Loving Life TV

Psalms 83 Oorlog Deel 2 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Psalms 83 Oorlog Deel 2 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2237
    pieterdeklerk
    Moderator

     

     

     

     

     

    In Deel 1 het ek ‘n berig geplaas “If Israel strikes Iran, what happens next? – Adam Hoffman”. Dit het sekere opsies bespreek. Ek het ook ‘n paar ander geplaas om die agtergrond te skets. Wat ook duidelik deurkom is dat hierdie oorlog nie ‘n saak is van “of” nie, maar “wanneer”.
    Ek het onderstaande studie al ‘n paar jaar gelede geskryf, uitgesaai as ‘n preek en lerings gegee.
    Natuurlik was dit ‘n saak van geloof in die Woord aangesien baie van die dinge wat vandag duidelik geword het, toe amper fiksie was. Net soos ook die 2de oorlog wat sal kom naamlik Gog en Magog. Toe ek dit geskryf het, was dit totaal ondenkbaar gewees met die verskillende rolspelers wat betrokke gaan wees.
    Ek behandel die Gog en Magog oorlog volgende.
    Omrede ek altyd feite uit die Woord gee, word dit maar ietwat lank en daarom breek ek dit eerder in ‘n paar dele op.
    Met Rusland en Oekraïne is die aandag van die wêreld so gevestig daarop dat Amerika en Iran min aandag geniet. Nog ‘n tree nader?
    Kom ons begin kyk na hierdie oorlog. Net vir duidelikheid; hierdie oorlog is die volgende op die profetiese kalender.
    Soos met so baie stellings en sienings is dit gewoonlik die gebruik om ‘n paar teksverse uit die Bybel te haal en dit dan te gebruik as fondasie en daarop voortbou. So word eie oortuigings geskep van wat die Woord beteken. So word dit dan Eisegese.
    Ek het dus besluit om eerder volle tekse aan te haal. Dit gaan hierdie lering langer maak, so ek gaan dit stuk stuk plaas.
    Ek gaan nie Biden en Iran hier bespreek nie, alhoewel dit groot invloed het op moontlike verloop van sake, sal eerder sê dalk nog meer bespoedig.”
    Omtrent daagliks hoor ek mense sê dat ons moet regmaak, want Jesus kan enige dag kom. Glo my, ek het ontsaglike respek vir mense se reg om so te glo, maar dit meen nie dit is korrek nie. Daar is slegs een bron wat die werklike antwoorde het en dit is die Bybel, God se Woord. Meen dit dat ek tye en datums wil of kan vasstel? Nee beslis nie, want die Woord is so duidelik daaroor dat niemand weet nie.
    Mattéus 24:36 MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
    God het egter ‘n tydlyn (Kronologie) gestel en daar is nie ‘n kortpad daardeur nie.
    Voor ek begin met hierdie lering wil ek graag die volgende uitlig. Betyfel ons die onderstaande tekse, dan is dit nutteloos om die res te probeer verstaan. Ons moet nooit vergeet om die een belangrike Bybelse beginsel van profesie nie te verontagsaam nie
    2 Petrus 1:19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;
    20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie;
    21 want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.
    Soms voel ek dat ons miskien die volgende punt miskyk
    2 Tim 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
    16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
    Kom ons begin met die Bybelse uitleg van die Psalms 83 Oorlog.
    Israel is omring deur 2 ringe of kringe van vyandlike volke. Ek het dit besef toe ek die profesie aangaande die Eségiël 38-39 oorlog begin naspeur het. Daar het ek gevind dat hierdie Eségiël oorlog slegs die buitenste kring behandel en ek kon dit nie verstaan nie. Om die waarheid te sê, dit het amper ‘n stuikelblokvir my geword. Daar was net te veel onopgeloste vrae wat nie beantwoord kon word nie. Dit het dus gemeen dat, of die Bybel het fouteer of ek mis iets.
    Gelukkig het ek deur die jare geleer dat waar daar onsekerheid is, lê die probleem altyd by my gebrek aan kennis en moet ek God vra vir insig.
    Op ‘n dag lees ek Psalms en kom ek af op Psalms 83. Terwyl ek dit lees, gaan daar in my ‘n lig op. Ek kon die opgewondenheid in my voel en begin om navorsing te doen oor watter volke daarin na verwys word. Ja, julle is reg, die binneste kring.
    Op daardie stadium was daar nie werklik baie inligting nie. Ek was ook heel onkundig hieromtrent, maar dit is wat die studies van profesieë so vervullend maak. Daar gaan altyd iets nuuts oop.
    Ek het begin skryf daaroor. Later het ander skrywers dit opgeneem. Groot was my verbasing toe daar self skrywes in Amerika begin verskyn het. Vandag is dit in baie eskatologiese skrywers se boeke opgeneem.
    Kyk ons na die Westerse Kultuur en sienings dan is daar baie wat nog steeds glo dat die Eségiël 38-39 Oorlog, ook genoem die Gog en Magog Oorlog, die 3de Wêreld Oorlog is. Ander weer glo dat sodra daar konflik kom in die wêreld dan is DIT skielik weer 3de Wêreld Oorlog.
    Om 3de Wêreld Oorlog te wees, moet baie volke teen mekaar opstaan. Dit gaan nie gebeur nie. Daar gaan wel oorloë en gerugte wees, maar geen sogenaamde Wêreld Oorlog soos ons dit verstaan nie.
    Matthéüs 24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
    Het julle die volgende opgelet? “maar dit is nog nie die einde nie.” Hier word verwys na die heiden nasies se oorloë.
    Daar kom wel 3 geweldige oorloë, maar almal behels Israel. Nasies wat Israel aanval en van die aarde wil vee. Dit is hoekom ek die volgende bo genoem het
    2 Petrus 1:19 En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;
    Terwyl die Gog en Magog oorlog gaan gebeur, is daar ‘n ander oorlog wat nou aan die broei is en eerste moet gebeur naamlik; die Oorlog van Psalms 83.
    Wat sal aanleiding gee tot Psalm 83 Oorlog
    Volgens alle aanduidings is Israel op die punt om ‘n voorkomende aanval op Iran se atoomaanlegte te doen. Terwyl ek nie kan sê dat dit die enigste rede sal wees nie, kan ek wel sê dat dit ‘n leidende rol gaan speel. Amerika het onttrek van die Kern Verdrag met Iran en daar bestaan groot vyandskap tussen die twee lande. Amerika en Israel daarteen het nader na mekeer beweeg. Die resultaat van die Psalms 83 oorlog sal wees dat al die Islamitiese state wat Israel direk omring, verslaan en uitgedelg gaan word. Ek haal die hele Psalms aan, aangesien dit so belangrik is dat ons verstaan wat hier gebeur.
    Psalms 83:1 ‘n LIED. ‘n Psalm van Asaf.
    2 o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
    3 Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op.
    4 Teen u volk smee hulle listig ‘n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes.
    5 Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.
    6 Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle ‘n verbond:
    7 die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners,
    8 Gebal en Ammon, en Ámalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus.
    9 Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is ‘n arm vir die kinders van Lot. Sela.
    10 Maak met hulle soos met Mídian, soos met Sísera, soos met Jabin by die spruit Kison:
    11 hulle is verdelg by En-Dor, hulle het mis geword vir die grond.
    12 Maak hulle, hul edeles, soos Oreb en Seëb, en al hulle vorste soos Seba en Sálmuna,
    13 wat sê: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem!
    14 My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.
    15 Soos vuur wat ‘n bos verbrand, en soos die vlam wat berge aan die brand steek —
    16 vervolg hulle só met u storm en verskrik hulle met u stormwind.
    17 Oordek hulle aangesig met skande, dat hulle u Naam kan soek, o Here!
    18 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom;
    19 sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam Here is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.
    Na hierdie oorlog gee God vir ons die gevolge daarvan
    Esegiël 28:24 En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here Here is.
    25 So sê die Here Here: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.
    26 En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is.
    Ja, die vrede wat Israel so naarstiglik soek, sal hulle kry deur God se oordeel oor die nasies wat hulle omring.
    Hoe lank hierdie vrede gaan hou totdat die Oorlog van Gog en Magog gaan plaasvind, weet ek nie, net God weet dit. Deurdat daar twee oorloë gaan plaasvind, kry ons ‘n aanduiding van watter nasies betrokke by elk gaan wees. In die Gog Magog oorlog gaan die binnekring Islamitiese nasies afwesig wees. Toeval? Nie volgens God se Woord nie.
    Ek sal die Oorlog van Gog en Magog volgende bepreek. Omrede hierdie twee oorloë so nou verbind is, wil ek nou net twee punte uitlig.
    1) Wanneer daardie inval van Gog en Magog plaasvind, sal Israel veilig lewe sonder vrees.
    2) Die Psalms 83 Oorlog sal geveg word deur die IDF (Israel Defence Force), maar die Gog Magog Oorlog word deur God self beheer.
    Hier gaan dit weereens oor Psalms 83.
    Esegiël 25:13 daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
    14 En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here HERE.
    OBADJA.
    Godspraak teen Edom.
    Hierdie is lank so ek wil tog vra dat julle dit self sal lees. Dit bevat God se woede teen hierdie volk wat ook betrokke gaan wees in hierdie oorlog. Edom is die nageslag van Esau.
    Ek sou graag hier wou praat oor Edom, Ammoniete en Moabiete , maar dit is ‘n ander lering. Net interresant, hulle saam, is vandag Jordanië.
    In Deel 3 behandel ek die volke wat Israel gaan aanval.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.