Loving Life TV

Samewerking. Boere gesagsliggaam -#Boerelegioen Media

Home Forums NATS NIBBLES Samewerking. Boere gesagsliggaam -#Boerelegioen Media

  • This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #397759
    Nat Quinn
    Keymaster

    1. SAMEWERKING – Daar is geen samewerking wanneer almal doen wat hulle wil onder ‘n gegewe stel omstandighede nie. Eerder verwarring. 2. Die vraag hoe samewerking moet plaasvind sal aan die hand van sekere feitevrae beplan moet word vir uitvoering binne bestaande wetgewing. Feit 1 : Waar is die land op die politieke /of Staatsregtelike maatstawwe in terme van erkende internasionale norme Antwoord : Presies waar dit was op 31 Mei 1961. ‘n Regstaat- Republikeinse staatsvorm. Wit man het geen politieke bedingingsmag. Totale verlies van alle mag en beheer. Selfs oor eie sake. Feit 2: Totale aanslag op elke vlak van die samelewing geregtelik, staatkundig, finansieël, sosiaal, veligheid, opvoeding. Die bedreiging van die privaatheid-private besit, vryheid en veiligheid. Alle universele menseregte. Alles sogenaamd om onregte van die verlede reg te stel. Wat ‘n klug. Feit 3. Ondersoeke deur ondersoekende joernaliste het genoegsame prima facie bewyse gebring sodat die hele regering(misdaad kartelle)gearresteer en verhoor kan word. Feit 4. Geen skietoorlog sedert 1948 is ooit gewen nie. Die bedryf van ‘n “pro tracted war” is ‘n metode om die beskawing te frustreer. Feit 5. As ons hoop om die ANC te ontsetel by die stembus, jaag ons ‘n futiele droom. Feit 6. Die vyand van die wit man in SA is die VSA, Groot Brittanje, Europa, Oosblok lande(rusland en bondgenote), teen wie ons in Angola baklei het, wat nog die ANC op ‘n “remote control” basis aan bewind hou. Die praktiese finansiële hulp deur wit miljardêrs speel ‘n sleutelrol in die befondsing van misdaad en ideologies gedrewe geweldenaars. Feit 7. Die geskiedenis leer dat die huidige bedreiging slegs polisiekundig beoordeel kan word. Enige militêre aksie bevorder die aanslag teen die blanke. 3. Omdat dit duidelik word dat die totale aanslag besig is om sy doelwitte te bereik, deur die afdwing van die onteieningswet, is dit nou nooodsaaklik dat Leiers ‘n eenvormige aksies in eensgesindheid dokumenteer en uitvoer. Daar behoort ‘n nasionale uitvoerende raad vorm, wat namens die wit volk die ANC regering tot besinning bring. Die vlak van samewerking hoort op die polisieëringsvlak. Die huidige status van die SAPD toon duidelik weinig tot geen dienslewering in die toekoms nie. Die Boerelegioen is juis gestig om polisieëring op die mees professionele vlakke te bedryf saam met die SAPD. Ek voorsien dat die Boerelegioen oor tyd die SA Polisie sal polisieër. Die rangorde van die Boerelegioen dien die doel van dissipline en effektiewe bevel en beheer. Iemand moet verantwoordelikheid neem by samewerkende optredes. Polisieëring vereis spanwerk. 4. Vanuit ‘n Polisiekundige hoek gesien aanvaar ons dat die Polisie is die publiek en die publiek is die polisie. Hierdie waarheid is onomstootlik. Die strafprosesreg wat handel oor die magte van die privaat persoon is bewys van hierdie waarheid. Alle opleiding en gepaardgaande optrede wat deur die Boerelegioen gedoen word, is wettig. Die doelwit is om al hierdie hulpdiens te vestig in alle polisie wyke vanaf die kaap tot in Messina. Vanaf Durban tot in Windhoek. Dit help niks om hierdie vermoë net in stedelike polisie wyke te vestig nie. Die naam, visie en missie van die Boerelegioen sê alles. 4.1. Beskerming van lewe en eiendom wat die ondersoek van misdaad, ter isolering van die misdadigers tot hulle verskyning in ‘n geregshof omsluit. 4.2. Handhawing van wet en orde. SA Polisie optrede, tot nou toe getuig van ‘n sloerstaking in plaas van daadwerklike optrede. Optrede van Boerelegioen onder bevel en beheer met die nakoming van minimum geweldsvereistes word in die vooruitsig gestel, indien die SA Polisie so voortbou om hulle onbeholpenheid ten toon te stel tydens massa geweldpleging en plundery. Die onbeholpenheid word stilswyend hanteer deur die regerende party, want gebrek aan wet en orde is hulle voertuig om wanorde te skep. Dit is in lyn met die doelwitte van die NDR, waarvan die ANC en bondgenote die hoof drywers is vanuit Lethulie huis. 5. Daar is baie mense wat onkundig is m.b.t. wat gedoen kan word deur ons mense. 1. Die raad wat gestig behoort te word is wettig ingevolge Artikel 9 van die grondwet. Die raad hanteer “eie sake” wat handel oor moedertaal, kultuur, en geloofsake. 2. Die BL is reeds ‘n orgaan wat toesig en selfs beheer het oor alle veiligheidsoptredes. Die Nasionale pers by monde van media24 wat die BL probeer brandmerk as ‘n verregse terreur organisasie, moet weer probeer. 6. DIE OPROEP: Ons mense – Sluit aan by BL. Ons kan nie meer net rondom onsself dink nie. Ons moet almal nasionaal begin dink en strukture vestig en onder een struktuur opereer onder een sentrale bevelstoel wat volle verantwoordelikheid neem vir enige optrede tydens gesamentlike operasies – stedelik en plattelands. Saluut. Genl. Majoor Koos van Zyl. Polisiekundige en BL Adviseur

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.