- This topic is empty.
Viewing 1 post (of 1 total)
Viewing 1 post (of 1 total)
- You must be logged in to reply to this topic.
Home › Forums › JUST A RANT › “SLEGS 44 MENSE PRAAT NOG AFRIKAANS,” SÊ CHARLIZE THERON
17 November 2022
Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron (47) word op sosiale media gekap nadat sy tydens ‘n onderhoud sekere uitlatings oor Afrikaans gemaak het.
In die nuwe episode van die SmartLess podsending met Sean Hayes, Jason Bateman en Will Arnett word Theron uitgevra oor haar moedertaal en grootword jare in Suid-Afrika.
Volgens Theron is daar slegs sowat 44 mense in Suid-Afrika oor wat Afrikaans praat en meen die taal is besig om uit te sterf. Volgens haar is dit nie ‘n “nuttige taal nie.”
Sy sê ook tydens die onderhoud dat Engels haar tweede taal was, en dat sy voor 19 jaar oud nie regtig Engels gepraat het nie.
Intussen is sosiale media-gebruikers woedend oor die onderhoud.
Luister hier na die volledige podsending.
Ek sal nou nie in mooi Benoni afrikaans sê wat ek dink nie.
Jou uitlatings stel baie teleur. pic.twitter.com/sX0dXq7iGS
— Ramey Short (@RameyShort)November 17, 202
Ek dink ons moet almal vir @CharlizeAfrica ‘n boodskap in “mooi Afrikaans” skryf waar ons presies sê wat ons dink van haar uitsprake tov Afrikaans. https://t.co/UhjPVnUToo
— Phylax Maree (@PhylaxM)November 17, 2022
@CharlizeAfrica Ek, my familie en vriende praat nog Afrikaans.
Ons is ook baie trots om so mooi taal te hê.
Ek weet jy is nou ‘n BAIE belangrike en bekende “celebrity” daar in Hollywood, maar jou hele militêre gat, Afrikaans is hier om te bly! pic.twitter.com/f28f3hnVtQ
HER ASS IN A GLASS!!!!