Loving Life TV

ORASOL: ORANIA SE EIE SONPLAAS EN DIE EERSTE STAP NA ENERGIE- ONAFHANKLIKHEID

Home Forums ORANIA ORASOL: ORANIA SE EIE SONPLAAS EN DIE EERSTE STAP NA ENERGIE- ONAFHANKLIKHEID

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #110623
    Nat Quinn
    Keymaster

    ORASOL:
    ORANIA SE EIE SONPLAAS EN DIE
    EERSTE STAP NA ENERGIE-
    ONAFHANKLIKHEID

     

    “ORASOL het vir homself die doel gestel – totale energie-onafhanklikheid vir Orania, en hoewel dit nog ‘n pad is om te stap, het ons reeds begin!”- Riaan Jacobs, projekbestuurder.
    ORASOL, Orania se eie sonplaas, se eerste fase is ten volle operasioneel. Dit beteken elke minuut wat die son skyn, word daar energie in Orania produseer! ORASOL is ‘n inisiatief, wat soos baie ander in Orania, ‘n samewerking tussen owerheid en ‘n kommersiële-model is. Omdat Orania geen munisipale-subsidie, of enige ander staatsgeld, kry nie, moet elke Orania projek op sy eie bene kan staan.

     

     

    Die twee afdelings van ORASOL se eerste fase funksioneer nou ten volle. Dit is die eerste fase van drie intree-fases van hierdie projek. Saam met privaatinisiatief in Orania (wat ten sterkste aangemoedig word) kan ORASOL ongeveer 30% van Orania se totale kragbehoefte diens. Die tweede en derde fase word beplan om Orania totaal beurtkrag-vry te maak van 06:00 soggens tot 22:00 saans, die ekonomies produktiewe tye. Orania kan nie bekostig om ekonomies stil te staan nie, die gemeenskap moet ekonomies aktief te wees sodat meer en groter geleenthede geskep kan word vir Afrikaners om in Orania te vestig. ORASOL het reeds NERSA (Die nasionale energiereguleerder) se toestemming om krag in die ESKOM netwerk terug te stoot (wanneer daar meer opgewek word as wat Orania op daardie stadium gebruik) en wag tans vir die amptelike dokumentasie.
    Dit sal beteken dat die opwekkingskapasiteit drasties vergroot sal kan word, samelopend word daar ook beplan om bergingskapasiteit te ontwikkel: batterye wat Orania, in die genoemde tye, deur beurtkrag kan dra. Orania is ongelukkig nog nie tans beurtkrag-vry nie, die stelsel is aan die nasionale netwerk gekoppel en sal eers werklik onafhanklik begin raak wanneer daar voldoende bergingsfasiliteite is. Die sonplaas kan tans 841kWp (kilowatt op piek) opwek.
    ORASOL & Privaat-inisiatief
    Soos hierbo genoem, kan ORASOL en die privaat sonkragstelsels saam naastenby 30% van Orania se energiebehoeftes diens. Dit beteken 30% van Orania se energie-koste vloei nie uit Orania uit nie! Die tipe Afrikaner wat in Orania kom vestig, of tot die Orania-idee aangetrokke is, is meestal in tipe mense wat in selfstandigheid belangstel. Dit beteken ook privaatpersone wil graag meer selfstandig en minder afhanklik van die staat wees.
    Foto: Privaat sonkragstelsels sigbaar vanuit die lug
    Dit is uiters belangrik dat die Dorpsraad ook hierdie selfstandigheid help insentifiseer.
    Orania is waarskynlik die mees gunstige munisipaliteit vir netwerk-terugvoer, wat in die res van die land SSEG heet (small scale embeded generation) is natuurlik in Orania KASIKO (Kleinskaalse ingebedde kragopwekking, ons eie woord!). Dit is goedkoop, maklik en lonend om krag te help terugvoer in die netwerk. So versprei ons Orania se onafhanklikheidsvlakke, en almal help daaraan ontwikkel.
    Finansiering:  Waar kom die geld vir die ontwikkeling vandaan?
    Die ontwikkeling van ‘n sonplaas is uiteraard ‘n baie duur proses, en ORASOL moes volhoubare planne maak om die projek te befonds.  Die Orania manier is om projekte vir die gemeenskap te kommersialiseer, sodat gemeenskapsprojekte in eie reg op hulle eie bene kan staan. ORASOL is geen uitsondering nie, die projek moet op ‘n wyse bedryf kan word dat dit ‘n wins maak om beleggers te kan diens en groei te help fasiliteer.
    Foto: ORASOL tydens konstruksie

     

    ORASOL het twee aandeelhouers (soos verduidelik in die video) maar verskeie beleggers (almal uit eie kraal en die saak goedgesind, het help belê. Die beleggers verdien weer ‘n opbrengs op hulle beleggings deur ORASOL se kragverkope, en ORASOL kan met ekonomie van skaal groei.
    ORASOL wek dus sonkrag op wat aan die munisipaliteit verkoop word teen normale kragtariewe. Vanuit daardie inkomste word die belegging gediens en groei beplan. Hoe groter ORASOL kan uitbrei, hoe beter opbrengs (en dus groeipotensiaal) is daar.
    Die energie-toekoms in Orania?
    Energie is wêreldwyd ‘n aktuele kwessie. Van die huidige gebeure in Rusland/Oekraine/Europa, tot brandstof en brandstofkostes.
    Vroeë Orania-denkers het sedert die eerste gesprekke oor die Orania-idee (deur SABRA so vroeg as die 1950’s) tot met AVSTIG (Waaruit die Orania Beweging ontstaan het) en die koop van Orania as dorp (1991) geweet energie-onafhanklikheid is ‘n kritiese punt vir Orania se oorlewing.
    Eskom se drastiese agteruitgang en wanvermoë om die land se basiese energiebehoeftes te diens, het opnuut ‘n dringendheid aangewakker by Oraniërs om energie-selfstandigheid te help ontwikkel.
    Son-, wind- en selfs hidro-kragoplossings is moontlikhede in die Karoo en breë Orania gebied. Son is egter by verre die mees gunstige in hierdie klimaat en terrein. Verskeie ander moontlikhede kan ook nog vir ‘n groeiende Orania ondersoek word.
    Vir eers egter, vier Orania die sukses van sy groeiende sonplaas!

     

     

     

     

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.