Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 29 November 2022

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 29 November 2022

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #384393
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania sonkrag-projekbestuurder na energie-indaba in Kaapstad genooi

    Orania en Oraniërs het ‘n sterk fokus op groeiende selfstandigheid, en uitbou van praktiese oplossings om meer selfonderhoudend te wees. Hieronder val energie natuurlik ook, en Orania se eie sonplaas, ORASOL, het onlangs heelwat media-opslae gemaak soos wat die eerste fases voltooi word.
    Riaan Jacobs, die projekbestuurder by ORASOL en voorsitter van die Orania Verteenwoordigende Raad, is onlangs uitgenooi om ‘n energie-indaba in Kaapstad by te woon.
    Hierdie geleentheid, wat deur die Afrikaner-Afrika inisiatief, met ondersteuning van AfriForum, gereël is, is deur verskeie rolspelers in die energie-omgewing bygewoon. Die bedryfshoof van ESKOM, Jan Oberholzer, het as spreker opgetree, en die energiekenner Chris Yelland, en burgemeesters van verskeie Weskaapse, en Noordkaapse dorpe en stede, onderandere die burgemeester van Kaapstad het die geleentheid bygewoon.
    Volgens Riaan is oplossings vir gemeenskappe, stede, en selfs die land se kragprobleme bespreek. Kleinskaalse voorbeelde en konsepte is ondersoek en verder is daar tot aanbiedinge oor kernfusie-tegnologie is gedoen, wat tot baie stimulerende gesprek gelei het.
    ORASOL is tans besig om die moontlikhede vir groei en uitbreiding te ondersoek.

    riaan2

    Foto bo: Riaan Jacobs (links) en Werner Human van die Solidariteit Beweging.
    Foto onder: Orasol in Orania na goeie reën verledejaar.

    266328243 6629857993756287 4059400824434403292 n
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    “Kyk, die grootste konstitusionele omwenteling sedert 1910!”

    Professor Koos Malan, bekende juris, grondwetkenner en meningsvormende skrywer het onlangs ʼn rede in Orania gelewer oor die grootste konstitusionele omwenteling in Suid-Afrika in meer as 100 jaar.
    Die Orania-oplossing vir Afrikaners, wat fokus op demografie-politiek (konsentrasie op een plek), met eie instellings, eie grond en eie arbeid, is ʼn gemeenskap van gemeenskappe waar daar meer fokus is op gemeenskappe se eie, plaaslike bestuur, as ʼn sentralistiese staat met gepaardgaande magsvergrype soos wat ons so dikwels in Suid-Afrika sien.
    In Professor Malan se aanbieding wys hy uit hoe die konstitusionele raamwerk wat die nuwe Suid-Afrika in stand hou, besig is om te verkrummel. Dit het in die verlede, met vorige regimes sedert 1910 ook telkens gebeur, en kan as ʼn verwysingsraamwerk vir komende verandering gebruik word.
    Professor Malan wys die belangrike rolspelers wat ʼn konstitusionele bestel onderhou, naamlik gedeelde identiteit, infrastruktuur en monopolie op wettige geweld uit en verduidelik verder hoe dramaties hierdie fondamente besig is om inmekaar te tuimel.
    Laastens wys prof Malan die geleenthede in die chaos uit, sowel as die belang van die de facto opbou van plaaslike gemeenskap-owerheidstrukture.
    Kyk gerus na die volledige aanbieding hier:

    Koos Malan thumb
    Divider
    1
    2
    Divider

    Orania Beweging doen aanbieding by beraad oor federalisme

    ʼn Verteenwoordiger van die Orania Beweging is onlangs genooi om ʼn aanbieding oor Orania, federalisme en praktiese vryheid by ʼn kongres oor federalisme te doen. By hierdie geleentheid, wat deur die dinkgroep Opinor en AfriForum gereël is, het sprekers en kundiges oor ʼn wye spektrum opgetree.
    Die Orania Beweging beskryf homself as ʼn vryheidsorganisasie, en bevorder Afrikanervryheid op verskillende vlakke. Federalisme is ʼn politieke stelsel waar die sentrale staat minder mag het en plaaslike owerhede meer mag het. Voorbeelde hiervan is byvoorbeeld die Verenigde State van Amerika wat nog federale eienskappe oor het, asook die Vlaminge en Suid-Tirolers, albei vriende van Orania.

    Joost Strydom van die Orania Beweging het die standpunt ingeneem dat sekere federale eienskappe, lesse en praktiese de facto-realiteite gebruik kan word as trappe tot groeiende selfbeskikking; die Orania-manier was oor jare om eenvoudig realiteite te skep, selfs al is dit nog op klein skaal. Realiteite wat geskep word, kan nie ontken word nie en so kan vryheid stap vir stap bevorder word.

    “Ons gaan nie vra vir groter vlakke van selfbeskikking nie, maar dit vat. Die “vat” is egter nie iets by iemand anders wegneem nie, maar eerder die “vat” van verantwoordelikheid. Dit was nog altyd die Orania-manier, om eenvoudig van grondvlak af te bou, al is dit in klein stappies.
    Kyk gerus na die volledige geleentheid “Kajuitraad” met Strydom se aanbieding en samelopende paneelgesprek hier: (Die Orania aanbieding begin by 01:25)

    Foto: Joost Strydom neem deel aan ‘n paneelgesprek by die geleentheid.

    WhatsApp Image 2022-11-14 at 12.33.02
    WhatsApp Image 2022-11-14 at 12.33.01
    Divider
    VKN advertensie. FINAAL
    Divider
    Tuisversorging advertensie
    Divider

    Orania Veiligheidsdienste (OVD) se vinnige optrede beskerm gemeenskap.

    Orania Veiligheidsdienste kan navrae bevestig dat flink optrede deur Orania Veiligheidsdienste en die OVD Taakspan gelei het tot die arrestasie van ʼn verdagte persoon en Orania-inwoners só veilig gehou is. Die verdagte het ʼn onwettige wapen by hom gehad, wat afgeneem is. ʼn Interne dissiplinêre proses en eksterne SAPD-ondersoek is tans aan die gang.

    Lede van Orania Veiligheidsdienste (OVD) se Taakspan het hierdie week verdagte gedrag opgevolg en met vinnige en deeglike optrede ʼn verdagte gearresteer en Orania-inwoners veilig gehou.
    Orania Veiligheidsdienste se reaksie het gevolg nadat inligting vanuit die gemeenskap gedui het op verdagte optrede. Die optrede en inligting is geëvalueer en OVD het besluit om dadelik op te tree.
    Een verdagte is gearresteer, en ʼn onwettige wapen en ammunisie is by die persoon afgeneem. Die verdagte is daarna aan die SAPD oorhandig. Orania volg ook tans sy eie dissiplinêre proses.
    Die Distrikskommissaris van die SAPD, Majoor-Generaal Nomana Adonis het OVD gelukgewens met hulle parate en doeltreffende optrede in samewerking met die SAPD. Die Majoor-Generaal het ook die samewerking tussen OVD en Hopetown SAPD as ʼn belangrike meganisme in misdaadbestryding beskryf.

    Orania Veiligheidsdienste is ʼn volfiliaal van Orania Dorpsraad en dien die gemeenskap as ʼn professionele en PSIRA-geregistreerde veiligheidsmaatskappy. Orania Veiligheidsdienste handhaaf openbare orde in Orania, en beskerm die gemeenskap teen eksterne bedreigings in samewerking met vrywilligers. ʼn Geen- verdraagsaamheid beleid vir dwelmmisbruik of handel en kriminaliteit word ook in Orania se verblyfregbeleid vervat.

    Volgens Ettiene de Lange, hoof van Orania Veiligheidsdienste geniet die veiligheid van inwoners ʼn hoë prioriteit en speel OVD ʼn rol om die streek te help veilig hou. ʼn Veilige streek beteken ook ʼn veilige Orania.
    Orania Veiligheidsdienste handhaaf ʼn goeie verhouding met SAPD Hopetown en is dankbaar vir die suksesvolle samewerking.
    Die verdagte het op 24 November in die Landdroshof verskyn, en Orania is reeds besig met ʼn interne dissiplinêre proses.

    FOTO’S: Argieffoto’s van Orania Veiligheidsdienste en Taakspan.

    316100078 505063701647551 4158797183416397257 n
    316065455 505063688314219 4073436513167428077 n
    316058023 505063678314220 3542320809215481485 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Orania se Kultuurhistoriese Museum nou weer oop vir besoekers

    Die Orania Kultuurhistoriese Museum is onlangs onder die leiding van, en met baie insette deur, die Orania Bewaringstigting, heropen. Dié museum wat ʼn versameling van bewaringswaardige items van regdeur die Afrikaner se ryk geskiedenis bevat, is ʼn groot trekpleister vir besoekers en belangstellendes. Die museum stal onder meer items van die vroeë Afrikanergeskiedenis, die Groot Trek, vryheidsoorloë en latere politieke geskiedenis van die Afrikaner uit.
    Die openingsgeleentheid is deur die Bewaringstigting aangebied, met James Kemp as seremoniemeester. Dominee Ruan Combrink het die opening met Skriflesing en gebed gelei, waarna die voorsitter van die Bewaringstigting, Gawie Snyman die verwelkoming gedoen het.
    Professor Andries Raath, skrywer en geskiedkundige, het sy geesdrif en uitsonderlike kennis met die gehoor gedeel. Hy het ‘n paar uitdagings aan Oraniërs gerig wat die uitbou van museums betref.
    ʼn Museumkundige met jare se studie-agtergrond en ondervinding het gaste ‘n kykie gegee in die prosesse en belangrikheid van die bewaring van die Afrikaner se ryk geskiedenis.
    Daarna is ʼn paar geskiedenisboeke ter fondsinsameling deur Jan Beyers opgeveil.
    Dr Louis Bothma het ‘n heildronk op die toekoms van die museum ingestel waarna Karlien de Beer, die toergids van die museum, saam met die gaste op ‘n informele kuier deur die museum gestap het.
    Inwoners en toeriste kan daarna uitsien om van hierdie week af die museum gedurende weeksdae van 09:00 tot 12:00 en 14:00 tot 16:00 te besoek.

    314735475 2905172626283263 551864632949050625 n

    Foto bo: Karlien de Beer by een van die uitstallings.
    Foto onder: Twee Oraniërs by Jopie Fourie se persoonlike vlag, in die museum.

    313900974 2905172712949921 2838148923646393472 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Oranjerivier in vloed

    Getroue Orania-vakansiegangers wat al baie jare in Orania kom uitspan, sal onthou dat die Oranjerivier in 2011 en ook weer in 2021 hoog opgedruk het teen sy walle. By Aan-die-Oewer is die water weer op pad na restaurantvloerhoogte toe en die immergewilde Sandbaai is weer onder water.
    Orania het sy “eerste lewe” (pre-Afrikanergroeipunt) aan die konstruksiespanne wat aan die Vanderkloofdam en die kanaalstelsel gewerk het, te danke. Die einste dam, en die Gariepdam wat verder stroomop in die Oranjerivier is, loop beide oor.

    Verlede week was Gariepdam se stand op 112.71% met ʼn uitvloei van 1633.55 m³/s terwyl die Vanderkloofdam 111.07% vol was met ʼn uitvloei van 1799.23 m³/s. Dit het egter begin stabiliseer en watervlakke het reeds begin daal. Teen Vrydag 25 November, het Gariep se watervlakke op 105.78% gestaan en die Vanderkloofdam het 107.99% gestaan met ʼn uitvloei van 218.24m³/s.
    Gegewe die vinnige vloei en ernstige risiko’s wat daarmee saamgaan het Orania Dorpsraad besluit om toegang tot die rivier te verbied en waarskuwingborde aangebring om besoekers en inwoners te herinner dat die Oranjerivier uiters gevaarlik kan wees.

    WhatsApp Image 2022-11-29 at 19.00.10

    Foto bo: Die bekende Oewerrestuarant, met water naby aan die vloer. Die foto is verledeweek geneem.

    Foto onder: Sandbaai onderwater, omtrent ‘n week gelede. Onder die bome is die braaigeriewe waar gewoonlik gebraai word.

    WhatsApp Image 2022-11-16 at 14.19.22
    WhatsApp Image 2022-11-17 at 08.55.47

    Foto bo:‘n Waterveiligheidopleidingsessie wat Orania Veiligheidsdienste by die skole gedoen het.

    Divider
    Orania CVO Ad Voorgrond Aug 21
    Divider

    Vasbyt: Jaarlikse veldwedloop weer in Orania aangebied

    Die Bo-Karoo Vasbyt is ʼn jaarlikse 100 km-vasbyt wat oor vier dae gehardloop word. Die wedloop is egter nie net vir hardlopers nie en vir die afgelope paar jaar word daar ook 250 km Vastrap- en 116 km Ligtrap-fietsrenne aangebied. Vir atlete wat wel wil hardloop, maar meer wil fokus op die lekker toerisme en ontspanningsgeleenthede in Orania as op swaarkry, is daar natuurlik ook die Ligloop, 55 km se draf of stap oor vier dae.
    Die geleentheid het ʼn baie sosiale aard en atlete braai en kuier heerlik saam ná afloop van die dag se hardloop of fietsry.
    Meer inligting en inskrywings is by hierdie skakel beskikbaar:

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.