Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 23 Desember 2022-ORANIA-Donderstorm rig skade in Orania aan

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 23 Desember 2022-ORANIA-Donderstorm rig skade in Orania aan

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #386917
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Donderstorm rig skade in Orania aan

    ʼn Harde reënstorm en rukwinde daarmee saam, het op Vrydag 16 Desember vir heelwat skade in Orania gesorg. Verskeie dakke is deur die geweld van die storm afgeruk wat ʼn besigheid, huis en verskeie buitestrukture insluit. Die storm het ook groot bome totaal ontwortel, en ander infrastruktuurskade veroorsaak.

    Oraniërs daag in groot getalle op om mekaar te help

    By een besigheid, waarvan die dak afgewaai het terwyl daar steeds ʼn stortreën oor Orania uitsak, het meer as 70 Oraniërs opgedaag wat vrywillig hulle hulp kom aanbied het! Die besigheid se voorraad en masjinerie is in ʼn verskeidenheid van bakkies, sleepwaens en selfs op ʼn trekker met wa gelaai en na veilige geboue verskuif wat ander besigheidseienaars goedgunstiglik beskikbaar gestel het!
    Oraniërs van alle fasette van die gemeenskap het kom hulp aanbied met toerusting, planne en ander middele wat tot hulle beskikking was. Daar is selfs vinnig ʼn koffiestasie opgerig om die vrywilligers met warm koffie aan die gang te hou.
    Die besigheidseienaar kon mede-Oraniërs vertrou om juwele en ander luukse produkte vinnig en doeltreffend te help verskuif.
    By ʼn huis waarvan die dak deur rukwinde afgepluk is, het mense ook in groot getalle opgedaag om te help. Die huisbewoners en huisraad is vinnig na ʼn veilige ligging geneem.

    Dorpsraadspan werk deurnag om die krag aan te kry

    Orania Dorpsraad se elektrisiteitspan het hulle hande vol gehad toe kragpunte op verskeie plekke in die dorp beskadig is. Een van die swaar staaldakke wat afgewaai het, het met die mag van die wind vier elektriese pale omgeruk en die kragtoevoer na dele van die dorp ongedaan gemaak. Die munisipale elektrisiteitspan het deurnag gewerk en kon teen die volgende oggend reeds die toevoer volkome herstel!

    Noodfonds

    ʼn Noodfonds is op die been gebring deur rolspelers by Orania Helpmekaar, Orania se maatskaplike instelling. Dit volg nadat mense die versoek uitgespreek het om bydraes te maak tot die slagoffers se stormskade. Iedereen wat wil bydrae, kan hieronder kyk:

    WhatsApp Image 2022-12-18 at 12.37.03 2
    WhatsApp Image 2022-12-18 at 12.37.01

    Foto bo: Skade aan ‘n besigheid, die dak het verskeie kragpale uitgeruk.
    Foto onder: 1. Nog skade.
    2. ‘n Huis se dak wat afgewaai het.
    3. Onwortelde bome

    WhatsApp Image 2022-12-18 at 12.37.03 1
    WhatsApp Image 2022-12-17 at 15.05.05
    WhatsApp Image 2022-12-16 at 18.44.12
    WhatsApp Image 2022-12-18 at 11.50.44
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    Geloftefees in Orania gevier

    Die Gelofte van Bloedrivier is en bly een van die heel belangrikste gebeure op die kalender vir Afrikaners. Die Gelofte is in ʼn tyd van bittere moedeloosheid en uitdagings gemaak, en God het ʼn groot uitkoms aan ons voorvaders gegee. Geloftefeeste regoor die land groei jaarliks en soveel as
    20 000 mense het vanjaar se geleentheid by die Voortrekkermonument bygewoon.

    Orania het sy eie reeks kulturele vakansiedae wat ons volgens ons eie kultuurkalender vier. Hiervan is die jaarlikse Geloftedag ook, vir beide inwoners en besoekers, ʼn absolute hoogtepunt.
    Die Geloftefees op Orania vind gewoonlik by Aan-die-Oewer in Orania plaas en honderde bywoners trek saam om na die diens en feesrede onder skadubome en op heerlike groen gras te luister. Vanjaar het die Geloftefeeskomitee egter die Vrydagoggend vroeg besluit om die geleentheid na die Orania Gemeenskapsaal te verskuif ná swaar reën die vorige nag en die lug vol belofte van meer reën.

    Ds Ronald Bain van die Gereformeerde Kerk Oranjerivier het die diens gelei en Joost Strydom het die feesrede gelewer. Die hele program is regstreeks op Orania Beweging se Facebookblad uitgesaai en is hier te siene.

    Foto’s: Geloftefeesgangers in tradisionele drag op 16 Desember.

    319848283 650562353436161 6455938253466882262 n
    319356161 523275443188511 4299143722631522510 n
    319326468 1151999258757272 8723599138029195409 n
    320237795 1630816647340984 3955312024212159513 n
    Divider

    Jopie Fourie se lewe en sterwe in Orania herdenk

    Elke jaar op 20 Desember, die dag van Jopie Fourie se teregstelling, kom ʼn klompie Oraniërs bymekaar om sy lewe en sterwe, te herdenk. Fourie is deur die Smuts-regering op Sondag, 20 Desember 1914 gefussileer.

    Die Orania Verkenners het ʼn vroegoggendgeleentheid gereël waar dr Louis Bothma as spreker opgetree het.
    Ds Ruan Combrink het Fourie se laaste brief aan sy mense voorgelees waarna dr Bothma die tragiese historiese gebeure weergegee het. ʼn Skoot is ter herinnering afgevuur.
    Jopie het Gesang 20:8 gesing toe die vuurpeloton hom teregstel.
    Fourie se persoonlike Vierkleur, wat saam met hom in die sel was die nag voor sy dood, word in die Orania Kultuurhistoriese Museum vertoon.
    Sy brief aan sy mense is hieronder aangeheg, asook die bevel om hom te laat teregstel.
    ʼn Foto van die oggend se verrigtinge, geneem deur dr LJ Bothma is ook aangeheg.

    In ʼn treffende gedig deur JFE Cilliers verwoord hy die gebeure rondom Jopie Fourie se tergstelling:
    Daar trek ʼn koeël, met spoed, met spoed,
    hy’s nat van Afrikaner-bloed,
    en smart die boodskap wat hy voer;
    hy kom uit Afrikaner-roer,
    hy kom deur Afrikaner-hart,
    Maar met die rou en die smart
    bring hy die hart se kragte oor.
    Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
    want, trekkend, trekkend jaar en stond,
    sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
    en waar hy tref, heel nooit sy wond;
    en wat hy tref, dit heilig hy!

    Foto’s 1: Jopie Fourie en sy brief.
    Foto’s 2: Die kultuur-historiese Museum, waar Jopie Fourie se vlag hang. Die geleentheid op 20 Desember.

    319622882 685904603128094 6740370935460903681 n
    319865254 1150974372289592 6724984553369715849 n
    319626499 936559671063534 7890947409160063505 n
    319909811 881156846357982 365012040509378395 n
    Divider
    Orania Rek
    Divider
    Tuisversorging advertensie
    Divider

    Bejaardesorgsentrum in Orania vier eerste verjaarsdag

    Die versorgingsvermoë in Orania is besig om heelwat uit te brei. Huis Miem is ʼn betreklik nuwe toevoeging en fokus spesifiek op versorging van bejaardes. Huis Miem het aan die begin van Desember hulle eerste verjaarsdag gevier.

    Bernha Ettwein en Jackie Opperman was voorheen werksaam by Karoosig Aftreeoord. In Julie 2021, het Bernha die besluit geneem om verdere bejaardesorg in die gemeenskap te ontwikkel.
    Jackie het oom Martin en tannie Miemie Kemp se huis geïdentifiseer as geskik vir die onderneming en met hulle onderhandel vir die gebruik en huur daarvan.
    Nadat die besigheidsregistrasies by die Orania Dorpskantoor afgehandel is, kon die eerste inwoner op 27 November 2021 intrek! Daarom dan ook Huis Miem se eerste verjaarsdag wat met ʼn geleentheid vroeg in Desember vanjaar gevier is.
    Huis Miem het tans agt inwoners wat voltyds deur die personeel versorg word, maar die span doen ook vakansie-versorging en tuisverpleging. Daar is tans vier versorgers in diens. Die versorging is gebaseer op ’n Christelike grondslag en daar word gereeld huisgodsdiens gehou om die inwoners se geloof te versterk.

    ʼn Groentetuin is aangeplant en pluimvee word ook versorg. Dit is twee aktiwiteite wat die bejaardes baie geniet en wat hulle aan die gang hou!
    “Die seën van die Hemelse Vader is op Huis Miem en ons is die instrumente om Sy werk te doen hier in Orania,” het Bernha gesê.

    WhatsApp Image 2022-12-21 at 23.12.24 1
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Somer, sonskyn en swembad! Dit is Desember in Orania!

    Desember in Orania is ʼn jaarlikse hoogtepunt vir inwoners sowel as besoekers. In hierdie tyd is opwinding sigbaar en dinge is aan die gebeur! Die vakansie-program laat nie toe vir lyfwegsteek nie, want daar is elke dag een of ander aktiwiteit om aan deel te neem.
    Koel hierdie somer af by die Gemeenskapswembad, geniet ʼn melkskommel by jou gunstelingrestaurant, of gaan span uit langs die rivier met ʼn paar visstokke en jou koelhouer! Orania se veilige strate bied die ideale wegbreek om ʼn bietjie in die skemer te gaan stap. Gaan klim die koppie en beloer die sonsondergang oor die horison. Orania kan spog met ʼn sterrehemel so skoon, dat ʼn laat-aand piekniek ʼn moet is hierdie Desember!
    Vir die jong-volwassene staan Orania se naglewe nie terug nie. Ons verstaan die konsep van hard werk en hard kuier. Geniet Orania se kuierplekke waar jy met geselligheid en gereelde kompetisies of speletjies vermaak sal word.
    Steeds verveeld? Miskien is dit dan tyd om jouself te verryk deur enige van die vele kursusse op die vakansieprogram by te woon. Van noodhulp tot algemene afrondingskursusse is beskikbaar. Ontdek jou fyner kant deur kuns-uitstallings en juwele-ontwerp-sessies by te woon. Die Orania Kultuurhistoriese museum bied ʼn lieflike versameling van ons eie erfenis en is op weeksdae oop vir die publiek.
    Leer perdry. Leer dans. Wen ʼn vasvra. Gedenk die Gelofte. Speel muurbal. Hou piekniek. Die vakansieprogram het werklik iets vir almal.
    Kry jy steeds nie iets wat jou interesseer nie? Gelukkig bied Orania jou die vryheid om dan self te kan doen presies waarvoor jy lus het!
    Ai, Desember, jy mag maar gerus ʼn bietjie langer wees!

    Picture3
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Orania Helpmekaar maak seker al die kinders kry Kersgeskenke

    Elke kind in Orania behoort ʼn gelukkige feestyd te hê, daarvan het Orania Helpmekaar oudergewoonte help sekermaak. Helpmekaar, Orania se maatskaplike instelling, het vanjaar weer geskenke ingesamel en kon meer as 200 geskenke uitdeel, dit beteken die kinders het almal meer as een geskenk gekry!
    Onder leiding van Heidi Smit en die Helpmekaar beweging, het Kersvader soos oudergewoonte vir die kindertjies van Orania kom kuier, hierdie jaar op 10 Desember.
    Hierdie liefdadigheidsinisiatief veroorsaak elke jaar hope pret vir diegene wat die geleentheid kan bywoon. Oor die grasperk voor die Kuierstoep in Kleingeluk uitgespan, het die kinders op hete kole gewag toe die veiligheidsirene skielik afgaan. Nuuskierig het almal sypaadjie toe beweeg waar hulle vir Kersvader saam met sy groep ruiters (te perd) om die hoek sien kom het. Vanjaar het Kersvader op ʼn wit perd aangekom!
    Danksy bydraes van reg oor die land, kon die Helpmekaar span hierdie jaar meer as 200 geskenkpakkies aan kinders tot 12 jaar oud uitdeel. Selfs die jongste maatjie (slegs twee maande oud!) het sy Kersgeskenkie geniet. Daarna is ysies en kolwyntjies sommer in ʼn piekniek-styl geniet. Ieder en elk is uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon en die blote feit dat daar nog ʼn paar geskenkies oorgebly het behoort genoeg motivering te wees om volgende jaar weer die Helpmekaar Kersboom by te woon!
    Die Helpmekaar Kersboom vorm deel van ʼn aanloop tot die Geloftefees-program. Dit beteken dat tussen deur die opwinding en pret, die Gelofte voorgelees is.
    Ons is dankbaar vir elkeen se bydrae wat verseker dat almal in Orania toegang het tot ʼn aangename Christusfees, maar allereers sê ons dankie aan ons Hemelse Vader wat ons in staat stel om deur Hom sulke projekte te laat realiseer.

    Picture2
    Divider
    Orania CVO Ad Voorgrond Aug 21
    Divider

    Tuin-tot-tafel sukses!

    Die Tuin-tot-tafel-fees, ook bekend as die straatfees en soms bekend as die pad-ete is meestal bekend as groot pret!
    Vanjaar se Straatfees, wat op 3 Desember 2022 plaasgevind het, spog as die grootste straatfees tot dusver, met bykans 350 bywoners! Oraniërs kom jaarliks bymekaar om hierdie geleentheid te geniet. Soos die naam van die fees voorstel, kom Oraniërs in die straat (hierdie jaar op die parkeerterrein van die swembad) bymekaar om ʼn feesmaal te geniet.
    Tydens hierdie fees bring Oraniërs hulle tuisgemaakte produkte en kos uit hulle tuine om met die gemeenskap te deel. Begelei deur lewendige musiek, blomme-kransies in die hare en genoeg kos om elkeen se honger te stil, is die tema van hierdie fees bloot net fees! So ʼn straatfees bied die geleentheid vir Oraniërs om met die breër gemeenskap te kan kuier.
    Uit dankbaarheid vier ons die afgelope jaar deur te deel en te kuier met mekaar. Die fees simboliseer voorspoed en vryheid, maar ook dankbaarheid. Spoggerig in wit het Oraniërs opgedaag met hul mandjies vol vrugte, kase, koue vleis, brode en vele meer.
    Bywoners van die fees word gemotiveer om tuisgemaakte produkte na die gemeenskapstafel te bring. Dit wil sê vrugte van jou eie bome gepluk, groente uit jou eie tuin geoes, of selfs kaas gemaak van jou eie koei se melk. Dit is oorspronklik, innoverend, maar bowenal pret!
    Indien jy die Straatfees in 2022 gemis het, begin sommer nou al dink aan watter van jou getroue resepte jy wil voorberei vir Straatfees 2023!

    317943896 514623304024924 8136963181628058133 n
    318209813 514622967358291 6618307319499607483 n
    318234199 514622934024961 7047444392156085431 n
    Divider

    Toegang tot die rivier steeds gesluit weens gevaarlike vloed-omstandighedeby Volkskool Orania

    Die rivier by die oewergebied is vroeër vanjaar vanweë gevaarlike hoë riviervlakke gesluit. Nadat die riviervlak aanvanklik begin stabiliseer het, het dit weer begin toeneem.
    Die rivier bly dus baie gevaarlik met sterk strome en maalkolke in die rivier.
    Toegang tot die rivier by Orania-oewergebied bly steeds verbode. Sandbaai bly ook tot verdere kennisgewing gesluit. Oraniërs en besoekers se veiligheid kom eerste.

    320082927 1586902561732102 4580178076994180036 n 1
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.