Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 20 Junie 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 20 Junie 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #409319
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    ORASOL doen batterynavoring in Duitsland

    Orania se ORASOL (wat verantwoordelik is vir groeiende kragonafhanklikheid in Orania) is tans besig met ‘n omvattende proses ter bevordering van Orania se stelsels. Riaan Jacobs, projekbestuurder, het sessies met verskeie batteryverskaffers fasiliteer en pas teruggekeer uit Duitsland waar hy verdere moontlikhede ondersoek het.

    Baie Orania ondersteuners weet al dat dié Afrikanergemeenskap lankal reeds aktief na groter vlakke van energie-onafhanklikheid kyk. ORASOL het al vir ‘n wyle ‘n aktiewe sonplaas waar krag vir Orania opgewek word, en privaatinisiatief word ook aangemoedig en beloon. Orania is egter nog nie energie-onafhanklik of beurtkragvry nie. Om die volgende doelwit te bereik (beurtkragvry van 06:00 soggens tot 22:00 saans) moet ‘n battery gekoop word wat die hele gemeenskap se elektriese las kan dra tydens die beurtkragperiodes. Dit is ‘n projek van etlike miljoene rand, maar blyk ook krities te wees vir die groeiende Orania-ekonomie.

    Vyf maatskappye het Orania onlangs besoek en voorleggings aan ORASOL, die Orania Dorpsraad se elektriese spanne en plaaslike ingenieurs gemaak. Daaropvolgend het Riaan Jacobs, Orasol se projekbestuurder, ‘n toer na Duitsland onderneem om die sonkragtegnologieskou “Intersolar Europe” by te woon om na meer tegnologiese moontlikhede te kyk.
    Riaan is pas terug en daar kan nou oor die pad vorentoe gesprek gevoer word.

    Orania-tegnici het onlangs met rolspelers van Rural Maintenance en Midstream vergader, aangesien die twee tans soortgelyke batteryoplossings begin ontplooi. Só kan gemeenskappe by mekaar leer en onderling suksesvolle implementering help fassiliteer.

    Foto 1: Riaan Jacobs by InterSolar Europe
    Foto 2: Oraniërs het Midstream en Rural Maintenance in Frankfort besoek

    WhatsApp Image 2023-06-19 at 11.24.40
    352782611 275723938169074 2265111226492905408 n
    Groeifonds Advertensie elektronies reg
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    Oraniër voltooi 20ste Comrades, dra Orania vlag oor die wenstreep

    Oraniër behaal ‘n tweede loerierkrans in die “groenklub” terwyl hy die Klein Reus oor die wenstreep dra!

    Christo Muller het reeds 19 Comradesse agter die blad gehad toe hy op 11 Junie in Pietermaritzburg wegspring, vir nommer 19 en 20 egter, neem Christo in die duidelik uitkenbare hardloopdrag van die Orania Atletiekklub deel. Christo, ook voorsitter van die Orania Atletiekklub, is ‘n veteraan Comrades-atleet maar volgens hom is elke Comrades steeds ‘n unieke ervaring.

    Volgens Christo is dit ongelooflik hoe baie toeskouers aanmoedigings van die kantlyn af skree as hulle die “Orania Atletiekklub” op sy bors sien. Mense van regoor die land, en in verskillende tale, weet al teen die tyd van Orania, en Christo is oorweldig oor hoe positief en ondersteunend die opmerkings deurlopend was. Volgens Christo is dit ‘n riem onder die hart, en ‘n wonderlike geleentheid om Orania te verteenwoordig.
    Christo het egter nie net metafories die “Orania-vlag geswaai” nie. Sy vrou en grootste ondersteuner, Karin Muller wat self ‘n Comrades-veteraan is, maar vanjaar met ‘n voetbesering op die kantlyn was, het vir hom naby die eindstreep met ‘n Orania-vlag gewag, wat hy die laaste 500 meter bo sy kop laat wapper het en so die eindstreep oorgesteek het.

    Christo, wat deur ‘n slegte dyspierbesering deur die hele voorbereidingseisoen en op wedloopdag geteister is, moes met baie pyn hardloop en kon dié Ultra-marathon steeds in 10:43:06 onder groot toejuiging voltooi. Christo het die skare se harte gesteel in die laaste paar honderd meter deur die Orania-vlag te swaai!
    Elke Oraniër wat buite Orania deelneem en presteer is ‘n ambassadeur vir ons gemeenskap en dit is ‘n belangrike taak en groot verantwoordelikheid.
    Christo se spanmaat uit Orania kon ook die Comrades in 09:16:34 voltooi, en dit is dus die eerste keer dat twee atlete van Orania Atletiekklub saam aan die Comrades deelneem en dit voltooi.
    Geluk atlete!

    Screenshot 2023-06-19 222610

    Foto 1: Christo in die pylvak, Orania-vlag omhoog!
    Foto 2 en 3: Christo met sy dubbel-loerierwapen; 20 keer die Comrades oorwin! & Christo en spanmaat.

    WhatsApp Image 2023-06-12 at 08.09.42
    WhatsApp Image 2023-06-11 at 18.36.53
    Divider

    Kragopteller uit Orania verbeter Statebond- en Afrikarekords

    “EN DIE NUWE KAMPIOEN… UIT ORANIA!”
    Orania se eie Tommie de Nysschen het by die “International Powerlifting Federation” se wêreldkampioenskap vir bankiedruk (“benchpress”) die rekords laat spat!
    Tydens dié kompetisie, wat vanjaar op 20 Mei by Sun City plaasgevind het, het Tommie in die onder 74 kg gewigsgroep, vir die ouderdomsgroep 60-70 jaar oud, 135kg opgestoot en Suid-Afrikaanse, Afrika- en Statebondrekords verbeter!
    Uitstekend Tommie, en baie geluk!

    Foto 1: Tommie op die podium
    Foto 2:Tommie en Bismarck

    WhatsApp Image 2023-05-27 at 14.32.38
    tommies2
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Volksie-toernooi; kookwater sport in Orania

    Op 10 Junie het die Gemsbok Sportinstituut se rugby- en netbal Volksie Toernooi plaasgevind. Dié rugby- en netbaltoernooi is spesiaal geskep om soveel as moontlik deelname uit die dorp en streek aan te moedig.

    Die formaat van albei sportsoorte is aangepas sodat minder mense per span benodig word. Op so ‘n manier is dit makliker om meer spanne betrokke te kry sodat ‘n behoorlike uitspeeltoernooi kan plaasvind.
    Die rugby is gebaseer op die internasionale “RugbyX”-standaard wat beteken: Slegs vyf spelers aan ‘n kant, slegs tien minute speeltyd, geen halftyd, geen afskop/pale toe skop, geen lynstane, wat beteken meer aksie en meer toertjies. Aan die netbal se kant is dit gebaseer op die internasionaal aanvaarde “Fast5“-standaard waar daar ook slegs vyf spelers aan ‘n kant is, drie verskillende afstande waarvan gedoel word wat onderskeidelik tel vir een, twee of drie punte. Verder kry elke span ‘n kragspel in een van die kwarte om daardie punte te verdubbel. Hierdie sorg vir baie opwinding en aksie!

    Soos baie dinge in Orania moet sport op ‘n unieke manier aangepak word. Dus kan die Volksie Toernooi hierdeur ‘n volkseie manier van sport ontwikkel sodat dit by Orania en sy mense kan aanpas. Die toernooi se doel is om die hele dorp te betrek. Afgesien van die toeskouers was daar reeds by hierdie eerste toernooi ongeveer 110 mense uit die dorp betrokke by die program as spelers/organiseerders en vermaak.

    In rustye is geleenthede geskep vir Volkskool en die Gemmies akademie se jongspan om teen mekaar rugby te speel waarvan vir sommiges dit hul eerste wedstryd was, Huppelkind se “pom pom poppies” het die finale rondtes ingelei en ‘n paar ou manne het ook die geleentheid gekry om teen mekaar raakrugby te speel. Saterdagaand het toeskouers om die vure onder spreiligte bymekaargekom om die rugbyfinaal te ondersteun.
    Die Gemsbok Sportinstituut bedank die volgende toernooiborge wat dit help moontlik maak het nl. AfriForum (hoofborg), Bo-Karoo Opleiding en Arch Software.
    Verder bedank hul ook die spanne se borge nl. MJ Elektries, Orakobab, Minnaar Paneelkloppers, Winkel Zonder Naam, Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Klankgrens, Ougoud Toffiewinkel en Van Straaten.
    Met groot dank ook aan die volgende rolspelers wat dienste/items verskaf het wat by die toernooi gebruik is nl. Orania Dorpsraad, Wilco, Rikus van Staden, Gert van Coppenhagen, Niel Janse van Rensburg. Die Gemsbok bedank ook Bo-Karoo Opleiding vir die betrokkenheid van hul studente by die aanbied en logistieke reëlings van die toernooi.
    Die Volksie Toernooi wil homself in die toekoms vestig as ‘n jaarlikse byeenkoms. Orania-talent hoef glad nie terug te staan wanneer dit kom by hierdie sportsoorte nie. Toernooie soos die word geskep om daardie talent te ontgin en te ontwikkel.
    Aldus die organiseerder sal die volgende Volksie Toernooi op 23 September vanjaar plaasvind.

    Foto’s: Volksie-toernooi Netbal- en Rugbyspanne in aksie.

    353760518 691059903032042 7367235257764214667 n
    353674447 691058693032163 3684044922441323641 n
    353773541 691058829698816 3236954074527082429 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Oraniër vereer vir topprestasie oor al drie NWU kampusse!

    Marie-Louise het haar kwalifikasie in BA Kommunikasie vanjaar met lof aan die NWU se Potchefstroomkampus voltooi, nadat sy in 2019 te CVO Skool Orania matrikuleer het.
    Op 8 Junie 2023, tydens die Fakulteit van Geesteswetenskappe se jaarlikse akademiese toekenningsfunksie, word Marie-Louise de Nysschen as die toppresterende student in alle BA kwalifikasies aan die Noord-Wes Universiteit oor al drie kampusse (Potchefstroom-, Mafikeng-, en die Vanderbijlparkkampus) aangewys.

    Marie-Louise is tans besig met haar honneurskwalifikasie in Korporatiewe kommunikasie waar haar skripsie op organisasies sonder winsoogmerk in die landbousektor fokus. Haar toekomspad is egter nog nie vas nie hoewel sy hoop om na afloop van haar honneurs graadstudies, plaaslike en internasionale internskappe aan te pak. Sy sal eendag haarself in ‘n Afrikaner-organisasie werksaam wil bevind waar sy ‘n impak en daadwerklike verskil in mense se lewens kan maak.
    “Ek het ‘n groot gevoel van dankbaarheid ervaar. Dit is alles net genade.” – Marie-Louise de Nysschen.

    Foto: Marie-Louise de Nysschen

    Marie-Louise foto 2
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider
    Nuusbrief Advertensie

    Bo-Karoo Opleiding stel eerste daghuis, Heldehuis, bekend

    Bo-Karoo Opleiding (BKO) het op 7 Junie 2023 hul eerste daghuis amptelik bekendgestel en die Heldehuis-skild onthul. Heldehuis is geskep om studente wat gebruik maak van private behuising buite BKO die geleentheid te bied om steeds deel te neem aan die opwindende studentelewe. Volgens Marike Labuschagne, hoof van studentesake, is ‘n gebalanseerde studentelewe van kardinale belang in die vorming van studente se identiteit- en karaktervorming.

    “Dit was ʼn strategiese besluit, om aan dorpstudente nog meer blootstelling te gee aan ons studentekultuur. Aangesien ons koshuise se tradisies en waardes al goed gevestig is, was dit die volgende stap om ook ʼn daghuisopsie bekend te stel. Uiteindelik is die oogmerk dat elkeen wat aan BKO studeer ook aan ʼn volgepakte studentekultuur te kan deelneem.” meen Paul Vogel, uitvoerende hoof van BKO.

    Identiteit is ’n essensiële aspek van ons menswees. Deur ’n sterk identiteit te hê, vind ons betekenis en rigting in ons lewens. Heldehuis bied aan elke student die geleentheid om sy of haar eie identiteit te ontdek en boonop te omhels. Volgens Paul Vogel is ons karakter die samestelling van ons waardes, integriteit en morele kompas. Dit bepaal hoe ons optree en reageer op uitdagings. By Heldehuis wil BKO ’n omgewing skep waarin elke student se karakter gevorm en versterk kan word.
    ’n Gesonde studentelewe gee ook vir student ruimte om tradisies te kweek en te vestig wat dan deel vorm van die betrokke koshuis, en BKO as geheel, se studentekultuur. In Heldehuis sal nuwe tradisies gevestig word wat die studente kan koester en voortbring. Heldehuis is ‘n verteenwoordiging van die studentekultuur hier in Orania.
    BKO moedig die viering van geloofs- en kulturele-aktiwiteite aan en ondersteun die behoud en bevordering van tradisies, taal en kuns. Deur Heldehuis te omhels, omhels ons ons voorgangers se erfenis, ontdek ons ons eie unieke identiteite, vier ons gemeenskaplike tradisies, bou ons sterk karakter en vier ons ons ryk kultuur en erfenis. Mag die Heldehuis ’n tuiste wees vir almal wat hierdie koshuis se waardes deel en strewe na groei en sukses.
    Heldehuis bied ook die geleentheid vir studente wat aanlyn vanuit Orania studeer by ander instansies om ook deel te word van die studentefamilie. Kom geniet die nuwe tradisies en aksies vir studente deur studente en bou saam aan ‘n beter toekoms vir ons en ons nageslag. Besoek bokarooopleiding.co.za vir meer inligting.

    Foto’s Die Heldehuis Huiskomitee. Onthulling van die Heldehuis-Skild.

    IMG-20230608-WA0022-1024x682
    IMG-20230608-WA0013-1024x682 1
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider

    Orania Sakekamer: Φ200 000 aan Radio Orania oorhandig

    Radio Orania was tydens die Orania Sakekamer ontbyt op 9 Junie 2023 in die kollig.
    Tony Correia, Voorsitter van die Orania Sakekamer, oorhandig hier ’n tjek ter waarde van tweehondenderdduisend ora as ‘n borgooreenkoms aan Jan Beyers, bestuurder van Radio Orania. Hierdeur word Radio Orania vir toekomstige voortbestaan versterk!
    Oraniërs sien met groot opwinding uit na die hernuwing van Radio Orania, ‘n gemeenskap-gebaseerde radiostasie wat vermaak, geselligheid en kommunikasiedienste lewer.

    Foto: Jan Beyers (regs) van Radio Orania, ontvang die ‘tjek’ terwaarde van Φ200 000 by Tony Correia, voorsitter van die Orania Sakekamer.

    Sakekamer ontbyt foto 1
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider

    Die finansiering van ontwikkelingsprojekte

    Vir Orania om van dorp na stad te kan groei moet goedgesinde persone of instansies bereid wees om in die groei en ontwikkeling van Orania te belê. Om hierdie kapitaal te werf en na behore te bestuur het die Groeifonds reeds in 1999 as beleggingsvoertuig die lig gesien. Deur openbare kapitaalvorming slaag die Groeifonds daarin om die groeifase waarin Orania tans verkeer, nie net te behou nie, maar ook verder uit te brei.

    Aan die ander kant geniet beleggers in die Groeifonds weer rustigheid oor hul beleggings aangesien hulle weet dat hul geld in volhoubare projekte op Orania belê word.
    Projekte wat deur Groeifonds gefinansier is sluit die volgende in:
    • Opgradering van die elektrisiteitsnetwerk,
    • Oprigting van die Duiker kompleks vir student behuising en kantore,
    • Uitbreiding van Karoosig Aftreeoord.
    Persone wat graag meer rakende die Groeifonds wil uitvind of selfs daarin sou wou belê is welkom om met Jackie Roux by 053 030 0000 of groeifonds@orania.co.za in verbinding te tree.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.