Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 25 September 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 25 September 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #421651
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania Dorpsraad nuwe dagbestuur en burgemeester

    (Orania se eerste vroue burgemeester!)

    Orania se munisipaliteit is totaal uniek in sy aard en die enigste van sy soort in Suid-Afrika. Die Orania Dorpsraad bestuur die dienslewering binne die dorpsgebied in Orania, asook ander funksies soos verblyfreg en veiligheid, totaal buite die raamwerk van politieke partye. Dit beteken Oraniërs word individueel genomineer, gesekondeer en verkies om te dien op die Orania Dorpsraad se direksie.

    Tydens Orania Dorpsraad (Orania Aandeleblok) se afgelope algemene jaarvergadering is Elred Ferreira en Hanri Maritz herverkies as direkteure, terwyl Christo Conradie as nuwe direkteur tot die Dorpsraad verkies is. Daarmee saam is Lida Strydom as voorsitter van die direksie verkies en Hanri Maritz, die vorige voorsitter, sal nou die rol van ondervoorsitter van die direksie vervul.
    Lida, Hanri en Elred dien nou op die dagbestuur van die Dorpsraad. Die verkose voorsitter van die direksie dien de facto as die burgemeester van Orania.
    Baie geluk aan hierdie direksielede! Ons vertrou ons gemeenskap aan julle toe en bid julle God se seën op julle werk toe. Mag julle hande gesterk word in die werk op ons Vryheidspad!

    Foto 1 en 2: Lida Strydom en Christo Conradie.
    Foto 3 en 4: Elred Ferreira en Hanri Maritz

    379128344 692279249592661 4339072618630825064 n
    379052350 692284359592150 3305657156944245103 n
    379118441 692284289592157 3733632864200585332 n
    379330697 692278766259376 8309539717164182228 n
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider
    EJ orania beweging adv
    Divider

    Orania weer in die media: “Het Orania die reg om te bestaan”?

    Orania was deur die loop van sy bestaan nog altyd in die kollig en daar was konstante media-aandag op hierdie Afrikanergemeenskap. Alhoewel dit soms baie negatiewe en aanvallende onderhoude is, bied dit altyd die geleentheid om Orania se saak aan vriend en vyand te stel.

    Die program Unfilterd op SABC, wat onlangs ‘n ernstige aanval op Gayton Mckenzie geloods het omdat hy positief oor Orania was, het ‘n onderhoud met die Orania Verteenwoordigende Raad se ondervoorsitter, Carel Boshoff, gevoer. Tydens hierdie program wat kwansuis die harde vrae oor Orania wou vra, is daar grotendeels gepoog om vergelykingslyne tussen Orania en die Apartheidsregering te trek, wat Carel kon afweer en ook kon verduidelik dat die Orania-idee ‘n nuwe idee is, waar daar regmatig in ‘n gemeenskap gebou word met eie arbeid, aan ‘n nuwe toekoms sonder om enige iemand te na te kom.
    Die onderhoudvoerder het hierna gepoog om Orania se bestaanreg te ontken, of geweldsuitsprake aan te hits, wat geen water gedra het nie.

    Die onderhoud is hier te sien:

    376914971 694327856054467 3990969077801014730 n
    Divider
    WhatsApp Image 2023-09-18 at 15.57.58
    Divider
    Spatkwas BCard NEW 1
    Divider

    Orania CVO-skool bied aan: Orania gaan groot

    Die groei wat Orania oor die afgelope jare beleef, gaan hand aan hand met instellings in Orania se vermoë om op ‘n toenemend hoër standaard funksies, vertonings en geleenthede aan te bied.

    Orania CVO-skool het op Saterdag 16 September die tweede Orania Gaan Groot aangebied. Hierdie geleentheid is ‘n daglange musiekfees waar top kunstenaars van oor die land in Orania optree, en Oraniërs en besoekers heerlik saamkuier. Vanjaar was daar ‘n sterk groep kunstenaars; Juanita du Plessis, JAN JAN JAN, Appel, Adam Tas en Demi-Lee Moore het die gaste vermaak met uitstekende vertonings.
    Volgens die organiseerders was daar meer as 2200 mense wat die fees bygewoon het, sommige wat van baie vêr af vir die geleentheid gery het.
    Baie geluk met hierdie inisiatief, en mag daar nog baie sulkes voorlê!

    Foto’s (van bo na onder) Demi-Lee Moore en Adam Tas op die verhoog, ‘n vol parkeerarea!, Juanita en JAN JAN JAN.

    380961973 694946619325924 8705536586348546436 n
    380871457 694946919325894 8950079394011296007 n
    380871066 694946822659237 2194938000073389701 n 1
    380883280 694947179325868 3292196488999872819 n
    380882449 694947169325869 6735466262926499113 n
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    Distriksmunisipaliteit besoek Orania

    Een van die dinge waarvoor Orania bekend is, is die gemeenskap se leierskap om uiters effektief en pragmaties te skakel met ander kultuurgroepe oor die land, asook met die regering op al drie vlakke, terwyl Afrikanerbelange steeds onbeskaamd bevorder word. Orania het al naam gemaak hiermee, deur die vermoë om van staatspresidente tot politieke aktiviste te ontvang, en Orania se saak konsekwent, logies en beredeneerd aan enige besoeker verduidelik.

    In die jaar 2000 het Orania in ‘n hofgeding met die regering ‘n skikking bereik waarvolgens Orania se oorgangstatus behou is. Dit het beteken dat Orania die status van ‘n unieke plaaslike gebied bereik het. Pixley ka seme is die groter distriksmunisipaliteit in die streek, wat sowat ‘n jaar gelede die Orania-gebied as spesiale oorlegsone erken het en so Orania se unieke status versterk het.Verteenwoordigers van Pixley ka seme het verteenwoordigers van Orania Dorpsraad en van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) besoek en gesprekke gevoer. Die besoek het goed afgeloop en is positief ervaar.

    Foto: Lede van die OVR, Orania Dorpsraad seniorpersoneel en die afvaardiging van Pixley Ka Seme

    379132094 325158159892318 2948202301602894326 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider
    Groeifonds Advertensie elektronies reg

    Brics GLOBAL TV Network maak Orania dokumentêr

    Orania kry gereeld besoek van joernaliste van regoor die wêreld. Dit sluit verskillende kanale, publikasies en mediahuise in. Soms is die media baie negatief en agteraf oor Orania, maar ander kere kry Oraniërs weer die geleentheid om hulle saak te stel en Orania as ‘n geloofwaardige, konsekwente en praktiese oplossing te verduidelik.

    Die BRICS Global Television Network het ‘n weeklange besoek aan Orania gebring om ‘n dokumentêr oor die dorp te vervaardig. Die joernalis van hierdie instelling is ‘n gesoute verslaggewer met ervaring by Reuters en die bekende Voice of America en het Orania besoek en diepgaande ondersoek ingestel.
    Tydens die besoek is met skoolpersoneel, Orania se dorpsbestuurder, Orania Beweging se hoof, nuwe intrekkers, kunstenaars en vele meer onderhoude gevoer.
    Sodra die dokumentêr gepubliseer word sal ons dit met ons ondersteuners deel.

    Foto’sBGTVN in gesprek met Oraniërs.

    WhatsApp Image 2023-09-22 at 15.44.20
    WhatsApp Image 2023-09-22 at 15.44.17
    WhatsApp Image 2023-09-22 at 15.44.18
    WhatsApp Image 2023-09-22 at 15.44.17111
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Onthulling van Klarissa Joubert Gedenkfakkel

    Die Orania Dorpsraad se afdeling vir Gemeenskapsdienste het op 9 September ‘n funksie vir die onthulling van die Klarissa Joubert Gedenkfakkel aangebied. Klarissa het in 2021 in die Oranjerivier verdrink.
    Arno Lambrechts, afdelingshoof by Gemeenskapsdienste, het almal welkom geheet. Daarna het ds Ronald Bain baie gepas geopen en Mauritz Meyer, hoof van die OVD Watervleuel, het terugvoer oor die groep gegee.
    Die watervleuel het tot stand gekom na afloop van dié verdrinking met die doel om rivierveiligheid te bevorder en in noodgevalle te help.
    Die Gedenkfakkel simboliseer ‘n lig wat in die duisternis skyn, baie gepas in die simboliek van ‘n ligtoring of lantern en ons Christelike geloof.
    Die fakkel is deur plaaslike vakman Renier Becker gemaak.

    Foto’s Die Jouberts by die gedenkfakkel, die OVD Watervleuel se toerusting soos uitgebou na die eenheid gevestig is, Zayn de Vries steek die gedenkfakkel aan.

    376713288 687910286696224 6614937583914717693 n
    376751348 687910166696236 6445607956880857743 n
    376716766 687910206696232 3048354667596887845 n 1
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider
    319155554 848390113035662 555850537164871354 n
    Divider

    AfriForum Protopsan opleiding in Orania

    Terwyl veiligheid landswyd ‘n groter en groter uitdaging word, moet meer en meer gemeenskappe deur middel van vrywilligers self vir hulle veiligheid begin verantwoordelikheid neem. Terwyl Orania se strategie vir veiligheid begin by eie-arbeid, demografiese vestiging in ‘n eie gebied, en om goeie verhoudinge te handhaaf, weet Oraniërs ook hoe belangrik dit is om fisieke paraatheid, en veiligheid te bevorder en ondersteun. Orania het sy eie veiligheidstrukture, maar tree ook soms as bestemming op waar amptelike instellings hulle verteenwoordigers oplei.

    AfriForum Veiligheid het van Donderdag 14 September tot Saterdag 23 September opleiding vir hulle inligtingspersoneel, buurtwaglede en protospanlede in Orania aangebied. Hiertydens is amptelike opleiding in die beskerming van gemeenskappe vir veiligheidslede van oor die land aangebied. Dit sluit inligting-, beplanning, en praktiese opleiding soos padblokkades, makkerhulp en wapenvaardighede in.
    Ons wens die persone wat hier opleiding deurgaan het veiligheid en voorspoed toe.

    Foto: Instrukteurs hou ‘n wakende oog op vrywilligers wie se fiksheidsvaardighede geasseseer word.

    20230914 102624
    Divider

    Die Orania gedagte: Gesprekke oor die groter prentjie

    Terwyl dit belangrik is om Orania se saak op konvensionele media te stel, is dit ook belangrik om van alternatiewe media gebruik te maak, wat dikwels meer gunstig teenoor die Orania-idee is of ten minste ‘n billike platvorm bied.
    Twee rolspelers vanuit Orania se strukture het onlangs deelgeneem aan gesprekke met Ernst van Zyl, op YouTube bekend vir sy kanaal Conscious Caracal en In alle Ernst.

    Gawie Snyman, Orania se dorpsbestuurder en Joost Strydom van die Orania Beweging, het aan gesprekke deelgeneem wat Orania se ontwikkelingsplanne, idees en ideale, redes vir ons poging en meer bespreek het. Daar is ook gesels oor die onderbou van die Orania-idee en dit wat daarmee saamgaan. Kyk gerus hier:

    Screenshot 2023-09-22 155632
    Screenshot 2023-09-22 155801
    Divider

    Volkskool Orania skoliere leer eerstehands van noodhulp

    Orania het twee skole, beide laer- en hoërskole waar kinders hulle skoolloopbane kan voltooi. Buiten gewone kurrikulumvereistes poog die skole om ook meer aan die leerlinge te bied, wat geskiedenis, opvoeding en ook praktiese ervaring insluit.

    Volkskool Orania het onlangs vir hulle leerlinge ‘n eerstehandse ervaring met betrekking tot noodsituasies en ambulansdienste gebied. Die personeel het ‘n praktiese dag gereël waar ‘pasiënte’ in verskillende nagemaakte noodsituasies deur ORANIAMED24 se paramediese beamptes en ambulanspersoneel bygestaan is.

    So leer die jongspan hoe om in moeilike situasies op te tree om die beste moontlike uitkoms te kry.

    Foto: Die noodhulp-oefening in aksie

    375865856 732075222263164 6536011760530285585 n
    374738741 732075658929787 7376347764441257701 n
    Divider

    Mielieprojek samel geld in vir Orania CVO-skool

    Beide Orania se skole is privaatskole om sodoende te verseker dat daar ‘n hoë vlak van selfstandigheid is. Terselfdertyd word daar nie elite-vlak skoolfondse gevra nie, sodat die gemeenskapslede toegang tot ons skole het. Dit beteken wel dat ‘n wesenlike deel van die skole se begroting self ingesamel moet word met planne, inisiatiewe en idees.

    Die Orania CVO-skool het ‘n jaarlikse “mielieprojek” waartydens geld vir die skool en sy werksaamhede ingesamel word. Die skool het op 8 September vanjaar weer hulle gala-aand met ‘n dinee ter afsluiting van hierdie jaar se projek aangebied. Met hierdie projek word boere van die omgewing ingeskryf vir ‘n kompetisie. Die doel is om soveel as moontlik tonne mielies of springmielies per hektaar te produseer. Die boer kan self die hektaar aanwys vir die beste moontlike kans om te wen. Al die gestroopte tonne van daardie hektaar word dan aan die skool geskenk. Groot borge en pryse is op die spel vir die wenners, maar die meeste boere neem eerder deel om die skool te ondersteun en iets daadwerklik hier te help bou. Pannar het as hoofborg vir die geleentheid opgetree.
    Die skool het φ1 165 000 vir die ontwikkeling van die skoolterrein ingesamel. In die verlede is van hierdie fondse al gebruik vir die bou van spog netbal- en tennisbane en vanjaar word daar gefokus op die aanbou van nuwe rugbyvelde.
    Die skool het hulle dank teenoor al die boere, organiseerders en die mieliekomitee uitgespreek.

    377498810 725490132926800 7172463989553317216 n
    Divider

    Nog ondersteuning vir die Krugerprojek

    Die projek om ‘n presiese replika van die Krugermonument wat op Kerkplein in Pretoria staan, in Orania op te rig, vorder goed.
    Omdat die Krugerbeeld daar dikwels blootgestel word aan vandale, politieke aanvalle, en algemene verwaarlosing en vernietiging, maar ook omdat hier in Orania gebou word aan die ideale van ‘n protestante gereformeerde geloof en die Republikeinse vryheidsidee, is daar besluit om geld in te samel om die beeld ook hier op te rig.

    Daar word “stene” verkoop teen φ1000 stuk, om die φ2,6 miljoen in te samel, so neem persone, instellings en individue deel aan hierdie daad van geskiedenisbewaring en beskerming van ons simbole.

    Screenshot 20221129 194313
    Divider
    PIETER BISSCHOFF
    Divider

    facebook instagram twitter youtube
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.