Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 25 Julie 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 25 Julie 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #413592
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Ontwikkelingsplanne: Orania se stadsontwikkeling aan inwoners bekend gestel

    Orania se plan van demografiese konsentrasie is besig om vinniger en vinniger te ontwikkel. Orania se ekonomiese, bevolkings-, en ontwikkelingsgroei is tekenend daarvan. Die Orania Dorpsraad en die Orania Ontwikkelingsmaatskappy het onafhanklike en hoogs gekwalifiseerde stadsbeplanners gebruik om te help beplan aan die Orania van die toekoms. Dié planne is sopas aan inwoners bekendgestel.

    In 2016 is die eerste amptelike Orania ekonomiese ontwikkelingsplan bekendgestel. Die doel van hierdie plan was die ontwikkeling en groei van Orania om die pad na 10 000 inwoners te begin voorberei. Die video is bekendgestel by die eerste Orania Stadskonferensie wat ook in Pretoria by die Voortrekkermonument plaasgevind het.
    Vanjaar, sewe jaar later, is ‘n nog ‘n stadskonferensie in Orania aangebied. Dié keer met konkrete sonerings-, infrastruktuur- en ander ontwerpsdoelwitte wat bekendgemaak is. Die idee is om die Afrikanertuiste van die toekoms op ‘n sinvolle en volhoubare wyse te beplan, waar Afrikaners in ware gemeenskap kan saamleef, in veiligheid kan leef, en natuurlik die belangrikste: die vryheidsplan kan bevorder.
    Tydens hierdie geleentheid het Gawie Snyman, uitvoerende hoof van Orania Dorpsraad, die ekonomiese groei en ontwikkeling van ‘n Afrikanerstad teen die agtergrond van ‘n leefbare, kulturele tuiste vir ons mense, binne die waardes wat vir Orania en Oraniërs belangrik is, verduidelik.

    Gerrit Jordaan, gerekende argitek en stedelike beplanner en direkteur van die bekende NewUrban, het belangrike oorwegings in die stedelike ontwerp verduidelik.

    Daarna het Cobus Pretoruis, Hoof: Beplanning en Grondgebruik by Orania Dorpsraad, die pyplynprojekte van ontwikkelingsprioriteite, en ontwikkelings wat tans deur instellings en privaatontwikkelaars aangepak word, uitgelig.
    ‘n Nuutgemaakte video van Orania se ontwikkelingsplanne is ook eksklusief aan die gehoor vertoon, en sal aan die wyer publiek bekendgestel word by Orania se stadskonferensie in Pretoria op 23 Augustus. Meer inligting oor hierdie geleentheid volg spoedig.

    Foto 1: Cobus Pretorius aan die woord.
    Foto 2: Gawie Snyman, uitvoerende hoof van die Dorpskantoor, praat oor die leefbare stad.
    Foto 3: Gerrit Jordaan, argitek en stadsbeplanner, bespreek tegniese oorwegings in die stadsontwikkelingsplan.

    IMG-20230724-WA0101
    IMG-20230724-WA0100
    362235616 298058482602286 1927298268844915144 n
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    Kruger-dinee – standbeeldveldtog amptelik geloods

    ‘n Dinee om die projek vir die oprigting van die Paul Kruger standbeeld in te lei, het op Vrydag 14 Julie in Orania plaasgevind. Hierdie projek, wat onlangs aangekondig is, het ten doel om die Krugerstandbeeld op Kerkplein (Pretoria),en wat toenemend onder politieke druk is en ook die gevaar van vandalisering in die gesig staar, nuut in Orania op te rig.

    Hoekom Kruger?
    Paul Kruger as staaspresident van die ZAR het in sy eie tyd ‘n internasionale simbool van die republikeinse vryheid en die uitbou van die gereformeerde geloof geword. Orania is ‘n gemeenskap waar dieselfde idees gekoester word, uitgebou moet word en natuurlik ‘n plek waar Afrikanererfenis, wat elders vernietig en verniel word, ‘n nuwe tuiste kry.

    Hoe word die projek befonds?
    Bewaring van Afrikanererfenis is uiters belangrik, en ook ‘n belangrike merker op ons vryheidspad. Die ontwikkeling van Orania deur ekonomiese groei en die praktiese uitbou daarvan is natuurlik ‘n saak van oorlewing. Dit is daarom belangrik dat die fondse om hierdie projek moontlik te maak, vrywillige bydraes is, deur vrywilligers wat die saak waardig ag.
    Die projek beloop ongeveer ɸ2,6 miljoen, wat na baie klink, maar in die konteks van Orania se ekonomiese ontwikkelingsplan wat van 2016-2020 geloop het en op ‘n groot totaal van ɸ180 miljoen te staan gekom het, is daar duidelik perspektief oor ontwikkelingsdoelwitte en -prioriteite.

    Die Krugerprojek word dus befonds deur 2600 “stene” te verkoop, elk ter waarde van Φ1000. Elke persoon wat ‘n steen koop, ontvang ‘n sertifikaat van waardering en sommige oupas het selfs besluit om dit in hulle kinders of kleinkinders se name uit te maak.

    Persone wat stene wil koop kan met geldsake@orania.co.za skakel of aanlyn ‘n steen koop by https://orania.co.za/paul-kruger/

    Veiling
    Die eerste stene vir die Krugerprojek (1-10) is opgeveil tydens die dinee, met die eerste steen wat wat vir R40 000 aangekoop is! ‘n Groot totaal van R96 000 is tydens die geleentheid ingesamel, ‘n goeie wegspringpas vir die projek.

    Krugermunt

    Tydens die dinee is ‘n oorspronklike Kruger-munt aan Gawie Snyman van die Orania Bewaringstigting oorhandig.

    Die geskiedenis van die Krugerbeeldegroep begin reeds in 1895 en het ‘n ingewikkelde verloop tot 9 Oktober 1954 toe hierdie beeldegroep uiteindelik oor ‘n tydperk van drie dae op Kerkplein onthul is. Om hierdie laaste verskuiwing te kon bekostig en om 20 000 pond daarvoor bymekaar te maak het die Krugergenootskap ‘n aantal “Verskuiwingsmunte” gedruk en verkoop,in silwer en brons, op Afrikaans en Engels.

    Oor die jare het ‘n aantal van hierdie munte (30) in besit van die Krugergenootskap gebly. Met die loodsing van die Krugerprojek op Orania op 14 Julie 2023 het Hannes Noeth, tans voorsitter van die Krugergenootskap, in opdrag van die bestuur een van hierdie oorspronklike munte aan die voorsitter van die bewaringskomitee, Gawie Snyman, oorhandig. Dit is ‘n simboliese ondersteuning vir die oprigting van ‘n ewebeeld van die Kerkplein-beeld te Orania.
    Volgens Hannes is die munte ‘n belangrike simboliese merker vir kultuur en identiteit, en ook vir die dinge waarvoor Kruger gestaan het: “Vir die Krugergenootskap was dit waarvoor Kruger gestaan het nog altyd die kern waaroor alles gaan, naamlik vryheid in Christus wat ook vergestalt word in ‘n republikeinse vryheidstrewe. Die bede van die Krugergenootskap met die oorhandiging van hierdie amper 70-jaar oue munt is om te sê:onthou hoe het ons tot hier gekom, onthou dit kom met offers, tyd en stryd, maar laat ons nie opgee in die stryd van ons vaders nie.

    22222222

    Foto 1: Hannes Noeth aan die woord.
    Foto 2 en 3: Hannes oorhandig die Krugermunt aan Gawie Snyman. Dinee-uitnodigingsplakaat

    WhatsApp 2
    347398854 282231940829828 9197061989756877310 n
    Divider

    Orania Karnavaldatum bekendgemaak

    Die Orania Dorpsraad het vanjaar se amptelike Karnavaldatum bekendgemaak. Die Orania Karnaval is ‘n belangrike gebeurtenis op die Orania-kalender en is bekend as ‘n week vol pret, plesier en kultuur. Vanjaar se Karnaval sal plaasvind van 30 September tot 7 Oktober 2023 en vanjaar se tema is Afrikaners is plesierig!
    Die 2023 Karnavalprogram spring op 30 September weg met ‘n plaasbraai wat verlede jaar die eerste keer ter viering van Orania se nuwe son- en rioolplase vir ‘n os op die spit gesorg het. Die res van die week is propvol geleenthede, van die geliefde Kaalvoetkonsert en neonnagdraf, tot Pieter Smith, Fatman, Caroline Grace en vele meer, met ook heelwat nuwe items op die Karnavalweekprogram!

    Loer gerus by https://oraniakarnaval.co.za/ vir meer inligting en kaartjies.

    362302789 299490742459060 9175955087318971076 n
    fatman-Hoogtepunte-covers
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Jong Oraniërs presteer by Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskappe.

    Die 12-jarige Maritz Murphy en 13-jarige Mígael Murphy, leerlinge van Orania CVO-skool, het op 8 Julie aan die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskappe (Duathlon) by Midmar in Kwazulu Natal deelgeneem.
    Tydens hierdie byeenkoms het Mígael ‘n tweedede plek in die 12-13 supernaelloopafdeling (“supersprint”) behaal. (2,5 km hardloop, 10 km fietsry, 1,25 km hardloop).
    Maritz het ook aan die 12-13 supernaelloopafdeling afdeling deelgeneem en ‘n 7de plek behaal.
    Baie geluk aan hierdie twee jong Oraniërs!

    Foto’s: Die Murphy-broers in aksie.

    358059977 650264147127505 8967681424121886766 n
    358017390 650270630460190 2531889109759215798 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider
    Nuusbrief Advertensie

    Bo Karoo Opleiding: kampus infrastruktuur word verder ontwikkel

    Bo Karoo Opleiding is Orania se eie opleidingsinstelling. Meer as honderd studente studeer hier in Orania, veral in tegniese rigtings. Ambagte soos loodgieter- en elektrisiënkwalifikasies, asook konstruksie, en tuisversorging word aangebied. Van verlede jaar af is BKO ook as landboukollege geakkrediteer en het reeds ‘n hele aantal boerderystudente watingeskryf het..

    Die opleidingsentrum is egter besig om so vinnig te groei dat heelwat nuwe infrastruktuur gebou moet word. Nuwe werkswinkels word tans afgehandel waarbinne die elektriese-, loodgieter- en bou- en siviele konstruksiestudente opleiding ontvang. Dit is veral ruimtes vir die praktiese en tegniese dele van die opleiding wat aandag geniet.

    Foto: BKO breek nuwe grond. Die staalstruktuur vir nuwe opleidingskamers word opgerig.

    339818930 739305014558397 8594301029966666716 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Orania in die media

    Drie berigte oor Orania het onlangs in die media verskyn. Een in Frankryk, een in Swede en een in Japan. Dit is na gelang van besoeke vroeër vanjaar deur dié drie spanne joernaliste.
    Die Orania Beweging het die gaste ontvang en onderhoude toegestaan en gereël en het hulle dank uitgespreek teenoor die Oraniërs wat betrokke was by die ontvangs van die joernaliste.

    Franse Media: Le Figaro
    Die Franse Koerant Le Figaro het Orania met ‘n skrywer en kameraman besoek, en ‘n omvattende berig geskryf wat alles van geloof en kultuur in Orania, die reg tot selfbeskikking en stadsontwikkeling gedek het.

    Japanese koerant: Yomiuri Shimbun
    Yomiuri Shimbun is een van die groot vyf koerante in Japan. Die koerant is gebaseer in Tokio, en het verskeie internasionale joernaliste in hulle diens. Ryoji Fukazawa is een van die joernaliste wat Orania al telkemale besoek het en onlangs ‘n berig geskryf het oor die situasie in Suid-Afrika met verwysing na Orania en die planne wat hier gemaak word.

    Sweedse Media: Jonas Nilson
    Jonas Nilson is ‘n Sweedse onafhanklike joernalis, wat sy eie werk publiseer en vryskutwerk in die televisie en drukmedia doen. Jonas het ‘n artikel oor Orania gepubliseer met die naam: “Orania, building a nation one brick at a time”, wat wyd gedeel is. Die artikel kan hieronder gelees word.

    Foto’s Uittreksels uit die Franse koerantberig.

    Orania Page 4
    Orania Page 2
    Orania Page 3
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider

    Orania wens sy Vlaamse Vriende geluk met hulle nasionale dag

    Op 11 Julie in 1302 het gewone Vlaamse stadsburgers ‘n mag gevorm om hulleself teen die Franse te beskerm. Die Vlaminge het teen ridders en opgeleide Franse soldate te staan gekom, maar kon die Franse mag in die slag vernietig en oortuigend wen.
    Gewone mense, met ‘n buitengewone vryheidsdrang!

    Orania is dankbaar vir ons internasionale vriende wat, soos ons, baie lief vir vryheid is!

    Foto’s: Die Vlaams-nasionalistiese party, Vlaams Belang, se parlementslede het Orania in 2022 besoek. Die afvaardiging het onder andere ‘n Vlaamse vlag van meer as 100-jaar oud saamgebring, wat tydens die Anglo-Boereoorlog gemaak is om steun aan die Boere te toon.

    359460240 654575753363011 2887235080107741245 n
    Divider
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.