Loving Life TV

Orania Beweging Nuusbrief: 5 September 2023

Home Forums ORANIA Orania Beweging Nuusbrief: 5 September 2023

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #419088
    Nat Quinn
    Keymaster
    OB---Email-Newsletter-Masthead

    Stadkonferensie oor Orania se groei goed bygewoon

    Die volgende baken op Orania se groeipad is om tot ‘n “stad” van 10 000 inwoners te groei. Die idee is om genoeg Afrikaners in ‘n gebied te fokus om Orania polities-, ekonomies- en prakties sterker te maak.

    Orania se nuutste planne is tydens ‘n goed bygewoonde geleentheid in Pretoria bekendgestel. Opwindende ontwikkelingsdoelwitte en strategiese oorwegings vir Orania se groei is by ‘n Stadskonferensie in Pretoria bekendgemaak.
    Orania moet groei van dorp na stad en van stad na streek: aan die hand hiervan is die vraag gevra: sal die omgewing rondom Orania een miljoen Afrikaners kan huisves?
    Hierdie konferensie is deur die Orania Dorpsraad, Orania Ontwikkelingsmaatskappy en Orania Beweging aangebied. Planne vir ‘n volgende fase waarin 10 000 inwoners gehuisves kan word, ontwikkeling van die stadsgebied en groeiende energie-onafhanklikheid is bekendgemaak. Dit sluit ‘n beurtkragoplossing in.
    Hierdie konferensie was ook die amptelike bekendstelling van Orania se stadsontwikkelingsplan. Die Orania stadsontwikkelingsplan is deur onafhanklike professionele stedelike ontwerpers en stadsargitekte by NewUrban gedoen. Gerrit Jordaan van New Urban het die ontwerp in ‘n aanbieding amptelik bekendgestel.
    Die ontwerp stel ontwikkelingsriglyne om Orania as weldeurdagte stad te help ontwikkel. Dit sluit ‘n netwerk van gemeenskaplike buurte, openbare areas en parke, goed geplaaste nywerhede- en industriële erwe in. Orania se ontwikkelingsdoelwit is ook nie om ‘n stad soos New York of Johannesburg te word nie, maar ‘n kultuureie stad met ‘n “plattelandse gevoel en landelike aard” om Orania se karakter en ons mense se liefde vir vryheid en oop ruimtes vas te vang.

    Gawie Snyman, uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad, het nie net op die ontwikkelingsuksesse en beplanning gewys nie, maar ook gefokus op die feit dat Orania ‘n nuwe model van dink en doen is, trou aan die gemeenskap se kulturele en gelowige karakter en dat die koop van grond in Orania ‘n openbare identifisering met hierdie model is.
    “Orania het sedert sy ontstaan in 1991 amptelike erkenning geniet as ‘n Afrikanervryheidsprojek … Om eiendom in Orania te koop is dus nie net ‘n finansiële transaksie nie, maar moet beskou word as ’n openbare verklaring van bereidwilligheid om bestaande bagasie neer te sit. Orania is gelyktydig ’n breuk met denke van die progressiewe liberale demokrasie aan die een kant en die apartheidsimpulse van blanke baasskap en Afrikaneroorheersing aan die ander kant. Orania eis hierdie kopskuiwe van elkeen van ons.”
    Snyman het ook die suksesse tot dusver, wat die oprigting van verskeie instellings in Orania insluit, uitgewys. Van hierdie suksesse is:

    Die suksesvolle afhandeling van die 2016 Ekonomiese Ontwikkelingsplan wat beleggings in Orania se infrastruktuur ingesluit het wat groei ter waarde van R180 000 000 realiseer het.
    Die uitbou van Orania se skole, na-skoolse opleiding en ander gemeenskapsinstellings.

    Die oprig van Orania se eie sonplaas, ORASOL, se eerste fase.
    Die aankoop van ‘n 4.8 MWh battery, wat in Desember 2023 in Orania behoort afgelewer te word en wat Orania van 06:00 tot 22:00 beurtkragvry sal hou.
    Multimiljoenrande se beleggings in elektriese-, riool-, water-, paaie- en ander infrastruktuur, asook in ‘n optieseveselnetwerk.
    Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het ‘n aanbieding gelewer waarin hy Solidariteit se steun aan Orania en projekte soos Orania verduidelik, met klem op demografiese realiteite en nuwe oplossings vir nuwe tye. “Afrikaners se probleem is nie ons getalle nie, maar die feit dat ons yl versprei is” het Buys gesê. “Ons het nie ‘n gebied waar ons as Afrikaners gekonsentreer is nie”.
    Daarna het Frans de Klerk, hoof van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, die “stad na streek”-strategie verduidelik waarin Orania homself posisioneer as ‘n Afrikanerstad binne die groter streek, en Afrikanervestiging binne die “demografiese gat” aanmoedig. Volgens de Klerk is ‘n gebied met ‘n 30 km radius vier maal groter as Singapoer en selfs groter as Hong Kong.
    De Klerk het uitgewys dat só ‘n gebied met ordentlike infrastruktuur ‘n miljoen Afrikaners sou kon huisves!
    Die geleentheid is goed bygewoon en Orania Beweginglede en Orania ondersteuners het geesdriftig aan die gesprekke deelgeneem en heerlik saamgekuier.
    Meer inligting oor die ontwikkelingsplanne sal voortdurend gekommunikeer word.
    Droom saam met ons groot, en doen saam ons groot dinge. Word saam met ons opgewonde oor Orania, die Afrikanertuiste!

    Foto 1 en 2: Die stadsbeplanners se voorstellings van moontlike ontwikkeling van Orania as ‘plattelandse stad’.
    Foto 3: Sprekers tydens die paneelgesprek

    369662450 820635762974016 9042945989280639098 n
    369699106 820635736307352 7523140245113402896 n 1
    370829173 314872867587514 3612060429991969661 n

    KYK: Aanbiedings by Stadskonferensie

    Gawie Thumb

    KLIEK OM VIDEO TE KYK

    Frans Thumb

    KLIEK OM VIDEO TE KYK

    Divider

    BELANGRIK: Gebruik die skakel heel onder “View entire message” indien dit afsny as gevolg van lengte.

    Heel onder aan die nuusbrief is skakels na al ons sosiale media platforms.

    HOA OB Old logo
    Divider
    EJ orania beweging adv
    Divider
    Stadsvideo Thumb
    Divider

    Russiese mediaspan besoek Orania

    Orania kry gereeld besoekers van oor die wêreld en van verskillende media-instellings. Oraniërs sien dit as ‘n geleentheid om onbeskaamd die Orania-plan te verduidelik en ons saak te stel. Internasionale joernaliste het soms verrykende en interessante vrae, en soms die gewone vlak-beskuldigings teen Orania.

    ‘n Span van vyf joernaliste (onafhanklike platform) vanuit Rusland het Orania middel Augustus besoek. Die span is van die aanlynkanaal Redactsiya en het Orania as ‘n deel van ‘n groter storie oor Suid-Afrika besoek. Aldus die joernaliste gaan hulle storie handel oor Apartheid, plaasmoorde en die politieke situasie in Suid-Afrika.

    Die Orania Beweging sal die skakel na die program deel sodra dit uitgesaai word.
    ‘n Spesiale woord van dank aan al die Orania Beweginglede wat dit met hulle bydraes moontlik maak dat hierdie joernaliste te woord gestaan kan word.

    russe

    Foto : Die Russiese Joernaliste en Joost Strydom van Orania Beweging.

    karnaval
    Divider
    Spatkwas BCard NEW 1
    Divider

    Orania se watersuiwerings-aanleg word uitgebou

    Die Dorpsraad se Ingenieursdienstespan is tans doenig met die opgradering van die watersuiweringsaanleg. Alhoewel Orania se bestaande suiweringsaanleg nog baie goed werk, raak die aanvraag net te hoog.
    Die huidige suiweringsaanleg suiwer 600 tot 700kl per dag en met die nuwe aanleg gaan die suiweringsvermoë kan verdubbel. Weens die hoë konstruksiekoste van konvensionele
    Watersuiweringsaanlegte is daar besluit om eerder ’n meer kompakte suiweringstelsel te oorweeg. Volgens André van Heerden, die hoof van Ingenieursdienste, sal die nuwe aanleg baie min spasie opneem en sal modulêr uitgebrei word soos wat Orania groei en die verbruik toeneem.

    Geoutomatiseerde vlakskaleaars sal die aanleg kan aan-en afskakel na gelang van die damvlakke. Die outomatiese funksie gaan Jan Stoltz en sy span, wat verantwoordelik is vir watersuiwering se werk aansienlik vergemaklik.

    • Die vervaardiger van die watersuiweringsaanleg se toebehore is Cubic Water van Nelspruit.

    Foto: Orania Dorpsraad se span aan die werk

    8312f75d-dd61-4bdc-9374-545d8741b966
    Divider
    Orania Rek
    Divider

    ‘n “Steen vir oom Paul”- projek skop goed af

    Die Orania Dorpsraad, Orania Ontwikkelingsmaatskappy, Orania Beweging, FAK en ander werk almal saam om ‘n replika van die Krugerstandbeeld in Pretoria in Orania op te rig. Die beeld loop toenemend deur onder vandale.
    Die Paul Kruger-beeld op Kerkplein in Pretoria herdenk ‘n deel van die Afrikanergeskiedenis waar Afrikaners in vryheid in hulle eie Republiek oor eie sake besluit het, aan die hand van die Gereformeerde geloof en binne die Republikeinse tradisie.
    Die demografie van Kerkplein het verander en ‘Oom Paul’ is kwalik meer tuis op Kerkplein, bowenal word hy gereeld deur vandale of politieke populisme soos die EFF aangeval en met verf of petrolbomme bestook. Onlangs is van die bronsfriespanele van die beeld se voetstuk afgesteel, ‘n volk se erfenis wat vir ander net ‘n vinnige geldmaaktransaksie geword het!

    Ten spyte van al hierdie slegte nuus, is daar ook goeie nuus. ‘n Presiese replika van die beeld gaan in Orania opgerig word! Orania en ondersteuners het reeds begin geld bymekaar maak om dié inisiatief te befonds. “Stene” word verkoop teen R1000 elk, en elke koper word met ‘n sertifikaat uitgereik wat bevestig dat hy/sy ‘n bydrae gemaak het om oom Paul in Orania op te rig!

    Hieronder is ‘n paar foto’s en ʼn video van kopers wat deel is van die eerste 77 mense wat hierdie projek help moontlik maak.

    As jy wil bydra tot hierdie projek loer gerus hier:

    369253107 677730711047515 1785666216948617141 n
    364131031 307699104949778 2115700495482637686 n
    Divider
    Volkskool advertensie Jan 22
    Divider
    Groeifonds Advertensie elektronies reg

    Orania Kunsteraad bied ‘n suksesvolle Taalweek aan

    Orania vier sy eie stel openbare vakansiedae. Orania is in die eersteplek ‘n doeldorp; ‘n Afrikanerkultuurgemeenskap waar Afrikanerkultuur bewaar en uitgebou word. Om ons eie openbare vakansiedae te vier is ‘n belangrike aspek hiervan. Taaldag word op 14 Augustus gevier en ‘n hele weeklange program is hierrondom aangebied!

    Die Orania Kunsteraad (OKeR) het oor die strekking van die afgelope paar jaar verantwoordelikheid geneem om rondom die 14de Augustus ‘n hele weekprogram aan te bied om Afrikaans te vier! In Orania is die enigste amptelike taal Afrikaans en ons vier en waardeer ons taal.
    Vanjaar se Taalweekprogram het van Maandag 14 Augustus tot Saterdag 19 August gestrek.
    Die program het met ‘n Volksliedjie saamsingaand by die Gannabos woonstelkompleks afgeskop.
    Dit was ‘n wonderlike buitelug saamkuiergeleentheid, waaraan oud en jong deelgeneem het.
    Op beide Dinsdag en Woensdag het splinternuwe digbundels van Oraniërs die lig gesien! Op Dinsdag is dr Wikus Buys se Erflig bekendgestel, terwyl ‘Kaalvoet Koos’ se Skoppensboer Woensdagmiddag sy beurt gehad het. Die aand is ‘n baie lekker gemeenskapskonsert aangebied.
    Donderdag, Vrydag en Saterdag was ook propvol met twee items per dag, ‘n oggend of middag en aandprogram vir elke dag.
    Dit sluit ‘n Afrikaanse poppekas, vertoning deur Laurinda Hofmeyr, kunsmark, ‘n boekbekendstelling, en meer in.
    Nog ‘n hoogtepunt was ‘n Afrikaanse Kortfilmfees wat (veral) jongmense die geleentheid gegee het om ‘n kortfilm te beplan, te skiet, te redigeer en in te skryf in ‘n baie kort tydsraamwerk. Dit was hope pret vir deelnemers en kykers! Die films kan op die OKeR webblad gekyk word.
    Baie geluk aan die OKeR-span met nog ‘n suksesvolle Taalweek, mag ons aanhou om ons geliefde moedertaal te vier en te waardeer!

    Foto’sOrania Kunsteraad het ‘n volksliedjie saamsingaand aangebied tydens Taalweek.

    367499119 594909836186811 1554655399913585077 n
    367469042 594902256187569 7283086567376145258 n
    Divider
    Kuberskool-2022-A4-Advert
    Divider

    Besige bytjies: Orania graad 8 meisie naaswenner by entrepreneurskompetisie

    ‘n Kompetisie waarin jong entrepreneurs geleentheid het om hulle staal te wys is onlangs deur AfriForum Sakenetwerk aangebied. Met hierdie entrepreneurskompetisie wil AfriForum kinders beloon wat wys dat hulle selfstandig kan werk en kreatief kan wees om idees in ’n onderneming te omskep.
    ‘n Jonge dame van Orania het vir haarself ‘n spreekwoordelike plek op die podium met haar naald en gare as naaswenner losgeslaan!
    Desirée Maree, naaswenner van die afdeling vir graad 8’s en 9’s, tuisonderrigleerder van Orania en eienaar van Naald & Garing se liefde vir die hantering van klere is deur haar ouma by haar gekweek en sy wend dit nou goed aan.
    Desirée vertel hoe sy as driejarige al gekyk het hoe flink haar ouma Martha met ‘n naald en gare was, en hierdie vaardigheid het dadelik by haar aanklank gevind.
    Sy het op negejarige ouderdom al ‘n kursus in die maak van handsakke afgehandel en teen die tyd wat sy 11-jaar oud was nie net klere herstel nie, maar het ook begin klere maak!
    Sy is tans met ‘n ontwerpkursus besig en het ook al kursusse vir ander jong naaldwerkers aangebied. Sy het ook onlangs begin om self klere te ontwerp.
    Waarheen gaan haar besigheid se inkomste? Om die besigheid te help groei natuurlik!
    Baie geluk Desirée.

    Foto Desirée (middel) besig om ander jonges naaldwerk te leer!

    b05cc170-c214-4322-bcd1-52f2ce3aa01d
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.