Loving Life TV

R7-MILJOEN BESKERM MINISTERS TEEN BEURTKRAG

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM R7-MILJOEN BESKERM MINISTERS TEEN BEURTKRAG

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #398082
    Nat Quinn
    Keymaster
    27 Maart 2023
    Die regering het oor die afgelope paar jaar R7-miljoen spandeer aan sogenaamde alternatiewe kragoplossings, vir ministers en adjunkministers se wonings in die Bryntirion-landgoed in Pretoria, en by hul huise in Kaapstad.
    Die minister van openbare werke, Sihle Zikalala het die inligting bekend gemaak in ’n parlementêre antwoord op ’n vraag van die DA, oor hoeveel geld bestee word op die huise van kabinetslede.
    Nie net word die ministers nou voorsien van kragopwekkers nie, maar word hulle water en ligte rekeninge ook reeds deur die staat betaal.
    Die DA se skadu-minister van staatsdiens en administrasie, dr. Leon Schreiber sê sedert 2019 is meer as R58-miljoen bestee om 97 huise se ligte aan te hou en waterkrane vol te hou, terwyl miljoene Suid-Afrikaners sukkel om finansieel kop bo water te hou.
    Die DA het vroeër vandeesmaand ‘n plakkaatbetoging buite Bryntirion gehou waarin hulle, hul ongelukkigheid oor ministers se leefwyse duidelik gestel het.

     

    SOURCE:R7-miljoen beskerm ministers teen beurtkrag – Pretoria FM

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.