Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 23 September-KOM SLUIT GERUS BY ONS FAMILIE AAN….

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 23 September-KOM SLUIT GERUS BY ONS FAMILIE AAN….

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #742
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania Dorpsraad open reuse nuwe rioolplaas

    Orania se nuwe rioolaanleg is nie net totaal onafhanklik van ESKOM-krag nie, maar ook 100% natuurlik. Die groot nuwe aanleg van oksidasiedamme is binne 18 maande afgehandel. Die eerste fase kan ʼn bevolking van 3000 mense hanteer, maar is modulêr uitbreibaar tot vir 10 000 mense. Byna 100 000 ton grond is geskuif en die projekbegroting was meer as Φ8 000 000.

    Orania Dorpsraad het in September ʼn reusemylpaal bereik met die opening van Orania se nuwe rioolaanleg. Hierdie projek is ʼn duidelike voorbeeld van Orania Dorpsraad se visie om infrastruktuur, wat noodsaaklik is vir groei, te ontwikkel sodat Oraniërs funksionerende basiese dienste op ʼn hoë standaard kan ontvang.
    Tydens die bouproses is meer as 90 000 ton grond verskuif. Twee 20 ton grawemasjiene, twee padskrapers en ʼn klein vloot van trekkers, vragmotors en waens is ingespan om die grond te verskuif. ʼn Totaal van meer as 250m³ beton is gegiet en 22 ton plastiek is gelê vir die seëllaag. Daar is ook tot ʼn diepte van vier meter deur ʼn skaliebank vir die anaërobiese damme gebreek.

    307000837 10160407970688185 1256943253163466090 n
    014
    306127680 1262805717595911 1368200215036778104 n

    Foto’s bo (VLNR) Diep skaliebanke word gebreek tydens die konstruksieGawie Snyman, uitvoerende hoof van die Doprsraad, skud blad met Andre van Heerden (hoof van ingenieursdienste) tydens die openingsgeleentheid

    Foto onderOraniërs kyk toe tydens ‘n toetslopie met die openingsgeleentheid.

    306541458 1262805014262648 1291740185856116915 n
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    Divider

    Orania gaan groot met top name in Afrikaanse musiek

    Orania se groei bied toenemend geleenthede vir groot feeste, optredes en meer. ‘Orania gaan groot’ is ʼn nuutskepping van die Orania CVO-skool, wat waarskynlik ʼn jaarlikse instelling sal word.
    “Orania gaan groot was GROOT!”, so lewer CVO-Skool Orania verslag oor die reusemusiekfees waar Brendan Peyper, Dirk van der Westhuizen, Lianie May, Monique Steyn, Ruhan du Toit en Steve Hofmeyr opgetree het. Die skool het hierdie daglange musiekfees reeds in 2020 begin beplan, maar is deur die regering se grendelregulasies gekortwiek. Hulle kon egter die sangers vanjaar byeenbring, en het op 24 September meer as 2500 mense by hierdie geleentheid ontvang.

    Kaartjies het in die omgewing, streek en selfs groot stede verkoop en Afrikaners het in Orania byeengekom om in Afrikaans lekker saam te kuier. Die skool het, saam met ander rolspelers, Orania se Dorpsrugbyveld in ʼn paslike terrein omskep, met ʼn professionele verhoog, twee markiestente BBP-area, en meer. Orania Veiligheidsdienste het orde gehandhaaf en sekuriteitsdienste op ʼn hoë standaard gelewer.
    Die groot tente het ruimte gebied vir ʼn kuier en ook kosstalletjies deur die skool se verskillende graadklasse. Die kosse moes baie kreatief tematies by die kunstenaars se liedjies pas! Toe ʼn paar druppels baie onverwags oor Orania uitgesak het, kon die twee groot tente ook skuiling aan die gaste bied!
    Nadat die dag op die gebruiklike Orania-wyse met Skriflesing en gebed geopen is, het Brendan Peyper die musiekprogram om 14:00 begin. Daarna het die feestelikhede, saamkuier en sang nie weer, tot ná 21:00, opgehou nie. Ruhan du Toit en Steve Hofmeyr het natuurlik die aand afgesluit met treffers soos die Land en Die Stem van Suid-Afrika. Die kunstenaars het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.
    CVO-Skool Orania het die opvoedingsraadvoorsitter, mnr Willie Nel, die komitee, die skoolhoof, ouers, onderwysers, leerlinge, Orania Veiligheid en Orania Dorpsraad van harte bedank.
    “Volgende jaar maak ons weer so!” sê hulle!

    Foto: Steve op die verhoog

    306359081 468039002005249 8591685990965118188 n

    Foto: Steve en Ruhan sing ‘Die Land’.

    306847086 468039308671885 5975552459441267484 n

    Foto: Oraniërs geniet die vertonings.

    306612150 468038052005344 351649350860743787 n
    Divider
    Boereoorlog Gedenkmuntstel
    Divider

    Vlaamse Vryheidsparty reël 60 km-vasbyt ten bate van Orania

    Vlaamse vriende van Orania het besluit om met sweet en vasbyt geld vir Orania in te samel. Stef de Keyser van Vlaamse Belang beplan om ʼn wedloop van 60 km af te lê om geld in te samel. Op verskillende afstande kan Vlaminge by hom aansluit en geld vir projekte in Orania skenk.
    Orania Beweging het in Mei en Junie vanjaar ʼn internasionale skakeltoer onderneem waar bande met vriende van Orania in ons stamlande herbevestig is en nuwe vriendskappe gesluit is. Een van die hoogtepunte van die besoek was skakeling met die Vlaamse Vryheidsparty, Vlaams Belang.
    Vlaams Belang se partytak in Mol het besluit om geld te help insamel vir Orania nadat die party se onderleier Filip Dewinter vroeër vanjaar aangedui het dat hulle Orania graag finansieel wil steun.
    Die geleentheid, wat op 15 Oktober sal plaasvind, neem die vorm van ʼn wedloop aan. Stef de Keyser sal alleen by die 60km-merk wegspring, maar ondersteuners kan die laaste 25 km, 10 km of 5 km saam met hom aflê. Iedereen kan dan ʼn Euro of meer per kilometer borg.
    Die doel is om geld vir skoliere in Orania in te samel, en ook ʼn belegging in Orania se eie sonplaas (ORASOL) te maak om sodoende Orania se onafhanklikheid van ESKOM te verhoog.
    Die Orania Beweging moedig elke Vlaamse vriend van Orania aan om op 15 Oktober hierdie geleentheid mee te maak. Orania Beweging-lede of Orania-ondersteuners in Suid-Afrika of elders, is natuurlik ook welkom om parallelle wedlope te reël ter ondersteuning van hierdie saak!

    Ons is baie dankbaar om lojale vriende in ons stamlande te hê, en wens Stef en elke deelnemer baie sterkte toe vir hierdie vasbyt!
    Besoek gerus die wedloop se amptelike webblad:

    307280918 5611411855580727 5024952782574824016 n

    FOTO onder: Die Orania Beweging en Orania Ontwikkelingsmaatskappy se verteenwoordigers tydens ‘n skakelbesoek in Vlaandere

    284709005 381084990712090 7205237196838520630 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Orania Karnaval: Wat lê voor?

    Dit is weer Karnavaltyd in Orania! Die jaarlikse Orania Karnaval bied vlotoptogte, stalletjies, vertonings en heerlike saamkuier. Hieronder is die volledige program van die Orania Karnaval.
    Orania Dorpsraad reël die jaarlikse Orania Karnaval. Die Karnaval is ʼn groot geleentheid en vorm deel van Orania se bedrywige sosiale program. Die Dorpsraad het onlangs die volledige program vir die Karnaval bekendgemaak en daar is, soos altyd, heelwat om na uit te sien!

    Hoewel die stalletjies en hoofaktiwiteite alles op Vrydag 30 September en Saterdag 1 Oktober plaasvind, is daar ʼn weeklange voorprogram wat beloof om ewe veel pret te wees.
    Die program skop op Saterdag die 24ste September af met die Plaasbraai, ter viering van Orania se nuwe sonPlaas en rioolPlaas (sien berig hieronder). Met Sondag as rusdag in Orania, hervat die program Maandagaand weer met die plaaslike toneelstuk “Van Checkhov tot Carel vyf”, waar Orania-akteurs op die planke sal wees. Dinsdag kan ernstige, minder ernstige, en glad nie-ernstige, hardlopers, drawwers en stappers hulleself gate uit kom geniet by die “Neon Nagdraf”, ‘n kleurvolle vyf-kilometer deur Orania.
    Woensdag en Donderdag is die immergewilde (jaarlikse) Kaalvoet-konsert op die verhoog. Gewildheid het die organiseerders genoop om vanjaar drie vertonings aan te bied. (Een middag- en twee aandvertonings).

    Vrydag en Saterdag is die Karnaval in volle swang, met aktiwiteite, die vlotoptog, vertonings en meer. Ivan le Roux vermaak die Oraniërs en besoekers Vrydagaand met sy musiekvertoning, terwyl Andriëtte Saterdagaand sing.

    Ons sien uit om Oraniërs en besoekers vir hierdie fees te ontvang!

    307105241 1267129190496897 890246180033032194 n
    307927087 1267129740496842 2125371493576460926 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Vlugbalfees: Gemeenskap kompeteer vriendskaplik

    ʼn Propvol rugbyveld, lekker Afrikaanse musiek, ʼn warm aand in die vroeë lentelug, groot spreiligte en vriendelike kompetisie; so het die gemeenskapvlugbalfees verloop!
    Bo-Karoo Opleiding, Orania se tegniese opleidingsentrum het vanjaar inisiatief geneem met die reël van ʼn groot, gemeenskapsvlugbalfees. Hierdie vriendskaplike kompetisie, het geensins net kompeterende sportmanne en -vroue genooi nie, maar eerder die hele gemeenskap (van jonk tot oud!) uitgedaag. Elke onderneming, skool, instelling, kerk, groep, klub en komitee het ʼn uitnodiging ontvang en uit eindelik het 50 spanne op Vrydag 9 September opgedaag om kragte te meet!
    Die vriendskaplik-sosiale aard van die geleentheid het beteken dat daar nie kwart-, halfeindrondtes en finale wedstryde was nie, maar eerder kompetisie tussen soortgelyke instellings in verskillende ‘poele’.
    Die gemeenskap het byeengekom vir ʼn middag vol pret, skerts en vlugbal speel en dit gate uit geniet!
    Dankie aan Bo-Karoo Opleiding vir die reëlings en aan elke deelnemer vir die pret.

    Foto’s: Groot pret op Orania se sportsgronde

    306194591 507221774741528 8279442562567549428 n
    306324012 507222131408159 5799410890656236309 n
    Divider
    Orania CVO Ad Voorgrond Aug 21
    Divider

    Orania Dorpsraad: Skoon munisipale-oudit vir 31 jaar in ʼn ry

    Orania het sy eie munisipaliteit, totaal uniek in aard. Die Orania Dorpsraad se direkteure word direk (nie proporsioneel) verkies, en daar is GEEN partypolitiek in Orania se munisipale verkiesings nie. Die Orania Dorpsraad het sedert sy ontstaan 31 jaar gelede nog net skoon, en ongekwalifiseerde oudits ontvang!

    Orania Dorpsraad is Orania se eie munisipaliteit. Hier dien verkose direkteure die gemeenskap, en amptenare ontwikkel, onderhou en bestuur Orania se dienste. Onderverdeling van aandeelblokke, gemeenskapskwessies, die Dorpsraad se jaarverslae, finansiële verslag en meer dien by die Dorpsraad se jaarvergaderings, waarvan daar vanjaar twee was omdat Orania so vinnig groei.
    Benewens 31-jaar se skoon oudits, kon die Dorpsraadspan spog met groei op talle vlakke. Die Dorpraad se heffingsinkomste het met byna 60% gegroei sedert 2018, nie omdat heffings so gestyg het nie, maar omdat die gemeenskap so gegroei het. Daar was enorme groei wat verblyfregaansoeke betref, van 525 in 2018, na 1225 in 2021!
    Die totale jaarlikse verkoopswaarde van aandeleblokke (erwe) het toegeneem van Φ43 443 635 in 2018 na Φ82 973 683 in 2021!
    Wat regulatoriese groei betref, het Orania Dorpskantoor vir die jaar 116 bouplanne en so ook 30 ontwikkelingsplanne goedgekeur. Die nuwe bou-inspekteur het 357 bou-inspeksies uitgevoer, en daar is vir die jaar 90 nuwe besighede geregistreer.
    Die Orania Dorpsraad se volgehoue lewering van dienste op ʼn hoë standaard, terwyl verskeie omvattende infrastruktuurprojekte aangepak word, is prysenswaardig!

    Die Orania Dorpsraad se 31ste Algemene Jaarvergadering is Vrydag, 16 September 2022, gehou. Hanri Maritz is as voorsitter, Lida Strydom as ondervoorsitter en Elred Ferreira as dagbestuurslid herverkies. Geluk aan die direksie wat leiding neem sodat die Dorpsraad die gemeenskap kan dien.

    Foto: Uitvoerende Hoof Gawie Snyman aan die woord tydens die jaarvergadering.

    306922853 1266426657233817 544180027772563933 n
    Divider
    Boksomdaais Volblad
    Divider

    Stadbouer van die jaar

    Op 19 September 2022 het Solidariteit Helpende Hand en Orania Werk en Welstand die Gemeenskapsê en Stadsbouer en Werkgewer van die Jaar vir 2022 toekenningsaand aangebied.

    Dr. Dirk Hermann het die verwelkomings behartig en ʼn kort oorsig gegee oor die doel van die funksie. Hannes Noëth het die opening behartig waarna Hannie Viljoen van Solidariteit Helpende Hand terugvoer gegee het rakende gemeenskapsnavorsing wat dié organisasie verlede jaar nasionaal en ook in Orania onderneem het. Waardevolle inligting is hier gedeel wat Orania vergelyk het met die res van die land, onder andere rakende drankmisbruik, kerkverband en ander maatskaplike sake. Die statistiek het aangedui dat Orania oorwegend goed presteer in vergelyking met die res van Suid-Afrika.

    Dirk het gesels oor die rol van Solidariteit in die Werk en Welstand-kantoor en oor die belangrikheid dat Oraniërs moet streef na ʼn gawe-stelsel in plaas van ʼn klassestelsel ten opsigte van die wyse waarop werk benader word. Hannes het die belangrikheid van welstand vir werkers in die werkplek bespreek.

    Die aankondiging van die wenners van die Stadsbouer en Werkgewer van die jaar het gesorg vir groot opwinding. Verdienstelike persone is genomineer en uiteindelik aangewys op grond van die rol wat hulle speel in die opbou en strewe van Orania.

    Stadsbouer van die Jaar toekenning is soos volg:
    3de plek – Hendri Labuschagné
    2de plek – Lida Strydom
    1ste plek – Sherilee Mieny

    Werkgewer van die Jaar toekenning is soos volg:
    3de plek – Magdaleen Kleynhans
    2de plek – Freddie Nicholson
    1ste plek – Orion Hardeware (Frik en Ronel Bekker)

    Foto onder linksSherilee Mieny
    Foto onder regs: Dr Dirk Hermann aan die woord.

    307095878 205954211773556 2944722708576710757 n

    <

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.