Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 19 Februarie 2024

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 19 Februarie 2024

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #439531
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania Beweging reageer op Reserwe Bank se Twitterplasing

    Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het op ‘n plasing van ‘n Orania-ondersteuner op die sosiale media platform X (voorheen Twitter) reageer waarin verwys is na sekere toekennings wat Orania se eie bank, OSK, ontvang het.
    Die Reserwebank het dit as “vals nuus” afgemaak en gemeld dat die SARB nie sulke toekennings maak nie. Die enigste kwessie met die plasing was dat die die Suid-Afrikaanse regering se Co-operative Banks Development Agency (CBDA), was wat die toekennings gegee het en nie die SARB nie. DIe CBDA het egter op daardie stadium kantore met die SARB gedeel.
    Verder is die oorspronklike plasing, waarop die Reserwe bank reageer het, 100% korrek: Orania Spaar en Krediet Koöperatief Beperk het inderdaad toekennings vir die bes presterende en vinniggroeiendste koöperatiewe bank gewen.

    428416965 783730193780899 1664180211992878054 n
    Screenshot 2024-02-19 123024
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider

    Lesufi wil ANC-plakate in Orania opsit? Nie so vinnig nie!

    Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het vir die soveelste keer probeer om Orania by sy goedkoop politiek in te sleep toe hy verklaar het dat hy “self in Orania ANC verkiesingsplakate sal gaan opsit”.

    Joost Strydom van die Orania Beweging het in ‘n onderhoud op Pretoria FM en in gesprek met Netwerk24 in reaksie hierop gesê dat Oraniërs hierdie tipe van politieke speletjies nie veel meer as amusant vind nie, en dat politici probeer om van Orania se sukses te gebruik om self meer relevant oor te kom.
    Volgens Strydom het Orania al in die verlede talle hooggeplaaste politici ontvang, en is gemaklik om dit weer te doen en Orania se saak in geen twyfelagtige terme te stel nie.
    Hy het egter verder gesê dat Orania privaatgrond is en dat die Dorpsbeleid baie duidelik is dat geen politieke partye se plakkate binne die dorp opgesit word nie. “Orania hou sy eie verkiesings waar interne verteenwoordigers verkies word, en self tydens hierdie verkiesings hou die Dorpsraad baie streng by die beleid om slegs amptelik goedgekeurde borde in Orania se strate te laat plaas.”
    Die Pretoria FM onderhoud is hieronder beskikbaar.

    _Foto: Niel van Vuuren se spotprent vir Beeld
    Foto onder
    Berig in Beeld_

    WhatsApp Image 2024-02-16 at 10.27.53 56d6fc10
    Untitled
    Divider
    20240214 Ruspunt Advertensie
    Divider

    Pen and Pen- podsending besoekers se eerste indrukke oor Orania

    Oraniërs leef nie in isolasie nie. Orania het ‘n etiese en legitieme saak en ons kan onsself gemaklik verduidelik. Juis omdat Orania ‘n groter plan as net ‘n “estate” toekoms het, is dit belangrik om ons saak onbeskaamd en in geen onduidelike terme nie, te stel aan almal wat wil luister.

    Oraniërs weet dat ‘n groot deel van ons sukses oor die afgelope dertig jaar die gevolg is van suksesvolle skakeling met vriende, opponente en joernaliste (soms met onverwagse gehore!) en om die nuanses en feite van ons saak te kan verduidelik.
    Penuel Mlotshwa is ‘n bekende aanbieder van ‘n podsending oor aktuele sake. Hy is in die verlede al fel gekritiseer oor sy positiewe uitsprake oor Orania. Hy en ‘n span van vyf kamera- en klankmanne het Orania besoek om meer te leer.

    Die span het twee dae in Orania spandeer en ‘n dokumentêre styl video vervaardig.
    Die besoekers het ‘n positiewe ervaring gehad en hulle eerste indrukke op ‘n regstreekse video uitgesaai.

    Kyk gerus daarna hieronder.
    ‘n Volledige video deur die professionele kameraspan sal vroeg in Maart bekendgestel word. Ons sal dit dan graag met julle deel.

    Kyk gerus na die video en laat weet wat julle dink!

    FotoPenuel Mlotshwa se video

    Screenshot 2024-02-19 123234
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Orania Beweginglede genooi na ledenaweek

    Die Orania Beweging sien daarna uit om ons lede te ontvang vir die naweek van 22-24 Maart.
    Alle Orania Beweginglede kan RSVP om hierdie geleentheid by te woon.
    Die ledenaweek sal bestaan uit hoë gehalte aanbiedings, lekker saamkuier, raads- en ledevergaderings en verkiesing van ‘n deel van die Orania Beweging se Raad.
    Ons sien daarna uit om ons lede en waarnemers, te ontvang.
    Bespreek gerus dadelik verblyf indien u wil bywoon, akkommodasie in Orania raak vinnig vol!
    Meer inligting volg.

    Divider

    Helpsaamfonds: meer as R800 000 toegedeel

    Die Helpsaamfonds is die Orania Beweging se fonds om Afrikaners volhoubaar, en op die langtermyn, te bemagtig. Sommige lede van die Orania Beweging dra maandeliks ook tot die Helpsaamfonds by met ‘n bykomende debietorder, en hierdie geld word spesifiek aangewend om ons Oraniërs te help.
    Die Orania Beweging se Helpsaamfonds kon meer as φ800 000 toedeel in 2023! Dit is ‘n reusebelegging in ons mense se welstand en ontwikkeling.
    Behuisingsprojekte, skoolgelde, skool- en tersiêre beurse, bejaardesorg, en projekte vir behoeftige kinders: Dit is net sommige van die inisiatiewe wat die Orania Beweging se Helpsaamfonds in die afgelope jaar help befonds het.
    Die Helpsaamfonds fokus daarop om te belê in langtermynbemagtiging, skoolopleiding, tersiêre kwalifikasies toevoegings wat mense nie maklik ontneem kan word nie, wat verandering deur generasies help bewerkstelling.
    Baie dankie aan elke Orania Beweginglid en donateur wat hiertoe bygedra het. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe ons mense gehelp word hierdeur.

    Foto 1: Een van die toedelings vroeër vanjaar: Abraham van Zyl (Voorsitter OKO heel regs) en Joost Strydom saam met onderwysers en personeel by Volkskool Orania.

    407382424 736606698493249 2840252030447260878 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Internasionale besoekers in Orania

    Orania is gereeld in die internasionale kollig en trek aandag van regoor die wêreld. Ons gemeenskap ontvang besoekers, joernaliste, politici en meer. Dit is belangrik om internasionale vriende te maak en so die Orania Vaandel die wêreld in te dra. Orania is immers nie gemaak om in isolasie weg te kruip nie, maar eerder om ons storie as trotse Afrikaners vir almal wat wil luister te vertel.
    Orania het onlangs twee besoekers uit Nederland ontvang. Wierd Duk, bekroonde joernalis en senior verslaggewer by De Telegraaf (Nederland se grootste koerant) en Marlies Dekkers, internasionaal bekende mode-ontwerper, het Orania besoek. Beide persone het ook hulle eie Podsendingprogramme.

    Wierd en Marlies is deur die Orania Beweging rondgewys en ontvang, en is ook deur die Dorpsraad se senioramptenare ontvang en op ‘n besigtigingstoer van Orania infrastruktuur geneem.
    Wierd het ‘n openingsgeleentheid van die Orania-CVO skool bygewoon en as spreker opgetree, en Marlies het op haar beurt ‘n groep Orania-vroue wat klere ontwerp (veral ook ontwerpers en makers van tradisionele klere in Orania) toegespreek.
    Die Orania Beweging het ook ‘n geleentheid aangebied waar belangstellendes vrae kon rig aan die besoekers, en internasionale aktuele sake en veral die politiek in Europa kon bespreek.

    Foto’s Die besoekers by Orania Dorpsraad, en op toer saam met die Orania Beweging.

    419908479 390955183312615 8363376734868331164 n
    419927665 390955819979218 5980096239201699450 n
    Divider
    Groeifonds Advertensie elektronies reg

    Orania Matrieks: 100% slaagsyfer

    Orania se skole het weer baie goed presteer in onderskeidelik die IEB (onafhanklike eksamenraad) en SACAI. Beide skole se Orania-matrieks het ‘n 100% slaagsyfer behaal.

    Sedert 1993 handhaaf Orania CVO-skool al ‘n 100% matriekslaagsyfer. Orania CVO-skool maak deel uit van die netwerk wat die Onafhanklike Eksamenraad se matriekeksamen skryf, die IEB se landswye slaagsyfer vanjaar was 98.46%. Volgens beriggewing op Netwerk24 het kenners uitgewys dat die staatsonderwysdepartement “kan gaan kersopsteek by die IEB na dié se uitstekende syfers”.
    CVO-Orania se 17 Matrieks het almal geslaag, 9 vakonderskeidings behaal en 13 het universiteitstoelating verdien.
    Die beste presteerder was Johannes Koen met Eduan Coetzee en Ancois Wiid onderskeidelik in tweede en derde plek

    Volkskool Orania, wat ‘n alternatiewe onderrigstelsel, met baie fokus op die kinders se persoonlike verantwoordelikheid, volg het ook ‘n 100% slaagsyfer met universiteitstoelating behaal. Volkskool se matrieks skryf die SACAI (South African Comprehensive Assessment Institute) eksamen, en skoliere in Orania kan dus kies by watter stelsel hulle wil inskakel. Volkskool het ook ‘n sterk afstandsleerprogram regoor die land.

    Baie geluk aan al die matrikulante! Waar ookal julle studie-, beroep- en lewenspaaie julle neem, mag julle nie julle Orania-wortels vergeet nie.

    Foto: Die skooljaar vir 2024 begin by Orania CVO-skool
    Foto Matrikulante van Orania CVO-skool
    FotoEksamenvoorbereiding: Slypskool by Volkskool Orania

    Matriek-2024-WP-FI-Kleur 1
    CVO-Matriek-2023
    WhatsApp-Image-2024-01-19-at-14.35.00 78ed04ad
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Groot vordering vir die oprig van die Kruger-standbeeld in Orania

    Terwyl Afrikanererfenis regoor die land verniel en vernietig word, vandale dit aanval en besteel, en politici ‘n speelbal daarvan maak, poog Orania en ons ondersteuners om dit volhoubaar hier te onderhou en beskerm.
    Die projek om die standbeeld van Paul Kruger (wat tans op Kerkplein staan en al die slagoffer van beide die EFF en ander radikales se aanvalle was) in Orania as perfekte namaaksel her-op te rig, vorder baie goed.
    Mnr Joof Alberts het onlangs, na ‘n besoek van Orania vanuit Australië, hierdie projek ‘n reuse hupstoot gegee deur 100 stene aan te koop.
    Die Krugerprojek in Orania is ten doel om die identiese namaaksel van die standbeeld op 10 Oktober 2025 in Orania op die nuwe stadsplein te onthul.
    Ons bedank mnr Alberts, en daarmee saam ook al die ander persone wat bygedra het om sodoende te verseker dat daar al meer as 260 stene verkoop is!

    Foto’s Joof Alberts (links) met Pieter Bisschoff en Wicus Alberts tydens ‘n besoek aan Orania.

    WhatsApp Image 2024-01-09 at 07.49.50 39b46794
    Screenshot 2024-02-19 154230
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider
    WhatsApp Image 2024-02-16 at 12.31.40 10c21a12

    BKO: Opleidingsentrum gereed vir groei

    Deur Carla Loots

    In die Karoo is dit nie eintlik die gebruik om baadjies aan te trek nie, maar eerder om jou baadjie uit te trek.

    Bo-Karoo Opleiding, ook bekend as BKO, het nou sy ou baadjie uitgetrek en spog met ‘n splinternuwe kenteken en webblad.

    Paul Vogel, uitvoerende hoof van BKO, kondig die nuwe hoofstuk met trots aan:
    “Ons kyk dankbaar terug na die begin van Bo-Karoo Opleiding in 2019 met vyf studente. Die grond is voorberei, die fondasie is gelê en ons visie is duidelik. Vryheid deur opleiding en arbeid! Ons weet waar ons krag vandaan kom en ons bou saam aan ‘n hoopvolle toekoms.

    “Met 130 studente, 3 koshuise, 1 daghuis, 17 roepingsgedrewe personeel, die Leer-my-hoe-proefplaas, splinternuwe werkswinkels en ‘n positiewe gemeenskap is BKO in 2024 gereed vir die volgende fase en al die geleenthede wat op ons wag.”

    Met hierdie nuwe kenteken word Bo-Karoo Opleiding se karaktereienskappe en visie uitgebeeld. Die kenteken is ‘n pilaar met verskeie elemente wat ook die student se reis voorstel. BKO bou aan ons gemeenskap deur studente:
    1. met ‘n Christelike fondasie toe te rus; (element Bybel)
    2. binne ‘n veilige en beskermde omgewing op te lei, (element hande)
    3. vir ‘n vrye en hoopvolle toekoms voor te berei, (element vensters)
    4. en gehalte opleiding en arbeid te bied. (element hoed/dakkie)

    Selfs die kleure is noukeurig uitgekies om ons karakter vas te vang:
    Die oranjegloed dui op ons vryheid hier in Orania.
    Die grou grys kleur dui op die klipharde bouwerk wat hier plaasvind.
    Die olyfgroen is simbolies van groei en ons Christelike geloof.
    Die sandkleur dui op die Karoo, asook die oewer van die Oranjerivier.
    Die pruimpers simboliseer die adellikheid van alle arbeid.

    Bo-Karoo Opleiding is ‘n opleidingsinstelling wat in Orania, langs die Oranjerivier, in die Bo-Karoo geleë is. BKO bied vyf studierigtings, waarin studente hulself vir die arbeidsmark kan bekwaam:
    – Boerderybestuur
    – Bou- en Siviele Konstruksie
    – Loodgieter
    – Elektries
    – Tuisversorging

    Foto onder: BKO se nuwe kenteken
    Foto heel onder Studente klink ‘n glasie tydens die bekendstellingsgeleentheid

    417532395 907778144685887 4952946019472602244 n
    417424491 907859994677702 4726460850746858024 n
    Divider
    Erwe advertensie 02

    Watervleuel drie jaar na Klarissa se verdrinking

    Einde Januarie was dit drie jaar sedert die verdrinking van Klarissa Joubert, ‘n student wat in die Oranjerivier vermis geraak het en wie se liggaam na vyf dae se intense soektog gevind is. Klarissa se tragiese dood het Oraniërs saamgetrek as gemeenskap met die soektog en die trauma daarna. Die tragedie het ook ‘n langermyn positiewe bydrae, met strukture wat na afloop daarvan op die been gebring is.
    Tydens die soektog na Klarissa Joubert het vrywillige finansiele bydraes van regoor die land ingestroom om die soektog aan die gang te hou. Persone het bygedra tot die peperduur helikopterkostes, brandstof, en meer.Nadat die soektog na Klarissa se liggaam afgehandel was, was daar nog van die geskenkte fondse oor. , Daar is besluit om dit aan te wend vir toerusting wat oor die langtermyn ‘n verskil kan help maak.
    Die OWV (Orania Weerbaarheidvereniging, waar vrywilligers bydra tot veiligheid in Orania) het die ‘Watervleuel’ op die been gebring. Die Watervleuel is ‘n eenheid van bekwame vrywilligers wat hulleself toespits op die voorkoming van tragedies op die water, soek van vermistes, reddingsoperasies en meer.
    Die eenheid kon begin word uit die Klarissa-fonds, en is intussen aangevul deur OWV fondse, vrywillige bydraes, en privaatfondsinsamelingsprojekte.
    Hieruit is toerusting aangekoop wat ‘n reddingsboot, persoonlike beskerming- en noodhulptoerusting insluit en lede het ook ‘n reeks fiksheids- en swemevaluasies deurloop en waterreddingopleiding ontvang.
    Vrywilligers speel ‘n reuse rol in Orania se mediese, veiligheids-, en brandbestrydingspogings. Dit is ‘n voorreg om ook die watervleuel te sien groei en ontwikkel.
    Die watervleuel was na afloop van sy vorming al by twee suksesvolle reddingspogingsbetrokke.

    Foto: Orania Veiligheidsdienste Watervleuel. Foto deur Orania Dorpsraad

    422927117 396249652783168 7712671964350679603 n
    Divider
    HOA OB Old logo

    ‘n Ryk kultuur wag op nuwe Vaalbos-koshuis

    Deur Du Preez de Villiers

    Bo-Karoo Opleiding het gesorg dat Orania ’n lewendige studentedorp word en ‘n eie studentekultuur is besig om op Orania te ontwikkel. Een van die fondamente van ’n gesonde kultuur, wat vir eeue behoue moet bly is die vestiging van ’n eie koshuis en vanjaar kon ‘n aantal eerstejaar-mansstudente ’n splinternuwe gebou betrek.
    Die koshuis is Vaalbos gedoop is deel van die Olienhout Ontwikkelingsprojek en is net betyds woongereed gekry vir die studente vroeër die maand ingetrek het.
    Olienhout Ontwikkeling is tweeledig ontwerp, oorspronklik vir middelinkomste-behuising, maar omdat die behoefte aan studentebehuising op Orania oorweldigend is, kry Vaalbos voorkeur totdat daar elders ‘n permanente koshuis gebou word.
    Gousblom is die ontwikkelaar en die projek word deur die Wilco-groep bestuur. Die sooispit is middel-2022 gehou en aanvanklik het dit drie maande geduur om ‘n eenheid af te handel wat later tot twee maande verkort is. Op die besigste dag was daar meer as 25 mense aan die projek werksaam.
    Buiten die twee eenhede wat sopas afgehandel is en die derde een in aanbou, word daar nog twee eenhede vir die onmiddelikke toekoms beplan.
    Charné Jacobs is Wilco se projekbestuurder en die Olienhout-Ontwikkeling het twee jaar gelede op haar tafel beland, pas nadat sy met haar bemarkings- en projekbestuurgraad uit die Noordwes-Universiteit gestap het.
    Die boubedryf is mannewêreld en Jacobs sê jy moet ‘n sterk persoonlikheid hê en teen jou emosies waak as jy hier wil oorleef. “Sensitiwiteit is ononderhandelbaar en jy moet baie versigtig wees as jy byvoorbeeld ’n kontrakteur aanspreek. Dit is al hoe wedersydse respek gekweek word, wat tot goeie verhoudings lei en daarom kan ons almal nou met mekaar saamwerk.
    “Dit kos fyn beplanning om almal aan die werk te hou en binne die begroting en tydskaal te bly,” sê sy. “Dan moet jy seker maak dat die bouregulasies nagekom word en daar deurlopend na die veiligheid van die bouers en besoekers omgesien word.”
    Soos almal reeds weet is enige behuising op Orania ‘n groot uitdaging en benewens blyplek vir studente is daar ook ’n groot behoefte om gesinne wat seuns en dogters het, te huisves, “daarom is drieslaapkamerhuise broodnodig,” sê Jacobs.
    Die Olienhout Ontwikkeling is juis vir hierdie doel ontwerp en van die volgende eenhede waarmee daar binnekort weggespring word, gaan daar selfs vir gestremde mense voorsiening gemaak word.
    Stefan Fourie is die premarius van Vaalbos en hy is van mening dat hierdie koshuis nog ‘n gedugte vesting gaan word. Op die dag wat hulle ingetrek het, het hy onderneem om die nuwe studente mooi onder sy vlerk te neem. “Hulle lyk nog deurmekaar, maar hulle is nou op pad na die eerstejaarskamp en ons sal tydens die ontgroening mense van hulle maak. Oor die volgende drie maande gaan daar baie geoefen en gedraf word,” sê hy.
    Duiker, die dameskoshuis is ‘n ent van Vaalbos geleë en soos dit ‘n ware tersiere opleidingsinstansie betaam gaan die mans en dames dinge saam doen. “Ons gaan kuier, braai, vlugbal speel en heelwat aktiwiteite word langs die rivier beplan,” sê Fourie.
    Hy het ook onderneem om ‘n streng, wakende oog oor die manne te hou dat hulle kaskenades nie hand-uit ruk nie.

    Foto’s Studente en die nuwe koshuise.

    WhatsApp Image 2024-01-22 at 13.08.06 bd782be6
    WhatsApp Image 2024-01-22 at 13.08.07 046a688d
    Divider
    Screenshot 20221129 194313
    Divider
    PIETER BISSCHOFF
    Divider

    Heuwelsig ontwikkeling vorder goed

    Nuwe ontwikkeling deur Orania Ontwikkelingsmaatskappy vorder goed.

    Die installering van dienste by die nuwe Heuwelsig ontwikkeling is afgehandel en die toegangsweë reeds geplavei. Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy hoop om oor ‘n week of twee te begin met bouwerk aan die eerste paar wooneenhede wat ‘n “moderne skuur” voorkoms sal geniet. Hierdie drie-slaapkamer huise gaan beslis hoog in aanvraag wees, aangesien daar tans ‘n tekort aan groter en meer luukse huise in Orania is. Die ligging van die erwe, reg onder die bewaringsgebied, is uniek en sal mooi aansluit by Rooipoort ontwikkeling wat pas deur die Orania Dorpsraad onderneem is.

    Foto’s Heuwelsig ontwikkeling

    WhatsApp Image 2024-01-09 at 08.45.50 a065c8ad
    WhatsApp Image 2024-01-09 at 08.45.22 50bdad80
    Divider

    Jong werkende se hart lê in Orania

    Mikyla Weideman, plaasdogter van Danielskuil, se dat haar toekoms altyd verweef sal bly met Orania, die plek wat haar die geleentheid gegee het om te groei en te haarself te vind.
    Vroeg in die jaar van 2023 was Mikyla byna oppad Bloemfontein toe om Sielkunde te swot, toe haar ma haar oorreed het om Orania toe te kom om as Tuisversorger opgelei te word. Binne ‘n kwessie van ‘n naweek het sy aansoek gedoen, haar plek by Bo-Karoo Opleiding bevestig, verblyfgereël, gepak en Orania toe vertrek. Die opvolgende Maandag het sy in die klas ingestap en nooit weer omgekyk nie.
    “Ek was nog nie een dag spyt nie,” se Mikyla. “Dit was een van die lekkerste jare van my lewe. Ek het met mense te doen gekry wat dieselfde as ek gedink en gevoel het oor die lewe. Terwyl ek in Bloemfontein net nog ‘n persoon, nog ‘n nommer sou wees, kon ek hier in Orania my rol vervul en ‘n verskil maak in die gemeenskap.”
    Na haar jaar van studie het Mikyla ‘n werkspos as Versorger by Karoosig Aftreeoord op Orania gekry. Om met die bejaardes te werk bring vir haar groot vreugde, en haar kollegas is een van haar grootste ondersteuningsnetwerke.
    Maar Mikyla is nie tevrede met net een werk nie. Om haar besig te hou asook ‘n ekstra geldjie te verdien op haar af dae, het sy begin werk by ‘n gesinsonderneming, Melk en Heuning. Soms pas sy ook mense se kindertjies op, en daarby vind sy nog tyd om dinge te doen waarin sy belangstel.
    “Ek werk baie hard, maar dit bring vir my vervulling,” meen Mikyla. “Ons is gemaak om te werk. Iets van Orania wat vir my uitstaan is die gesindheid van moue oprol en self werk. Ek is 19, word 20, ek het twee vaste werke en ‘n goeie salaris, en ek is deel van ‘n gemeenskap wat vir my omgee. Die Here het my met ‘n doel hier op Orania geplaas, want Hy het geweet dat dit is wat ek nodig het om te kom tot waar ek nou is.”
    Alhoewel Mikyla nog beplan om die wereld rond te reis en vir vakansies oorsee te gaan, weet sy waar haar hart lê, en daarom sal sy altyd na haar plek, haar mense, haar tuiste toe terugkom: Orania

    IMG-20240123-WA0015
    Divider

    facebook instagram twitter youtube
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.