Loving Life TV

Reeva Steenkamp se ouers 10 j. later: ‘Dit raak net moeiliker’

Home Forums A SECURITY AND NEWS FORUM Reeva Steenkamp se ouers 10 j. later: ‘Dit raak net moeiliker’

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #393503
    Nat Quinn
    Keymaster

    Reeva Steenkamp se ouers 10 j. later: ‘Dit raak net moeiliker’

    Op die tiende herdenking van die moord op Barry en June Steenkamp se dogter Reeva, het hulle aan Mail Online vertel dat hulle Pistorius aanvanklik vergewe het. Maar nadat die atleet geweier het om aan hulle te erken dat hy Reeva doelbewus geskiet het, wil die egpaar nou hê dat Pistorius vir die res van sy lewe agter tralies bly.
    Die ouers van die vermoorde Reeva Steenkamp (29) het eksklusief in ‘n onderhoud met Mail Online gesê dat Oscar Pistorius “soos ‘n baba” gehuil het toe hy verlede jaar ‘n brief vanaf Reeva se ma in die tronk ontvang het.
    Reeva is op Valentynsdag 2013 deur Pistorius doodgeskiet nadat hy glo gedink het sy is ‘n inbreker. Hy het haar vier keer deur die geslote deur van ‘n badkamer in sy huis geskiet.
    Mail Online berig Reeva se pa, Barry Steenkamp (80), het Pistorius in Junie verlede jaar in die tronk gaan besoek. Hy is van Pretoria na ‘n detensiesentrum naby hulle huis in Port Elizabeth gevlieg. June (76) het besluit om Pistorius nie in die tronk te besoek nie, maar het vir hom ‘n brief geskryf.
    Dit was toe die brief aan Pistorius voorgelees is, dat hy soos ‘n baba gehuil het, vertel Reeva se ouers.
    Soos deur Mail Online gedeel:
    ‘Reeva was a gift from God for me and for Barry.
    ‘Oscar, you’ve taken her away from us. But you have also taken our grandchild and she will never have her wedding.
    ‘She will never have a wedding dress. She will never be able to use her law degree. She got 13 distinctions for her law degree.
    ‘She was a clever woman, and she wasn’t just a pretty face. And you have taken everything away from her that she could have had and would have had by now.’

    Reeva Steenkamp se ouers 10 j. later: ‘Dit raak net moeiliker’ (find-it.co.za)

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.