presiese replika van dié beeld wat toenemend minder en minder welkom op Kerkplein blyk te wees. Terwyl politieke groepe soos die EFF al herhaaldelik vir die verwydering van die Krugerbeeld geroep het, en die plein self minder en minder toeganklik raak vir Afrikaners, onder andere weens veiligheidsredes, is Oraniërs en Orania-ondersteuners besig om self die oprigting van ‘n dié replika op Orania se nuwe stadsplein te befonds.

    Meer as 100 stene het nou reeds verkoop! Onder hierdie bydraers is Orania Beweginglede, vriende van Orania, Internasionale ondersteuners, Oraniërs en besighede in Orania en vele meer.

    Die Krugerbeeld-projek word befonds deur die verkoop van ‘stene’, en elke persoon wat wil bydra tot die bewaring van Afrikanererfenis op Orania kan ‘n steen teen R1000 koop en so deelneem aan die inisiatief.
    Die bewaring van Afrikanererfenis is in ons eie hande; en terwyl ons geskiedenis gevandaliseer, gekriminaliseer en selfs vernietig word, is ‘n generasie van Afrikaners besig om self verantwoordelikheid te neem om dit te bewaar in ‘n veilige tuiste.
    Neem gerus deel aan hierdie projek en wees deel van ‘n kulturele oplossing!

    Screenshot 2023-11-13 213958
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider
    EJ orania beweging adv
    Erwe advertensie 02
    Divider

    Parlementslid uit Europa besoek Orania

    Orania het heelwat internasionale vriende, dit is waardevol om vriende in die buiteland te hê wat ons saak verstaan en ons strewe help uitbou en beskerm. Een van Orania se groot vriende is die nasionalistiese Vlaamse party in België, Vlaams Belang.
    Johan Deckmyn is ‘n parlementslid vir Vlaams Belang, en ‘n ‘gemeenteraad’ (stadsraad) -lid in Gent. Hy is al ‘n vriend van die Afrikaner sedert die 1990’s en stap al ‘n baie lang pad met Orania. Vlaams Belang en Vlaminge het al verskeie projekte in Orania finansieel en andersins ondersteun en vriendskapbande is oor die jare gesmee.
    Johan het Orania weer onlangs besoek en die Orania Beweging het hom en ‘n reisgenoot uit Estland hier ontvang. Estland is ‘n interessante gevallestudie vir die Afrikaner, omdat dit ‘n klein etniese bevolking (ongeveer 1 miljoen Estlanders) met ‘n baie soortgelyke protestant-Christelike kultuur en werksetiek is, en wat ekonomies suksesvol is.

    Beide manne was bereid om op ‘n Saterdagmiddag met Orania Beweging-lede te gesels en het vrae oor die situasie in die Weste, Islamisering in Europa en die migrasievraagstuk, politiek, hulle insigte oor Suid-Afrika, die Afrikaner en meer beantwoord. ‘n Breedvoerige gesprek is ook oor vergelykings en kontraste tussen Europa en die situasie waarin Afrikaners hulleself bevind gevoer, en hoe ons van mekaar se probleme en oplossings kan leer.
    Die geleentheid is goed bygewoon en deelnemers het dit baie geniet.
    Die Orania Beweging het groot waardering vir sy internasionale vriende!

    Foto: Johan Deckmyn, parlementslid vanuit Vlaandere, aan die woord tydens ‘n sosiale funksie met Orania Beweginglede.

    WhatsApp Image 2023-11-13 at 21.47.22 3917a164
    Divider
    WhatsApp Image 2023-09-18 at 15.57.58
    Divider

    Orania Veiligheidsdienste slaan op koperdiewe toe

    Lede van Orania Veiligheidsdienste het saam met plaaslike boere en die SAPD in die vroeë oggendure van Donderdag 9 November ‘n suksesvolle reaksie-operasie uitgevoer en drie vermeende koperdiewe, wat die omgewing met kriminele aktiwiteite geteister het, gearresteer. Die verneemde misdadigers het ongeveer R300 000 se koper gesteel, en word moontlik verbind aan rooftogte en dwelmhandel.

    Orania Veiligheidsdienste (OVD) is ‘n professionele en geregistreerde veiligheidsmaatskappy wat ‘n vol filiaal van Orania Dorpsraad is, en dit ten doel stel om Orania en die omgewing veilig te hou en openbare orde te handhaaf. Die OVD personeel bestaan uit ‘n kombinasie van professionele en vrywillige lede (wat onder die Orania Weerbaarheidvereniging resorteer) waarvan sommige
    spesialisopleiding ontvang om hulle take te kan uitvoer.
    Lede van OVD het die afgelope week die aktiwiteite van ‘n kriminele bende wat die omgewing met misdaadaktiwiteite geterroriseer het, gemonitor. Na verskeie insidente waar veral koperkabels van spilpunte op omliggende plase gesteel is, het OVD se spanne en vrywilligers ‘n hommeltuig, honde, nagsigtoerusting en voorafopgestelde kameras op plase rondom Orania ingespan. Op Donderdag 9 November het lede van OVD, wat die OVD Taakspan, Reaksiespan, Reserwegroep en AfriForum Protospan insluit, weer berig gekry van ‘n misdaad wat in proses was en spanne het met hulle
    toerusting ontplooi. Van die spanne het as stoppergroepe opgetree, terwyl ander die verdagtes deur nagsigtoerusting
    dopgehou het, en deur radio-kommunikasie die spanne tot by die verdagtes gelei het.
    Toe die veiligheidspanne inbeweeg vir die arrestasie, het die vermeende diewe probeer ontsnap en is deur veiligheidspersoneel ingehaal. Drie verdagtes, twee diewe en die span se ontsnapvoertuigbestuurder, is gearresteer en ‘n saak is by die Suid-Afrikaanse polisie aanhangiggemaak. Die verdagtes word ook volgens SAPD inligting moontlik aan ander rowe en
    dwelmbedrywighede verbind.Orania se veiligheidsgroepe opereer goed saam met ander rolspelers en werk baie goed saam met die plaaslike boerderygemeenskap, ander veiligheidsgroepe en die SAPD.
    Theuns Wessels, weerbaarheidsbestuurder by OVD het gesê dat die verskillende spanne goed saamgewerk het tot ‘n gedeelde doel. “Ons kon daarin slaag om met samewerking en die aanwending van tegnologie effektief te ontplooi en weereens ‘n goeie wen vir die veiligheidspoging in die streek te kry.”
    Ettiene de Lange, hoof van OVD, het hierby aangesluit deur te sê dat deel van Orania se
    veiligheidstrategie daarin lê om die streek te help beveilig. “ ‘n Veilige streek beteken ‘n veilige
    Orania” het Ettiene gesê.
    Verteenwoordigers van die gemeenskap het hulle dank teenoor die spanne uitgespreek

    Foto 1: ‘n Verdagte is op beeld vasgevang deur nagsigkameras wat OVD en plaaslike boere vooraf in die veld opgestel het..
    Foto 2: OVD personeel tydens ‘n vorige beplanningsessie.
    Foto 3: OVD en noodmediese personeel tydens ‘n vorige aksie.

    401068672 724864403000812 1292980810195710973 n
    401142136 724864476334138 2094140624801196547 n
    398483677 724864349667484 59963722378664865 n
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Leer-My-Hoe-Proefplaasbekendstelling

    (Storie: BKO)

    Op 18 Oktober het Bo-Karoo Opleiding (BKO) ʼn groot tree in die rigting van volhoubare landbou-opleiding gegee, met die bekendstelling van die Leer-My-Hoe-Proefplaas.

    Gehalte landbou-opleiding is in groot aanvraag in Suid-Afrika. Bo-Karoo Opleiding (BKO) is in die hartjie van ʼn diverse landbou-omgewing geleë, wat ons studente die geleentheid bied om aan verskeie landboupraktyke blootgestel te word.

    Die kwalifikasie, ‘n Nasionale Diploma in Boerderybestuur, vereis dat studente praktiese kennis moet opdoen saam met die teoretiese kennis wat hulle in die klaskamer leer. Dit help om die leerproses beter te konsolideer en ʼn dieper begrip te bevorder. Daarom het BKO die noodsaaklike stap geneem om ons eie proefplaas te ontwikkel..

    “Hoewel die boere in die area ons goedgesind is en ons studente toelaat om praktiese ervaring op hul plase op te doen, het ons niks gehad wat ons ons eie kon noem nie. Toe AfriForum vir ons ʼn tonnel geskenk het, het ons nie gras onder ons voete laat groei nie en dadelik ingespring om hierdie eerste tree in die ontwikkeling van ons eie proefplaas te gee. Met die hulp van heelwat spesialiste het ons navorsing begin doen om te verseker dat ons op die regte pad is,” sê Marcel Badenhorst-Nieuwoudt, een van die Boerderybestuur-lektore.

    As eerste fase in die tonnel se ontwikkeling het die studente hul teoretiese kennis in gewaspraktyke getoets en toegepas. Tydens fase twee is studente se tegniese en siviele kennis getoets met die oprigting en herstel van die tonnelstruktuur. Vierhonderd tamatiesaailinge is onder drupbesproeiing geplant. Van volgende jaar af sal ander saailinge soos spinasie, pampoen, komkommer, ens. ook geplant word.

    “Een groot dryfkrag agter die oprigting van die tonnel was die moontlikhede wat dit vir opleiding aan ons studente, asook die gemeenskap bied. Die volhoubare bedryf van hierdie tonnel kan toegang tot landbouprodukte nader aan ons gemeenskap bring. Daar is ook heelwat navorsing wat hier gedoen kan word. Ons is van plan om ons boerderybestuur-kwalifikasie verder uit te brei om spesialisasie op gebiede soos plant- en veekunde moontlik te maak, om studente sodoende verder toe te rus,” sê Paul Vogel, uitvoerende hoof van Bo-Karoo Opleiding.

    Hierdie is een van vele treë wat BKO gee om volhoubare landbou-opleiding verder uit te brei. Volgende fasette sluit besproeiing, tegnologie, akkerbou, bemesting, landerye en lewende hawe in – alles met die groot doel om die Leer-My-Hoe-Proefplaas ten volle te benut en studente in staat te stel om met harde werk ʼn beter toekoms te bou.

    Foto: Studente en dosente van BKO se landboukollege tydens die proefplaasbekendstelling.

    File152-1536x1024
    20231018175038 IMG 0121-1536x1024
    400157951 774810161325797 9042025749936741783 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider
    Groeifonds Advertensie elektronies reg

    Vliegskool open sy deure in Orania

    “Springbok Orania”, so heet die splinternuwe vliegskool wat sy deure in Orania geopen het. Die inisiatief in Orania is nuut, maar die stigters is geensins groentjies in die lugvaartwêreld nie. Kaptein Flippen Vermeulen, Petro van Wyk en Johan de Lange het gekombineer derduisende vliegure en ervaring. Die vliegskool het op 11 November amptelik sy deure geopen, en die fasiliteite vir belangstellendes gewys. Johan, wat as instrukteur sal optree, het ‘n oorsig oor die kursusse en infrastruktuur gegee, terwyl Petro vertel het waar die idee sy oorsprong gevind het. Kaptein Flippie kon ook vanuit sy skatkis van ervaring ‘n aanbieding doen.
    Die vliegskool sal vanuit Orania funksioneer, en Afrikaners sal in hulle eie taal, op hulle uit tyd, opleiding kan doen.

    So groei Orania!

    FotoVlnr Johan se Lange (instr), Petro van Wyk, Chante Vermeulen, Flippie Vermeulen.

    400802470 122107197368104077 123359514518353817 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Stadsboufonds help met die vestiging van optieseveselnetwerk in Orania

    Die Orania Dorpsraad het ten doel om ‘n optieseveselnetwerk in Orania te vestig om vinnige, stabiele en bekostigbare internetdienste in Orania beskikbaar te stel. Hierdie projek is vooraf gegaan deur ‘n meesterbeplanning vir die installering van die veselnetwerk sowel as die inrigting van ‘n kuberkamer waarvandaan al die dienste versprei sal word. ‘n Datatoring is opgerig om toerusting te huisves wat bydra tot die totale internet- en kommunikasie oplossing.

    Die Dorpsraad beskik egter nie oor die kapitale vermoë om die hele dorp se veselnetwerk eenmalig te installeer nie en moet dit gevolglik op ‘n gefasseerde wyse doen. Dit is om hierdie rede dat die bydraes van die Stadsboufonds ‘n geweldige hupstoot aan die projek verleen het.

    Dit is juis in hierdie tye van beurtkrag dat Orasol (Edms) Bpk. onderneem het om ‘n battery aan te skaf om die dorp se beurtkrag te beperk vir die grootste gedeelte van die dag. Vir die battery om effektief gekoppel te word aan die bestaande sonpaneelaanleg verg dit vinnige en stabiele dataverbinding. Orasol (Edms) Bpk. het Orania Dorpsraad genader om die veselaansluiting na die sonpaneelaanleg te ontwikkel . Hierdie verbinding word moontlik gemaak deur die bydrae van die Stadsboufonds.

    Ons opregte dank aan alle persone wat deur hulle bydrae, Orania se verdere groei en ontwikkeling stimuleer. Wees verseker dat u hulp in die bou van ‘n stad waar ons mense vry en veilig kan woon en werk, opreg waardeer word.

    Foto’s Die optiesevesel netwerk word deur personeel van Orania Dorpsraad installeer.

    WhatsApp Image 2023-10-16 at 15.30.00 cff95750
    WhatsApp Image 2023-10-16 at 15.28.23 40b90794
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider

    Orania Helpmekaar ‘n unieke gemeenskapsinstelling

    Een van die grondbeginsels van Orania is eie instellings. As Afrikaners moet ons self verantwoordelikheid vir ons eie, asook ons mense, se welwese aanvaar. ‘n Instelling wat hierdie denke in praktyk vergestalt is Orania Helpmekaar. ‘n Maatskaplike instelling vanuit die gemeenskap wat help meewerk aan die bou van Orania as ‘n gesonde gemeenskap.
    Orania Helpmekaar is ‘n instelling wat sonder enige ondersteuning van die staat daarna streef om in samewerking met ander instellings hoop in Christus te gee deur by ‘n verskeidenheid van gemeenskaps- en maatskaplike projekte betrokke te wees. Veral die volgende aspekte geniet deurlopend aandag:
    • Die bou van gesonde gesinne as hoeksteen vir ‘n gesonde gemeenskap,
    • Opvoedkundige bystand aan skole deur subsidies aan leerlinge te gee wie se ouers sukkel om hul kinders se skoolfonds ten volle te betaal,
    • Bou van sterk gemeenskapsnetwerke waar inwoners leer om mekaar se belange op die hart te dra en mekaar onderling te ondersteun ,
    • Statutêre ingryping in gevalle waar dit in die beste belang van die kinders is.
    Volgens mev. Hanlie Swartz, die hoof van Orania Helpmekaar, staan sy en haar span dankbaar teenoor verskeie individue en instellings in Orania, maar ook van reg oor die wêreld, wat dit vir Orania Helpmekaar moontlik maak om met hierdie belangrike taak voort te gaan. Deur dit te doen help sulke persone om Orania uit te bou tot ‘n lewenskragtige gemeenskap waar Afrikaners vir hulself, hul gesinne en vir mekaar, nie net verantwoordelikheid neem nie, maar ook ‘n volhoubare toekoms skep.
    Indien u meer inligting oor Orania Helpmekaar-projekte of -werksaamhede benodig of graag self ‘n bydrae wil lewer, kontak gerus vir Hannelie Schwartz by Hannelie@oraniahelpmekaar.co.za of 053 030 000/5.

    Foto: Personeel by Orania Helpmekaar.

    IMG 8305
    Divider

    24 uur fietsmarathon aangebied deur CVO skool

    Die afgelope naweek het Orania CVO skool weer ‘n suksesvolle 24 uur fiets- en stapmarathon aangebied. Hierdie jaar se geleentheid is deur meer as 250 deelnemers bygewoon en die ouderdomme het gewissel van laerskoolkinders tot volwassenes wat hulle uithouvermoë op die proef geplaas het. Die marathon word jaarliks deur die skool se graad 10 leerlinge en hulle ouers aangebied as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid. Behalwe vir die geleentheid om fondse in te samel vir volgende jaar se matriekafskeid kweek dit ook positiewe gemeenskapsgees.

    Die baan vir die stappers was hierdie jaar 1.1 km en die fietsbaan 2.4 km lank. Die algehele wenner by die stappers was Retha Swiegers met 92 rondtes. By die fietsry het Dewald Otto 57 Rondtes, Rikus Kleynhans 62 en Stefan Erasmus 85 rondtes kaf gery.

    Die tema vir die jaar was wêreldbekerrugby en spanne moes hulle spanname kies om by die tema te pas.

    Foto’s Van die deelnemers in aksie. Groot en klein het deelgeneem.

    IMG 8746
    IMG 8805
    IMG 8774
    IMG 8763
    Divider
    HOA OB Old logo
    Divider

    10 000 kubieke meter grond geskuif vir nuwe rugbyvelde

    Orania CVO skool het ‘n reuse projek aangepak: die skuif van 10 000 kubieke meter grond om die aanplant van gras vir ‘n sportterrein moontlik te maak.
    Hierdie omvattende projek om nuwe rugbyveld vir die Orania CVO skool moontlik te maak, het begin met grondwerke en gelykmaak van die bestaande oppervlak wat ‘n groot poging deur mens en masjien geëis het. Hierna is begin met die aanlê van ‘n besproeiingstelsel en dam, waarna die groot proses van aanry van 10 000 m3 grond a begin het! Die reuse poging is moontlik gemaak deur geskenkte grond en boere wat onverpoosd met trekkers en vragmotors die aanrywerk doen.

    Binnekort sal die gras geplant kan word en hierdie projek ‘n nuwe fase van sport in Orania inlui!

    395876629 754259146716565 3898757953269224288 n
    395783122 754259113383235 8138092019548162185 n
    Divider
    Screenshot 20221129 194313
    Divider
    PIETER BISSCHOFF
    Divider

    facebook instagram twitter youtube
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.