Loving Life TV

Psalms 83 Oorlog Deel 3 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Psalms 83 Oorlog Deel 3 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2238
    pieterdeklerk
    Moderator

     

     

     

     

     

     

    Ons begin nou met die nasies betrokke by hierdie oorlog
    Net so terloops: God is ‘n God van liefde, maar ook ‘n God wie se geduld ‘n einde het. Ons hier in Suid Afrika draai ons rug op Israel. Ons kies kant met Islam wie se god Allah is. Die prys daarvoor gaan baie hoog wees.
    Kyk ons na die Woord, dan staan die 2 halfbroers teenoor mekaar, naamlik Isak en Ishmael. God se verbond gaan deur Isak, maar so baie Christene skaar hulle by Ismael, Esau en Lot se kant. Dan verwag ons God se seën. Gaan lees maar in Gen 6 wat sê God daarvan.
    Lees terselfde tyd God se uitspraak teen Edom in Obadja.
    Kom ons gaan aan met Psalms oorlog
    PSALMS 83
    Vir die Gog Magog oorlog is daar vier voorwaardes wat in plek moet wees.
    1) Israel moet ‘n soewereine staat wees
    2) Veilig wees, “sonder Mure” (militêr beskermd)
    3) Veilig wees in die hele Midde Ooste
    4) Indien nie die rykste, dan een van die rykste lande ter wêreld.
    Alvorens ek Psalms 83 verstaan het, het ek werklik nie geweet hoe voorwaardes 2 tot 4 enigsins moontlik gaan wees met betrekking tot Gog en Magog nie.
    Weer eens het ek tot die besef gekom dat God alles weet en ek in my klein menslike gedagtes probeer om my eie idees te vorm en wanneer ek dan faal, dadelik God se Woord in twyfel trek.
    God openbaar wat Hy wil, aan wie Hy wil, wanneeer Hy wil, en hoe gouer ons dit aanvaar, hoe makliker sal dit vir ons wees om ‘n vol lewe in Christus te lewe.
    Kom ons delf verder
    Kom ons kyk nou na die nasies wat in die oorloë betrokke sal wees:
    Psalms 83 koalisie:
    1 Tente van Edom = Afstammelinge van Esau, Palestynse vlugtelinge en Suid-Jordanie
    2 Ismaeliete = Saudi-Arabia
    3 Moab = Palestynse vlugtelinge en Sentraal –Jordanie (Nastate van Lot)
    4 Hagriete = Egipte
    5 Gebal = Noord-Lebanon
    6 Ammon = Palestynse vlugtelinge en Noord-Jordanie
    7 Amalekke = Arabiere suid van Israel
    8 Philiste = Palestynse vlugtelinge en Hamas in die Gaza Strook
    9 Bewoners van Tire = Hezbollah en Suid-Lebanon
    10 Syrie = Syrieërs
    11 Kinders van Lot = Moab en Ammon
    Palestyne is ‘n etniese etiket wat vandag los en vas gebruik word om na drie promenente Arabiese groepe te verwys; Die Palestyne in die Gaza Strook, Palestyne in die Wesbank en Palestynse vlutelinge. Hierdie groepe bewoon die gebiede wat die naaste aan hedendaagse Israel is.
    Gog en Magog Koalisie, slegs om verskil te wys. Sal hierdie in die Eségiël Oorlog bespreek
    a) Magog, Ros – Rusland met vorige republieke
    b) Persië = Iran
    c) Kus = Sudan, Ethiopië
    d) Put = Libië
    e) Gomar, Meshech en Tubal = Turkey en moontlik dele van Duitsland
    f) Beth-togarma = Turkey en Armenië.
    Kan julle sien dat die twee groepe heeltemaal verskil.
    Terug na Psalms 83 oorlog
    Die Psalms 83 oorlog sal verwoestend en vinng wees, waarin die Arabiese koalisie nie net verslaan sal word nie, maar ook verwoes sal word.
    Jeremia 49:2 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word ’n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.
    Jeremia 49:8 Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.
    Jeremia 49:19 Kyk, soos ’n leeu uit die pronkbosse van die Jordaan sal daar een optrek teen die vaste woning; want in ’n oomblik sal Ek hulle daaruit wegjaag; en hom wat uitgekies is, sal Ek daaroor aanstel. Want wie is soos Ek? En wie sal My dagvaar? En wie is tog ’n herder wat voor my aangesig kan standhou?
    20 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
    Hierdie is slegs drie van vele skrifte wat verwys na ‘n Midde-Ooste oorlog wat na my beskeie mening baie vinnig naderkom. Israel het onlangs ‘n lug aanval in Sirië uitgevoer op ‘n fabriek wat blykbaar betrokke was met chemise wapens sowel as wapentuig. Dit lyk dus asof Israel bereid en gereed is om tot voorkomende aanvalle oor te gaan.
    In Obadja is daar ‘n baie ernstige waarskuwing van God en ek glo dit is ook van toepassing op Suid-Afrika, met ons verwerping van God se volk. Lees self:
    Obadja 1:15 Want die dag van die HERE is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.
    16 Want net soos julle gedrink het op my heilige berg, sal al die nasies gedurigdeur drink, ja, hulle sal drink en swelg en word asof hulle nooit bestaan het nie.
    Lees asb die hele Obadja. Daar is die rede van God se woede teenoor Edom uitgespel.
    Mag ons volk en ook die regering betyds wakker word, sodat Suid-Afrika nie as ‘n boknasie deur God geoordeel word nie.
    Die Psalms 83 oorlog gaan binnekort plaasvind. Dit is voor die Iran-Rusland oorlog (Gog en Magog) en die sewentigste week van Daniel.
    Gedurende die Groot Verdrukkings periode sal die Israelse weermag geneutraliseer word, deur die valse sewe jaar vredesverdrag met die Anti-Chris.
    Die Bybel skets ‘n angswekkende oorsig oor wat gaan gebeur in hierdie Psalms 83 Oorlog. God se woede loop oor en verdelg dié wat deur die eeue Sy volk vervolg het. Die Woord leer so pertinent dat God ‘n God van liefde is, maar in dieselfde asem, ‘n God van wraak.
    Terwyl Psalms en vele ander Bybel boeke ons inlig oor die komende oorlog, gee Obadja, wat uit ‘n enkel hoofstuk beslaan, ‘n blik oor hoe die oorlog sal gebeur.
    Obadja 1:18 Dan sal die huis van Jakob ’n vuur wees en die huis van Josef ’n vlam, maar die huis van Esau ’n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die HERE het dit gespreek.
    Israel wat verteenwoordig word deur Jakob en Josef, verwoes Suid-Jordanië, verteenoordig deur Esau. Suid-Jordanië word ‘n puinhoop. In die nederlaag sal daar geen oorlewendes wees nie. Geen krygsgevangenis nie, almal sal gedood word.
    Obadja 1:9 En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.
    Hier word beskryf dat die soldate van Teman uitgeroei sal word weens die wreedheid van dié groep. Hulle het moord gepleeg, Israeliete vermoor. Dit wys op die felheid van Israel se oorwinning oor Esau.
    Esegiël sien ook die oorlog en het dit as volg opgeteken;
    Esegiël 25:13 daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
    14 En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here HERE.
    Hierdie teks stel dit ook baie duidelik dat Israel God se volk is. Verder is dit baie duidelik dat God ‘n God van liefde is, maar ook ‘n God van wraak. Daar is ook geskrywe; “Vreeslik is dit om te val in die hande van ‘n lewende God.”
    Hierdie oorlog brei uit na Saudi-Arabië. In Jeremia 49 is ‘n besonderse interesante teks. Dit kan verwys na ‘n gesamentlike bondgenoodskap tussen Israel en Saudi-Arabië om Iran se Kernfabrieke ens aan te val en te vernietig. Iran kan dan sy Proksies in Lebanon gebruik om die noorde van Israel aan te val.
    Jeremia 49:8 Vlug, draai om, skuil diep weg, o inwoners van Dedan! Want Ek het die ondergang van Esau oor hom gebring, die tyd dat Ek oor hom besoeking doen.
    Hierdie is ‘n waarskuwing aan Saudi-Arabië om hulle te onttrek van die alliansie met die Palestyne. Hulle word aangeraai om terug te trek na die binneland. Die historiese ligging van Dedan was in die Noord-Weste van Saudi-Arabië. Esegiël vertel ons dat hulle nie geluister het nie.
    Esegël 25:13 daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
    Hierdie verwysing na Dedan is die aanduiding wat vervat is in Psalms 83 en Obadja.
    Die Israelitiese weermag gaan oor die suidelike grens van Jordanië en val Saudi-Arabië (Dedan) aan vanuit die Noord Weste. Selfs so ver suid as die Rooi See.
    Jeremia 49:20 Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
    21 Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is ’n geskreeu – by die Skelfsee(Rooisee) word die geluid daarvan gehoor. (Egipte)
    Dit plaas die bondgenote van Saudi-Arabië, Suid-Jordanië en Egipte binne die oorlog se visier. Die Israelitiese weermag sal die bondgenootskap se aanhangers afsny en dan die Gaza Strook inval. Israel sal voortgaan met hulle inval en die nasies om hulle plunder. Jordanië se hoofstad, Amman, kom onder Israelitiese beheer. Jordanië gee oor aan Israel en so kom Israel in besit van Petra. Petra gaan ‘n baie belangrike rol speel in die Groot Verdrukking.
    Volgende week behandel ek Deel 4 waarin ek sal kyk na Jesaja 17 en wat gaan gebeur in die noorde van Sirië.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.