Loving Life TV

Psalms 83 Oorlog Deel 4 – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Psalms 83 Oorlog Deel 4 – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2303
    pieterdeklerk
    Moderator

    Verlede week het ons gekyk na sekere van die oordele wat God oor sekere volke uitgespreek het.

    Ek wil net weer noem dat Psalms 83 Oordeel deel met die binnekring van vyandiges van Israel.

    Wat so verstommend is, is dat hulle almal bloedverwant is aan Israel.

    Ek begin nou kyk na God se woede soos vervat in Jesaja 17.

    Jesaja 17:1 GODSPRAAK oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ‘n vervalle puinhoop word.
    2 Die stede Ároër sal verlate wees; vir die troppe vee sal hulle wees wat daar sal lê sonder dat iemand hulle skrikmaak.
    3 En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die Here van die leërskare.
    4 En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer.
    5 En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refáim.
    6 Maar ‘n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek die Here, die God van Israel.
    7 In dié dag sal die mens kyk na sy Maker, en sy oë sal sien op die Heilige van Israel;
    8 en hy sal nie kyk na die altare nie, die werk van sy hande; en wat sy vingers gemaak het, sal hy nie aansien nie: die heilige boomstamme en die sonpilare.
    9 In dié dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal ‘n wildernis wees.

    Terwyl dit nie moontlik is om presies te weet wat die uitvloeisel van hierdie Godspraak gaan wees nie, sien ek drie moontlike opsies.

    1) Sirië en/of Lebanon besluit om Israel aan te val en verskriklike sterftes vind onder Israel in die Noorde plaas. Min gaan dit oorleef. Hierdie aanval kan of deur missiele of chemise wapens plaasvind.
    2) Israel wat op vele fronte veg, word gekonfronteer deur die Siriese weermag wat oor die grens stroom en gebruik die Samson. Opsie (http://en.wikipedia.org/wiki/Samson_Option) om te verhoed dat hulle oorweldig word. Hierdie atoombom aanval gaan gemik word na Damaskus wat net oorkant die noordelike grens van Israel is.
    3) Sirië verloor die stryd teen hulle eie rebelle en die chemiese wapens val in die rebelle se hande. Dit sal dan na Hezbollah gaan. Israel voer ‘n grootskaalse aanval op Sirië uit om dit te verhoed. Dan is 1 of 2 hierbo moontlik.

    Dat Damaskus vernietig gaan word, hetsy deur 1 of 2 is verseker. Damaskus wat die oudste stad ter wêreld is, word onmiddellik vernietig en Sirië word vergruis deur die Israelitiese weermag.

    Jesaja 17:1 GODSPRAAK oor Damaskus. Kyk, Damaskus word weggeneem, sodat dit geen stad meer is nie, maar dit sal ’n vervalle puinhoop word

    Jesaja 17:9 In dié dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal ’n wildernis wees.

    Jesaja 17:14 In die aand – daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle wat ons beroof.

    Dit blyk uit Jesaja 17:14 dat die bedreiging uit Damaskus teen Israel net ‘n baie kort tydjie sal wees. Een oomblik word Israel bedreig met uitwissing en is totaal verskrik. Iets gebeur binne ‘n paar uur en wanneer dit dag word, is die krisis verby. Dit klink vir my na die Samson Opsie wat uitgeoefen word.

    Deur Jesaja 11:14 en Jesaja 17:1 weet ons dat Israel Damaskus totaal en al gaan vernietig en dat hulle Sirië gaan oorneem. Huidiglik het omtrent elke Midde Oosterse terreur organisasie verteenwoordiging in Damaskus. Hoe gepas dan dat die stad waarin die meeste teenstanders van Israel verteenwoordig word, deur Israel vernietig word.

    Beide Jeremia en Jesaja sê vir ons hoe Egipte, ‘n ander bondgenoot van die Arabiere (Arab Spring), gaan reageer op die nuus wat die Israelitiese weermag met Sirië gedoen het.

    Jesaja 19:16 sê die volgende: In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
    17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars ’n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.

    Die Woord van God vertel ons dat met die massiewe welslae van die Psalms 83 oorlog, wat Hy aan Israel gaan skenk deur die Israelitiese weermag, die gesig van die Midde-Ooste drasties gaan verander. Die kleine Israel van die hede gaan binnekort, na die oorlog, ‘n baie groot gedeelte van die Midde Ooste uitmaak.

    Die nasies wie hierdie koalisie teen Israel vorm, val tot ‘n baie groot mate in die gebied wat God aan Abraham en sy nastate gegee het.

    Na die oorlog verskuif die grense na of baie naby dit wat God beloof het in Genesis.

    Genesis 15:18 Op dié dag het die Here met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
    19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
    20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete
    21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

    Jeremia 49:2 Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word ’n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.

    Daar is vele meer teksverse, maar ek glo dat die wat ek genoem het, dit duidelik maak dat God Sy Abrahamitiese verbond met Israel gaan nakom. Die grond gaan terug na die regmatige eienaars. Iran kan skree soos hulle wil, Jerusalem behoort aan God en Israel en Jesus sal daarvandaan regeer. En o ja, Die Tempel gaan herbou word. God het so gesê.

    Wat word van Egipte?

    God sal Egipte bewaar, want God het bepaal dat Egipte nog ‘n rol het om te vervul in die Sewe Jarige Verdrukking wat oor die aarde kom. Intussen het God ‘n ander plan met hulle.

    Jesaja 19:18 In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
    19 In dié dag sal daar ’n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en ’n gedenksteen vir die HERE by die grens.

    Ja, daar sal 5 stede onder Israel se beheer in Egipte wees en God sal daar verheerlik word.

    Dit is hoe Israel veilig gaan voel en woon onder die beskerming van die Israelitiese weermag. Hulle sal ontsaglike rykdomme besit, maar die gramskap van die wêreld op die hals haal. Die grootste olievelde gaan onder hulle beheer wees en hulle sal dus die wêreld ekonomie beheer. Israel sal so staatmaak op hulle weermag dat God nie vir hulle sal saakmaak nie. Vir ‘n tyd sal dit so wees, maar dan word hulle skielik aangeval deur Gog en Magog.

    Alvorens ek van hierdie Psalms 83 Oorlog bewus geword het, kon ek nie verstaan hoe die Jode na Petra sou kon vlug in die middle van die Groot Verdrukking nie. Vandag verstaan ek wel, want Jordanië word teruggeneem. Petra is net binne die grense van die huidige Jordanië

    Kyk ons na die kaart van Israel dan kan ons net verstom staan. Israel beslaan slegs .4% van al die Arabierse grondgebied en dan wil die wêreld eis dat dit nog verder verklein met die “2 Nasies” opsie.

    God waarsku die volke so duidelik, maar die mensdom luister nie.

    Sagaria 12:2 Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot ‘n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem.
    3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.

    En dan word daar gesê Israel is die bedreiging vir die vrede van die wêreld.

    Op ‘n stadium het ek geskryf oor die samewerking tussen Israel en Saudi-Arabia tov ‘n moontlike samewerking in die aanval op Iran se kern aanlegte. Sal moet soek daarvoor. Daar is wel vele berigte van so ‘n samewerking en selfs gesamentlike lugmag oefeninge. Dit is dus ‘n moontlikheid dat so ‘n aanval vanuit Saudi-Arabia kan plaasvind. Ek is van mening dat dit die rede is hoekom met die Psalms 83 oorlog, Israel hulle vra om nie deel te neem nie.

    Terwyl ek nou hierdeur lees, wat ek baie lank terug geskryf het, tref die verskriklikheid van wat gaan gebeur my van vooraf met die ontsaglike besef hoe God se toorn werk. Wat so duidelik deurkom, is dat God waarsku keer op keer teen die gevolge van aanslae teen Sy volk. Dit gaan verskriklik wees.

    Ek gaan volgende die Gog en Magog oorlog behandel wat ek ook ‘n hele ruk gelede geskryf het.

    Onkunde is nie ‘n verskoning nie. Onkunde is ‘n keuse

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.