Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 3 Februarie 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 3 Februarie 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #391854
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Orania ontwikkelingsplanne bekend: 500 nuwe erwe

    Orania groei sedert 2016 elke jaar met ‘n gemiddeld van 10% in bevolking. In 2020 het Orania met ‘n merkwaardige 16.5% gegroei en in 2021 met meer as 15%.
    Orania se groei veroorsaak dat daar ‘n ongelooflike vraag na eiendom is, terwyl Orania se huidige aantal beskikbare erwe van so ‘n aard is, dat aanbod weer baie klein is. Hoë aanvraag en lae aanbod veroorsaak in ‘n vryemark dat eiendomspryse in Orania baie kompeterend is.

    Om Orania meer toeganklik te maak vir vestiging van Afrikaners en om Orania se groei as Afrikanertuiste te help fasiliteer, het die Orania Ontwikkelingsmaatskappy in samewerking met Orania Dorpsraad en ander rolspelers, ‘n projek aangepak om 500 nuwe erwe te ontwikkel!
    Dit is ‘n omvattende projek wat oor verskillende gebiede strek en wat in verskillende fases oor die volgende paar jaar uitgevoer sal word.
    Kyk gerus na die gesprek tussen Joost Strydom van die Orania Beweging en Frans de Klerk van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy oor hierdie nuwe planne.

    Thumb
    Divider
    Ledenaweek 2023
    Divider
    Dorpsraad Advertensies-01
    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider

    ‘n Volkslied vir Orania

    Orania is ‘n selfstandige Afrikanergemeenskap met ‘n dwingende drang en strewe na volksvryheid. As gemeenskap beywer Oraniërs ons daarvoor om binne die raamwerk van groeiende selfbeskikking onsself vry te werk. Anders as die meeste ander pogings is Orania se model van Afrikanerselfbeskikking ‘n baie praktiese benadering. Tog bly simboliek steeds baie belangrik. Oor die afgelope 31 jaar het Orania sekere simbole gevestig; simbole wat so eie en tipies aan Orania is dat dit al wêreldbekendheid verwerf het. Binne hierdie konteks dink ons aan die Klein Reus, die Orania-vlag en die Ora. Die behoefte aan ‘n Orania-volkslied is uit verskeie geledere geopper en Orania Kunsteraad (OKeR) is genader om die proses van stapel te stuur. Die kompetisie om ‘n Orania-volkslied te kies is in die verlede bekendgestel, maar daar is besluit om die kompetisie vir ‘n wyle uit te stel ten einde soveel as moontlik deelname te verseker. Dié kompetisie word nou herloods.
    As ‘n mens die komponering van ‘n volkslied indringend bepeins en bespreek word dit baie gou duidelik dat enige mooi lied nie sal deug nie. Eerstens moet die lied die hart en siel van Orania vasvang, dan moet dit ook ‘n tydlose meesterstuk uit ‘n spesifieke genre wees wat gemaklik deur groot groepe mense gesing kan word.

    Hoe werk die kompetisie?
    Die aard van die kompetisie:
    Ronde 1 – Lirieke kompetisie:
    Lirieke vir ‘n volkslied word tans ingewag. Inskrywings sluit op 1 Mei 2023. Hierdie ronde is slegs vir lirieke. Deelnemers kan op eie inisiatief, met eie oordeel en op grond van eie navorsing/insig, lirieke skryf en instuur.
    Ronde 2 – Melodie-kompetisie:
    Die wenlirieke word op 31 Mei 2023 bekend- en beskikbaar gestel vir komponiste om ‘n melodie te skryf. Hierdie fase sal 14 Augustus 2023 open en sluit 6 April 2024.

    Pryse
    Die prysgeld vir elke afdeling van die kompetisie (te wete Ronde 1: Lirieke (woorde/gedig) en Ronde 2: Melodie) is ɸ10 000.
    Direkte familie van enige van die beoordelaars mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
    Inskrywings, reëls en regulasies: http://www.oraniakunsteraad.org.

    Bekendstellingsfunksie
    Die afgelope naweek het Orania Kunsteraad ‘n bekendstellingsfunksie gehou waartydens die kompetisie aan gaste bekendgestel is. Die funksie is deur ongeveer 70 mense bygewoon en behalwe vir heerlike eet- en drinkgoed, is die gaste vermaak met ‘n insiggewende voorlegging deur Anje Boshoff. Sy het verskeie volkere se amptelike liedere voorgehou, die gaste daarna laat luister na hoe dit klink en sy het verwys na verskillende komponente van volksliedere. Dit was ‘n inspirerende toespraak en die harte het daarna warm geklop, die vingers het gejeuk om te begin skryf!
    Daarna is ‘n veiling gehou waarvan die inkomste sal help om die administratiewe en ander uitgawes te dek.
    Ons moedig almal wat vaardig is met die pen aan om deel te neem aan die geleentheid. Meer inligting is op die webwerf by http://www.oraniakunsteraad.org beskikbaar.

    Screenshot 2023-02-03 152653
    Divider

    Nuwejaarsboodskap van die Orania Beweging se Raadsvoorsitter

    Die prettige gewoonte om nuwejaarsvoornemens vas te stel (en te verbreek), het meriete. Ná die rus en kuier is dit goed om mikpunte te stel en te dink oor waardes en wat ons breedweg “kultuur” noem.
    Die Orania Beweging wil u graag sterkte toewens, maar ook bedank vir waardevolle ondersteuning.
    Orania word vir al hoe meer Afrikaners ʼn boodskap van hoop en vir Suid Afrikaners hopelik ʼn voorbeeld van moontlikhede. Daar is egter meer as genoeg uitdagings en ons floreer daarop! Dalk is dit juis die strewe na die feitlik onmoontlike wat ons (en veral ons ondersteuners) aanvuur!
    Tans is daar ʼn paar sake wat aandag verdien:
    1. Die effek van beurtkrag op ondernemings.
    2. Die klem op goeie opvoeding en opleiding ten spyte van verskeie uitdagings.
    3. Die versorging van ons seniors, sowel diegene wat finansieel vermoënd is as diegene wat minder vermoënd is. Infrastruktuur is bitter duur!
    Een van die projekte in Orania wat meer esteties van aard is, maar tog ook belangrik, is die verfraaiing van veral ons “eerste aansig” gebiede.
    Al bogenoemde verdien ons volgehoue aandag en sal ons op u steun om met u lidmaatskapsbydraes (en ook dmv Helpsaamfonds bydraes) deel te wees van wat ons beskou as ʼn positiewe en etiese bydrae tot die oplos van die RSA se uitdagings.
    Met God se genade glo ons dat Orania in 2023 verder sal bou aan die uiteindelike oplossing vir ʼn heenkome vir Afrikaners. Dankie dat u daarmee help.
    Mag u eie doelwitte suiwer wees, en die pad daarheen deeglik beplan!
    John Strydom
    Voorsitter van die Orania Beweging Raad

    Foto: Dr John Strydom

    John-01
    Divider
    Orania Rek
    Divider
    OraniaMed24 16
    Divider

    Orania-instellings skakel met tradisionele gemeenskap Mnyameni

    Op 11 Desember 2012 het leiers in Orania met die leierd van die tradisionele gemeenskap Mnyameni ‘n memorandum van verstandhouding gesluit. Leiers uit Orania het onlangs weer ‘n besoek aan Mnyameni gebring.
    In die memorandum van verstandhouding bevestig Oraniërs en die inwoners van Mnyameni dat daar ooreenkomste is tussen die twee gemeenskappe wat beide hoër vlakke van selfbeskikking najaag, maar erken ook kulturele en ander verskille. Beide gemeenskappe verbind hulle aan God, aan groeiende vlakke van selfbeskikking en aan die verantwoordelikhede wat met albei hierdie sake verbandhou.
    Leiersfigure van die Orania Dorpsraad en Orania Ontwikkelingsmaatskappy het onlangs weer besoek aan Mnyameni gebring en met hoofman Mdledle en ander inwoners van Mnyameni in gesprek getree.
    Janneman Roux en Gawie Snyman van Orania Dorpsraad, en Frans de Klerk en Pieter Bisschoff van Orania Ontwikkelingsmaatskappy het Orania tydens hierdie geleentheid verteenwoordig.
    Die geselskap is hartlik ontvang deur hoofman Siphiwe Mdledle en sy familie.
    Die doel van die besoek het gefokus op ontwikkelingsinisiatiewe wat gemeenskappe kan loods om ekonomiese aktiwiteite te stimuleer en selfstandigheid te verhoog.
    Die besoek vorm deel van Orania se deurlopende skakeling met verskeie kultuurgemeenskappe om wedersydse erkenning en respek te bevorder.

    Foto’s Gawie Snyman, Janneman Roux en Frans de Klerk (eerste foto VLNR) in gesprek met hoofman Mdledle.
    Foto 2: Oraniërs en die mense van Mnyameni

    324880665 729784211656816 3256845801097591487 n
    324852030 1598289117302610 6726791140921261458 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider

    Orania CVO-skool sit 100% matriekslaagsyfer sedert ontstaan voort

    Dié skool, wat uit ‘n voorskoolse sentrum, laer- en hoërskool bestaan, spog vanjaar met 540 ingeskrewe skoliere. Verlede jaar (2022) se matriekuitslae is pas deur die onafhanklike eksamenraad IEB bekendgemaak. Almal het geslaag en dus die 100% slaagsyfer van die afgelope 30 jaar volgehou.

    Van die matrieks het 82% toelating gekry vir baccalaureus-studies aan ‘n universiteit. Daarmee saam is 16 A-vakgemiddeldes en 25 B’s en 32 C’s verwerf. Die drie top presteerders, elkeen met drie onderskeidings, het ook hulle toekomsplanne bekendgemaak (lees hieronder).

    Baie geluk aan elke matriek en baie sterkte vir elkeen in die klas met hulle toekomsplanne.
    Baie geluk ook aan die ouers, onderwysers en almal wat by die skool betrokke is.

    • Stephan Bredenhann presteer die beste. Hy gaan BSc Rekenaarwetenskappe in Stellenbosch studeer.
    • Leané Nothnagel presteer die tweede beste. Sy gaan B.Com Ondernemingsbestuur aan Akademia studeer.
    • Jana Tomlinson presteer die derde beste en sy gaan BSc Agric Dierekunde aan Tukkies studeer

    CVO-Thumb
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Volkskool Orania spog met goeie uitslae

    In 2022 spog 10 van Volkskool AfstandleerPlus se 21 voltydse matriekleerders met onderskeidings.
    Uit die totaal van 19 onderskeidings is 4 in Afrikaans, 3 in Engels, 3 in Wiskundige Geletterdheid en 2 in Toerisme.
    Baie geluk aan hierdie matrikulante en sterkte met die toekoms!

    322905380 1252212298712558 6757568786486164451 n
    Divider
    Orania CVO Ad Voorgrond Aug 21
    Divider

    Orania Dorpsraad: mees sonkragvriendelike plaaslike owerheid in die land?

    Orania en Oraniërs is van die beginjare af al baie gefokus op hoër vlakke van energie-onafhanklikheid. Orasol is Orania se eie sonkragverskaffer wat deur die owerheidstrukture help ontwikkel word. Privaat inisiatief is egter ook baie belangrik. Die Dorpsraad help om privaat inisiatiewe aan te moedig.
    Die munisipaliteit van Kaapstad het onlangs goeie nuus aangekondig: NERSA (die nasionale energiereguleerder) het ‘n uitbetaling van 78.98c per eenheid vir elektrisiteit wat huishoudings of besighede van sonkragstelsels af in die netwerk terugvoer, goedgekeur. Kaapstad Munisipaliteit het ‘n ekstra 25c per kWh aangebied om terugvoer aan te moedig. Dit is ‘n groottotaal van R1,03.
    Orania bied alreeds ɸ1.51 ( een ora = R1) per kWh vir privaatopwekking aan en beplan om dit in April nog meer te maak!
    Die Orania Dorpsraad maak ook die proses baie maklik, en hou aansluitingskostes laag, om elke Oraniër wat kan, aan te moedig om te begin met eie opwekking.
    Die totale poging tussen Orasol en privaatinisiatief in Orania beteken dat 33.3% van Orania se kragverbruik nie meer by Eskom aangekoop word nie, maar self opgewek word!
    Orania se sonplaas se eerste fase is in 2022 voltooi, en het reeds ‘n reuse-impak op Orania se ekonomie. Alhoewel Orania nog nie beurtkragvry is nie, word projekte beplan waaronder broodnodige uitbreiding van Orasol om so gou as moontlik, so onafhanklik as moontlik van ESKOM te word.
    Orania Dorpsraad en Orasol het reeds belangrike regulatoriese prosesse by NERSA afgehandel en besef dat inisiatief nou nodig is, sodat ESKOM nie Orania se groei verder kan terughou nie.
    Persone wat belangstel sal ook in Orasol kan belê.

    Foto: Francois Joubert ‘n Orania-pionier, Orania Beweging Raadslid, en Ingenieur van die Orasol-projek.

    Screenshot 2023-02-03 153753
    Divider

    Kadette- & Jeugkorps skep ruimte vir Orania se jeug

    Twee inisiatiewe is tans aan die gang om Orania se jongmense ‘n tuiste te gee waar hulle verantwoordelikhede, fisieke fiksheid, vaardighede en weerbaarheid leer.
    Die Orania Jeugkorps is ‘n inisiatief van die Taakspan, ‘n vrywillige groep binne Orania Veiligheidsdienste. Die Jeugkorps fokus op vaardigheidsopleiding vir jongmanne en -dames (vir die eerste keer vanjaar) tussen die ouderdomme van 17-25 jaar. Hierdie jaarlange inisiatief word opgedeel in ses kampe waar jongmense veldkuns, weerbaarheid, dissipline, trots en meer leer.

    Die Kadettekorps is ‘n inisiatief vir 12-16 jariges, hulle leer soortgelyke vaardighede op ouderdomsgepaste wyse. Die Kadettekorps is ‘n inisiatief deur die Orania Reserwegroep en skaaf aan fisieke vaardigheid, en -fiksheid, dissipline en spangees.

    Inskrywings vir beide inisiatiewe is nog oop.
    Kadettekorps Lariza Bredenkamp by 066 188 8117.
    Jeugkorps: Theuns Wessels 071 352 2754

    323428652 1380583012482075 739350378815132034 n
    324890823 739797334478765 2702742651828277620 n
    Divider

    Reuse Kragopwekker aangekoop om landbou te beskerm teen beurtkrag

    Besproeiingsboere regoor die land is in groot moeilikheid as gevolg van ESKOM se beurtkrag. Orania Boere het in Januarie ‘n groot stap geneem om minder afhanklik te wees van ESKOM.

    ‘n 650 KVA Kragopwekker is aangekoop as ‘n gesamentlike poging tussen die Wilco Groep , die 272-eienaarsvereniging (landbou) en die Orania Dorpsraad. Dié masjien is ‘n Scania V8 en kan in beurtkragtye help verseker dat die damme waaruit die besproeiingsboere water pomp vol bly.
    Dit alles gebeur terwyl ORASOL (Orania se sonplaas) se kapasiteit nog uitgebrei word.
    So werk Orania-instellings saam!

    Foto: Manne van die Wilco-groep saam met Andre van Heerden, Orania Dorpsraad se Ingenieur (Heel regs)

    Screenshot 2023-02-03 155944
    Divider
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.