Loving Life TV

Wat gaan aan in die wêreld? – Pieter de Klerk

Home Forums PIETER DE KLERK-OP DIE RADAR Wat gaan aan in die wêreld? – Pieter de Klerk

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #398962
    pieterdeklerk
    Moderator

    Wat gaan aan in die wêreld?

    Goeie dag,

    Ek het seker so 7 maande laas geskryf. Soms kom daar ‘n tyd dat so bietjie teruggetree moet word, want om oor wêreld gebeure te skryf, tap jou menswees.

    Suid Afrika is deel van die wêreld en daarmee gepaard die lot van ons mense en dit is hier waar dit diep aan die siel vat.

    Daar is gereeld navrae wat van my geword het en hoekom ek nie meer skryf nie. Daar word gevra dat ek weer moet voortgaan.

    In hiedie tyd van my afwesigheid het die damwal gebreek en stroom die gebeure van oral in. Dit is so erg dat ek slegs die belangrikste volg, en glo my, dit neem daagliks baie tyd in beslag.

    Ek gaan kortliks vandag skryf, maar wil net sekere beginsels met julle deel.

    KENNIS

    Kennis word verkry deur Inligting. Hoe meer inligting, hoe meer kennis is daar. Natuurlik moet daar seker gemaak word dat die inligting wel korrek is en nie misleiding of fop nuus is nie. Dit is hoekom daar altyd, maar altyd verskillende bronne geraadpleeg moet word. Natuurlik is dit so dat hoe meer kennis mens van ‘n saak het, hoe makliker word dit om ingeligte besluite te kan neem. (Sal 2 sulke gevalle hier onder uitlig).

    Die teenoorgestelde van Kennis is Opinie en dis hier waar soveel probleme ontstaan.

    Dit is nou maar eenmaal die mens se eienskap om eerder op opinies te reageer eerder dan kennis.

    Ons is maar geheg aan eie opinies en sodra ons te doen kry met inligting wat verskil van ons opinies, dan ignoreer ons dit in plaas van om self verder te ondersoek. Ja, soms kan dit lei tot hewige argumente. Ek ervaar dit gereeld.

    METODE VAN NAVORSING

    Dit bestaan gewoonlik uit drie

    1. Konteks: Betekenisse. Die verband waarin iets voorkom; inligting wat help om ‘n situasie te verstaan; samehang.
    2. Verband: Betekenis. Dit is wat en vir wie dit van belang is
    3. Kronologie. Betekenis. Waar pas dit in is die tyd faktor.

    Om eenvoudig te stel: Met wie of wat word aangespreek of na verwys; wat is die boodskap of inligting en: in watter tydvlak vind dit plaas.

    Dit is hierdie 2 stelle beginsels wat die kaf van die koring skei.

    Ek kom nou by die 2 voorbeelde van opinie eerder as kennis soos na bo verwys.

    1 “Moenie stres nie, vat ‘n chilpill; God sal ons red”.

    Terwyl hierdie dame opreg is in haar opinie, is dit slegs haar opinie en nie gebaseer op feite nie. Nêrens in die Bybel staan dit so dat God die heiden volke sal red nie. Wat wel daar staan is dat God volke sal sëen of vervloek en dis gekoppel aan ‘n voorwaarde. So bitter min mense is bewus van wat die voorwaarde behels.

    Ongelukkig is daar vele ander persone wat soortgelyke opinies het met sogenaamde voorwaardes wat God stel. Ek het hierdie sienings al vele male in vorige uitsendings en skrywes behandel.

    2 Volgens ‘n sekere man wat die volgende stelling maak; “Ek wil ‘n klip in die bos gooi en sê sou Rusland die oorlog teen Oekraïne wen, dan sal dit ‘n groot slag vir die NWO wees”.

    Met hierdie opinie wys hy dat die kennis ontbreek oor wat in die wêreld tov NWO’s aangaan.

    Net die volgende oor die NWO.

    Wie ookal hierdie oorlog wen, maak geen verskil nie, want dit is baie meer ingewikkeld as dit.

    Sou hierdie persoon net die laaste week aandag geskenk het aan wêreld gebeure, sou hy die volgende waargeneem het

    Daar is nie net 1 wat poog om die NWO te wees nie maar 4.

    a EU
    b Rusland
    c China
    d Iran

    Iran is eintlik die baba en sal baie vining uitval.
    China sal baie invloed hê maar sal misluk in hul poging
    Rusland gaan ook misluk, want hulle lot is versëel
    Dit los net EU wat geoogmerk is vir die titel.

    Ek het alreeds alles bespreek.

    SUID AFRIKA

    Sover ons sogenaamde “blanke” politiek, is ons oor jare stadig vernietig. Dit het begin by die NP en is vanaf 1994 en nou verder vernietig deur die 2% party. Ek weet dat daar teen my uitgevaar gaan word, maar ek moet die waarheid praat. Onthou, Kennis kom van Inligting.

    Die nuwe foefie is Koalisies na 2024. Is daar enige kans? Nee daar is nie. Vir die wat die geveg tussen DA, ANC saam met EFF volg sal dit duidelik kan sien. Indien so verlang kan ek later al die permutasies in ‘n skrywe uitlê.

    Is ek teen die VF+? Nee geensins. Ek het na 1994 nog altyd vir hulle gestem en selfs stemme gewerf, maar na die laaste algemene verkiesing het ek besef waarheen hulle eintlik oppad is.

    Met die laaste ANC beraad oor die Grondwet wat onlangs gehou is, het die ANC duidelik en ondubbelsinnig hul planne uitgelê. Die Grondwet gaan verander word en ek glo Atrikel 235 gaan ook geskrap word.

    Ek glo ook dat julle weet dat die Haatspraak Wet nou deur Ramaphosa onderteken is en wat dit vir ons en ons geloof inhou.

    Ek gaan eers hier ophou.

    EK SLUIT AF

    Ek kan net hoop dat vanaf my laaste skrywe tot nou, mense begin besef in watter gevaarlike plek ons is. Deur politiek en Burger Regte organisasie is ons verstrooid, uitmekaar gedryf sonder iemand wat vir ons opstaan.

    Kom ons begin tussen ons mense hande vat en besluit om soos vele male in ons geskiedenis, weer op te staan.

    One simple fact, one truth kept my people going.
    If you don’t protect what belongs to you
    Then sooner or later, it belongs to someone else
    That goes for your land, your wallet, your home, your country, everything
    It is your job as a man to protect it.
    That is the story of South Africa, of the whole world
    And nothing changes it.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • You must be logged in to reply to this topic.